Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 150

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Opdrag aan die Esseners

150 Rig daarna `n skool op en leer die leerlinge om die fees van die sabbat te hou, en vier dit self elke dag gedurende alle ure, en jy sal weldra die groot seën in jouself begin waarneem!

[2] Maar as jy `n skool oprig en daarvoor `n groot huis bou, moet die mure geen afsluitings en geen slotte hê nie! Word egte messelaars van julle skoolhuise, en profeteskole sal julle volgende werk wees. Maar julle hoofsorg moet daarop gerig wees dat julle al My lesse, wat al gegee is en nog gegee sal word, getrou sal bewaar en nie, soos die fariseërs en oudstes, vermeng met julle eie voorskrifte nie! Julle huidige voorskrifte moet tot op die grond uitgeroei word, en My Woord moet volledig in hulle plek kom, en wel vrywillig, omdat My gees andersins nie sou kon werk volgens die profesie wat aan die mense gegee word deur die mond van die profete nie!"

[3] Die Esseners bedank My nou vir hierdie les en belowe My ernstig dat hulle alles woordeliks sal opvolg; Ek moes hulle net nog steeds die regte beskerming en voldoende krag gee om nie al die goddelike slegs vir hulleself te gebruik nie. Hulle wil ook vir baie ander mense wat daarna uitsien, te alle tye vrugbare, heilsame werk doen!

[4] Ek sê: "Dit lê nie by My nie, maar let spesiaal daarop dat daar onder julle geen rusie ontstaan oor die belangrikheid van persone nie! Die mees ervare van julle kan op sy beste die leier en aanvoerder by julle opdrag wees, maar hy moet hom nooit daarom inbeeld om méér te wees as die minste onder julle nie! Maar daarmee word nie gesê dat die swakkere hom daaroor nie die nodige agting moet betoon nie. `n Mens moet van hom hou, en hom ag en sy raad moet deur almal opgevolg word asof dit `n wet is. Wee diegene wat hulle aan hom sou vergryp! Waarlik, hulle sal deur My met toornige oë aangesien word!

[5] As julle egter `n hoof en leier vir julle werk uitkies, bid en ondersoek dan, sodat die amp nie aan `n onwaardige gegee word nie; want `n slegte, onverstandige leier is vir `n groep mense dieselfde wat `n slegte herder vir sy kudde is. As hy die wolf sien kom, slaan hy die eerste op die vlug, en laat die skape as prooi vir die wolwe agter, of hy word uiteindelik self `n wolf en dood sy lammers geestelik, soos wat dit nou die geval is by die fariseërs en hul hoëpriesters. Hulle loop in skaapsklere rond, maar inwendig is hulle verskeurende wolwe! Nouliks `n muggie gee hulle te eet, maar van diegene wat hulle `n muggie voor gee, eis hulle `n hele kameel terug!

[6] Word daarom nie net soos hulle nie! Hulle woon in klipvertrekke, wat steeds só goed afgesluit en versper word dat niemand by hulle kan en ook nie mag kom nie, sodat niemand hulle bedrieëry kan agterkom nie. As `n moedige dit sou waag om in so `n tempelvertrek binne te dring, sou hy tot skender van die heiligdom verklaar word en dadelik daarna gestenig word!

[7] Daarom sê Ek aan julle dat julle julle skoolhuise vry en oop moet bou, sodat elkeen uit- en in kan gaan soos wat hy wil! In julle skool mag niks geheim wees nie! Wy diegene wat wil in, vir sover hulle dit kan verstaan, want ek verkoop julle met My leer geen kat in die sak nie - Ek sê julle alles openlik en duidelik en doen niks geheimsinnig nie, behalwe as dit verstandiger is vir die welsyn van die mense. Wees daarom ook openlik teenoor elkeen by wie jy `n goeie wil opmerk! Maar wees by alles ook verstandig, want die openheid hoef nie sover te gaan dat `n mens die edele en kosbare pêrels vir die swyne moet gooi nie!

[8] Self sou Ek vir julle almal nog baie kan sê, maar julle sal dit nou nog nie kan verstaan en verdra nie. Maar as die gees van die volle waarheid in julle sal ontwaak, dan sal hy julle self in alle Wysheid lei; en hierdie gees is die goddelike ewebeeld in julle harte, en julle self sal hom in julle wek deur die juiste viering van die sabbat - Sê eers of julle dit nou almal goed verstaan het?!"

[9] Die Esseners sê baie stilletjies: "Ja, Heer! Wie sal U heilige woorde nie kan verstaan nie? Dit is geen woorde soos die van `n mens nie! U woorde is alles eg, is heeltemal Lig, Warmte en Lewe! As U, o Heer, praat, voel ons in ons `n wesenlike ontwikkeling, sodat dit vir ons voel dat daar met elke Woord uit U mond die een of ander onmeetlike groot nuwe skepping ontstaan - en ons voel in ons `n oneindige nuwe wording!

[10] Maar tog verstaan ons die betekenis van U heilige woorde, hoewel ons in der ewigheid nie die uiteindelike uitwerking daarvan sal meemaak nie; want ons voel dit en het `n lewende gewaarwording dat hierdie gesproke woorde van U nie net vir ons nie, maar die hele ewige oneindigheid tref! - Juig daarom, aarde, jy, wat uit die tallose wêrelde uitverkies is, omdat die Heer van die ewigheid met Sy Voete jou bodem betree het en Sy heilige Stem in jou lug laat klink! - O Heer, hoeveel wesens ontstaan uit elkeen van U Woorde en uit elke sug van U Mond!? O, laat U deur ons prys, liefhê, loof en aanbid, want slegs aan U kom dit toe!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205