|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 14
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Goddelike mag
14 Nou kom die Griek Philopold uit Kana in Samaria na My toe en sê: "Heer, ek is nou al langer as drie dae by U, maar kry nog geen oomblik die geleentheid om met U te praat nie; hoedat ek op U bevel en volgens U wil alles in orde gebring het, en dat deur my prediking, na U vertrek uit Kana, almal die geloof in U aanvaar het. U skyn nou nie besig te wees nie; daarom vra ek U om ook na My te luister!"
[2] Ek sê: "My baie gewaardeerde vriend Philopold! Glo jy dat Ek jou nie lankal om die een of ander rede wat Kana betref sou gevra het as Ek nie presies geweet het hoe dit daar gaan nie? - Kyk al My broers is dit eens! Hoeveel praat Ek dan met hulle? Etlike dae lank met geen woord nie, maar dikwels innerlik, geestelik via hul hart; en kyk, nie één staan daar op om My te vra: 'Heer, waarom praat U dan nie met ons nie?' Ek sê vir jou, soos wat Ek lankal aan almal gesê het: Ek neem geen leerlinge aan om met hulle oor koeitjies en kalfies te gesels nie, maar sodat hulle My leer kan hoor en getuienis kan wees van My dade! Want wat hulle weet, dit weet Ek lank vantevore, en wat hulle spesiaal wil weet, dit sê Ek vir hulle op die gewensde oomblik in hul harte. As dit nou so is, vra jouself dan af waarom My ingewyde leerlinge dan nog daagliks ‘n uiterlike gesprek nodig sou hê! Jy is nou ook My leerling en moet jou daarom rig volgens hierdie reël van My skool.
[3] Maar met ander mense, wat nie tot My naaste leerlinge behoort nie, moet Ek natuurlik uiterlike woorde wissel; want hulle sou My in hul baie wêreldse harte nie hoor en nog minder verstaan nie. Tog praat Ek ook baiekeer uiterlik met My leerlinge, as die tyd en die omstandighede dit vereis; maar dan gebeur dit nie ter wille van die leerlinge nie, maar vir die wat nie leerlinge is nie! - Sê My eers of jy dit verstaan het!"
[4] Philopold sê: "Ja, Heer, U barmhartigheid is vir my nou so duidelik soos die son op die middaguur, en ek dank U vir U vriendelike uitleg! Maar, Heer, as ek nou na die glansryke, mooie Sarah kyk, wat haarself met haar buitengewone skoonheid met elke engel in die hemel sou kon meet, kan ek dit haas nie verstaan dat sy ook maar `n sekonde in die graf gelê het nie! Want so `n lewenskragtige daad het ek nog nooit gesien nie! En tog is dit waar dat U haar tweemaal uit die dood opgewek het! Nou voel ek `n geweldige behoefte om by U uit te vind hoe U so iets kon doen."
[5] Ek sê met gedempte stem aan hom: "Ek dink dat jy in Kana tog voldoende uitgevind het wie Ek is!? En as jy dit dan weet, is dit tog baie onbegryplik dat jy vra hoe Ek `n dooie mens weer in die lewe kan bring! Het die son, maan en alle sterre, so ook hierdie aarde, nie uit My voortgekom nie, en het Ek hierdie aarde nie met tallose lewende wesens bevolk nie? As Ek dit in die begin `n bestaande en `n selfstandige lewe kon gee, waarom sou dit dan nou by `n meisie onmoontlik wees - dit wat vir tallose wesens van ewigheid tot ewigheid moontlik is? As jy dit egter weet en selfs deur `n engel onderrig is, hoe kan jy dan nog vrae hê?
[6] Kyk, selfs elke klip waarteen jy jou voet baie seer kan stamp, bestaan deur My wil; as Ek My alles skeppende en onderhoudende wil één oomblik daarvan onttrek, dan sou hy op daardie selfde oomblik totaal uit sy bestaan verdwyn.
[7] Jy kan die klip wel fynstamp, hom in `n warm vuur selfs heeltemal laat verdamp, soos wat die geheime aptekerskuns dit leer; maar dit alles kan slegs maar met die klip en met alle ander materie plaasvind omdat Ek dit tot nut en ten bate van die mens toelaat. As Ek dit nie toegelaat het nie, dan sou jy ook die kleinste klip net so min van sy plek kon optel as `n berg. Jy kan `n klip ook omhoog werp, en hy sal na gelang van jou krag en werpkuns behoorlik ver omhoog vlieg; maar as hy `n sekere, deur die werpkrag bepaalde hoogte bereik het, sal hy dadelik weer na die aarde terugval. Sien, My wil en die mate waarin Ek iets toelaat bepaal steeds die 'Tot hiertoe en nie verder nie!'
[8] `n Klipgooi wys jou heel duidelik hoe ver die krag en die wil van die mens strek. Een oomblik slegs - en die swakke wil van die mens word deur My gegryp en teruggedryf binne die ewige orde wat deur My bepaal is en wat in die hele ewige oneindigheid tot op die gewig van `n sonnestoffie afgeweeg is! Maar as dit enkel en slegs maar afhang van My wil en van wat Ek toelaat, hoe sou dit dan nie moontlik wees dat Ek `n gestorwe meisie weer die lewe kon teruggee nie?
[9] Gaan na buite en bring vir My `n stuk hout en `n klip, en Ek sal jou wys hoedat alle dinge vir My moontlik is deur die Krag van die Vader in My!"
[10] Dadelik bring Philopold `n klip en `n heel verrotte stuk hout. En Ek sê aan hom, maar nog steeds met gedempte stem: "Kyk, Ek tel die klip op en plaas dit in die vrye lug, en sien, hy val nie! Probeer jy hom nou eers van sy plek verskuif!" - Philopold probeer dit; maar die klip laat homself geen haarbreedte verskuif nie.
[11] Toe sê Ek: "Nou sal Ek toelaat dat jy die klip na willekeur sal kan verskuif; maar as jy hom sal loslaat, sal hy dadelik hierdie plek weer inneem en plotseling na enige kant slinger en onbeweeglik op hierdie plek bly!"
[12] Philopold sê: "Heer, laat hierdie proef maar agterweë; want U heilige woord is vir my voldoende!"
[13] Ek sê: "Goed dan; nou wil Ek egter dat hierdie klip in die niet oplos en dat die hout uitloop en blare, blomme en vrug voortbring volgens sy soort!" - Daarop word die klip onsigbaar en die ou hout word jonk, loop uit, bring dadelik blare, blomme en daarna die rype vrug voort, en wel `n aantal vye, want die hout was eens deel van `n vyeboom.
[14] Almal se aandag is nou op My en Philopold gevestig, want die meeste leerlinge het ietwat ingedut. Jaïrus en sy vrou kry nie genoeg daarvan om hul dogter te liefkoos nie. Ek en Philopold doen ons eksperimente egter op `n afgesonderde staande klein tafeltjie by `n ietwat swak lamplig en word daarom deur honderde nie opgemerk nie; maar Philopold, wat baie verwonderd is, word natuurlik gou deur `n aantal opgemerk. Maar Ek raai hulle aan om rustig te bly, en alles word weer rustig.
[15] Toe beveel Ek die klip weer om aanwesig te wees - en hy kom lê weer op die tafel - maar Ek laat die tak van die vyeboom lê, met die vrugte daaraan, wat My Sarah gretig opeet.
[16] Daarna vra Ek aan Philopold of dit vir hom nou duidelik was. En hy buig baie diep en sê: "Heer, nou is ek heeltemal op hoogte!"
[17] En Ek sê: "Goed, dan gaan ons nou slaap!"
|
|
|
|
|