Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 101

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Petrus loop op die see

101 Intussen was dit egter al byna die vierde nagwaak. Die wind het gaan lê en die skerpsiende oë van Andréas tuur in alle rigtings oor die hewig bewegende see-oppervlak en sien `n mens op die golwe van die see wandel asof hy op die droë land loop. (Matthéüs. 14:25)

[2] Toe roep Andréas die broers, wys hulle op die wandelende gestalte wat op die see loop, en sê: "Broers dit is geen goeie teken nie, dit is `n seespook! As die wese hom laat sien, kan die seelui niks goeds verwag nie!" (Matthéüs. 14:26)

[3] Almal stem weldra in met die mening van Andréas, word daarop vreeslik bang en begin uit te roep: "O Jesus, waarom het U ons verlaat, sodat ons nou almal reddeloos ten gronde moet gaan!? O, as U nog êrens is, dink dan aan ons en red ons van hierdie sekere ondergang!"

[4] Terwyl die leerlinge nog so skreeu en om hulp roep, nader Ek die skip tot op tien treë en sê aan die vreesbevange leerlinge: "Troos julle, Ek IS Hy immers! Wees dus nie bang nie!" (Matthéüs. 14:27) - Toe word die leerlinge stil.

[5] Andréas sê: "My hemel, dit is Jesus, ons Majesteit en Heer!"

[6] Maar Petrus twyfel nog en sê: "As dit Hy is, dan moet Hy my op die see laat kom, sodat ek ook, netsoos Hy, met my voete die water as vaste fondament kan gebruik!"

[7] Andréas sê: "As Hy jou sou roep, sou jy dit dan aandurf om op die bewegende see na Hom toe te gaan?"

[8] Petrus sê: "Ongetwyfeld! Ek weet wel dat die see hier die diepste is; as dit Hy is, sal ek niks oorkom nie - is dit egter nie Hy nie, maar `n spook wat ons vir die gek hou, dan is ons tog almal verlore. In daardie geval gaan ek slegs `n paar oomblikke vóór julle na die dieptes en sal vir julle almal `n vaste woning bespreek!"

[9] Daarop gaan Petrus na die laagste middeldeel van die skip en skreeu in My rigting: "Heer, as dit U is, sê dan dat ek oor die water na U toe moet kom!" (Matthéüs. 14:28)

[10] Ek sê aan hom: "Kom en oortuig jouself!"

[11] Onder die angstige geroep van die broers stap Petrus vervolgens uit die skip op die water. Maar toe die broers sien dat Petrus nie sink nie, maar net soos Ek oor die water loop, verdwyn alle twyfel by hulle en elkeen glo dat dit Ek was.

[12] Maar Petrus haas hom om by My te kom. (Matthéüs. 14:29) Toe hy egter nog maar sewe klein treetjies van My verwyderd was, sien hy `n windvlaag aankom, wat groot golwe voor hom uit jaag. Daarom skrik hy geweldig, begin te dink dat die hoë golwe hom miskien tog sou kon meesleur, verloor daardeur iets van sy vaste geloof, en merk dat hy al tot oor sy knieë in die water verdwyn. Toe begin hy hartverskeurend te roep: "Heer, help my!" (Matthéüs. 14:30)

[13] Ek stap gou na hom toe, strek My hand na hom uit, trek hom omhoog en sit hom weer op die oppervlakte van die water, wat hom nou weer net soos tevore dra - Ek sê egter aan hom: "O kleingelowige! Waarom twyfel jy? (Matthéüs. 14:31) Weet jy dan nog nie dat slegs `n rotsvaste geloof meester van alle elemente is nie?"

[14] Maar Petrus sê: "Heer, vergeef my dit! Want U sien wel dat ek nog steeds maar `n swakke mens is. Die wind en die aanstormende golwe het my laat skrik!"

[15] Ek sê: "Nou is alles weer in orde! Ons is nou by die skip, laat ons dus instap!"

[16] Daarop klim ons dan ook in die skip en die storm het op dieselfde oomblik verdwyn. (Matthéüs. 14:32)

[17] Die leerlinge en skeepsknegte kom almal na My toe geloop, prys My en sê soos in `n koor: "Nou het ons so pas gesien dat U waaragtig die Seun van God is!" (Matthéüs. 14:33)

[18] En My Johannes omhels My en druk My stewig aan sy hart en sê: "O Jesus van my, dat ons U weer terug het! Nou is al ons angs weg! Maar verlaat ons nou nooit weer nie, want dit is regtig te verskriklik om sonder U te wees! Werklik, ek sal my lewe lank aan hierdie nagtelike tog op die see dink! Soveel angs en skrik het ek nog nooit deurstaan nie! Laat die storm hom nou maar rondom ons uitwoed soveel hy wil, want nou het ons onse Heer in ons midde, wat hom kan beveel om te swyg, en dan moet die monster gehoorsaam wees aan die stem van die Almagtige!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205