Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Sarah se belewenisse in die hiernamaals

20 In alle skole (sinagoges) was daar, net soos in die tempel, klippe in voorraad waarmee hulle kon stenig, en dit was in hierdie skool (sinagoge) in Násaret dus ook die geval. Omdat die oudstes, fariseërs en skrifgeleerdes van die stadjie buite hulself van woede geword het, gryp hulle na die klippe om My te stenig. Maar al die leerlinge protesteer daarteen en hulle neem `n dreigende houding aan teenoor die rasendes; wat egter begin het om te skreeu en nog meer maak aanstaltes om die opgeraapte klippe na My te gooi. Op hierdie oomblik kom Festus, Cornelius, Jaïrus en die ou Cyrenius die groot skoolsaal (sinagogesaal) binne.

[2] Toe die rasendes hierdie baie magtige menere opmerk, vir wie hulle goed geken het, lê hulle dadelik hul moordwerktuie neer en begin om heel diep te buig.

[3] Jaïrus loop direk en vinnig na My en Sarah toe, omarm My en sê met luide stem vir Cyrenius: "Hier staan Hy, die groot Mens van die mense, en hier is my geliefde dogter Sarah, wat Hy tweemaal uit die volkome dood opgewek het!"

[4] Toe stap die ou Cyrenius op My af, en sê, terwyl die trane in sy oë skiet: "O my God en my Heer! Met watter woorde moet ek as arm, swak mens U dank vir al die buitengewone gunste wat U my ten deel laat val het?! Hoe is ek geseënd dat my oë nog eenmaal die onskatbare geluk het om U, my heilige vriend, te sien! Al langer as twintig jaar hoor ek niks meer van U nie, alhoewel ek elke dag talle kere aan U dink en ook meermale indringend na U navraag gedoen het!

[5] Ag, hoe was ek `n paar dae gelede nog bedroef toe die keiser in alle erns die ongelukkige belastinggeld uit Pontus en Klein-Asië by my begin opeis en ek nie geweet het waar U bly nie! Maar hoe geseënd, ja hoe onuitspreeklik geseënd was ek, toe daar ongeveer drie dae gelede nie net die verlore belastinggeld nie, maar tewens `n nog baie groot hoeveelheid skatte in goud, silwer, pêrels en edelstene deur my regskape vriende Festus en Cornelius aan my toegedeel is, en dit alles deur U heilige tussenkoms!

[6] My Heer, my heilige grootste Vriend Jesus! O, sê my tog, wat moet ek nou doen om hierdie geweldige groot skuld maar enigsins te kan aflos! As U my kroon van opperstadhouer op U hoof sou wil plaas, met watter onuitspreeklike vreugde en waardigheid sou ek dit dan nie aan U heilige voete wil lê nie!

[7] Waarlik, Heer, U is my lewe. Soos wat U maar al te goed weet gee ek heel weinig om vir al die ydele skatte van hierdie wêreld; as dit wat ek al na Rome gestuur het, myne was, dan sou daar al lankal talle duisende arm mense daarmee geholpe wees! Maar dit was die keiser s`n, en ek was dus verplig om dit vir hom aan te bied! Maar hoe sou dit ooit moontlik wees sonder U en vervolgens sonder my liewe Festus en broer Cornelius!? - O, julle het `n hele wêreldlas van my bors afgehaal! Nou is dit tyd vir beloning en vergelding soveel as wat ek daartoe in staat is! - O sê, sê, heilige groot Mensevriend, wat ek nou moet doen!"

[8] Tydens hierdie skitterende toespraak van Cyrenius word hulle wat My voorheen wou stenig, wasbleek en begin te bewe asof `n hoë koors hulle getref het, want hulle dink toe dat Ek nou volledig wraak op hulle sou neem en hulle sou aankla by Cyrenius, vir wie hulle meer gevrees het as die dood; want hy laat nooit met hom spot nie! Dit was bekend dat die Romeinse regters uitermate streng in die uitvoering van hul gevelde regterlike uitsprake en oordele is. Die Judeërs, - maar veral hierdie Násareense oudstes, fariseërs en skrifgeleerdes, waarvan daar `n paar kennis gedra het van die Romeinse belastingroof, was daarom onbeskryflik bang vir hulle.

[9] Maar Ek sê heel vriendelik aan Cyrenius: "Dink jy dan dat Hy die man sou vergeet het vir wat hy aan die Kind gedoen het toe dié vir Herodes uit Bethlehem na Egipte moes vlug? O, die Man herinner hom dit alles baie goed! Alles het jy sonder eiebelang gedoen omdat jy My liefgehad het - sou Ek dan nou `n beloning van jou vra? Nee, in alle ewigheid nie! Maar omdat jy as plaasvervanger van die keiser oor Asië aangestel is, kan jy gebied, gebied dan dat hierdie weerspannige dienaars, wat nie van God nie maar van die satan is, oor alles wat Ek hier gedoen het, moet swyg soos die graf, omdat hulle andersins baie swaar gestraf sal word! Want elkeen wat teen sy naaste `n klip optel, moet so swaar as moontlik gestraf word!"

[10] Cyrenius sê: "Het hierdie ellendelinge dit selfs gewaag om klippe teen U op te hef?"

[11] Sarah sê: "Ja, ja, verhewe Cyrenius! Die ellendelinge wou die Heer stenig omdat Hy hulle die waarheid vertel het! Hulle noem hulself 'dienaars van God' maar is daarby die grootste verloënaars van God; want hulle hou hulleself slegs aan hul eie self- en heerssugtige voorskrifte en begaan die skandelikste gewelddade onder die voorwendsel dat dit God se wil is!

[12] Wie hom deur die bedrieglike skynheiligheid van hulle nie laat mislei nie, word met skandelike geweld op `n syspoor geplaas en het op God se liewe aarde geen vryheid meer nie! `n Mens hoef slegs net Moses en die profete te lees en dit te vergelyk met hul stellings, dan sal jy sonder moeite uitvind wat ek as meisie van nog nie sestien jaar nie reeds lankal uitgevind het! Waarlik, hy wat hom hou by Moses en die profete is hul grootste vyand! Hy sal net soos die Samaritane, wat nog suiwere leerlinge van Moses en die profete is, elke dag opnuut as `n vervloeking beskou word en so deur die tempeldienaars gehaat word dat sy naam in die mond van `n Judeër die grootste vloek beteken!

[13] Nou vra ek as jong meisie: Is dit God se woord, is dit `n godsdiens? Jesus het hulle duidelik bewys dat dit slegs maar `n woord uit die hel kan wees en `n diens wat slegs die satan van hulle kan verlang; en hulle wil Hom nog steeds stenig omdat Hy hulle deeglik die waarheid vertel het ten opsigte van die volk, deurdat dit hul ryk inkomste wel sou kon inperk!

[14] Verhewe Heer! Tweemaal was ek al heeltemal in die hiernamaals, en ek weet wat my siel gesien het. Ek het Moses en al die glansryke profete gesien! Hulle leef in vrede, en verheug hulle oor hierdie tyd, wat hulle 'die groot dag van JaHWeH’ noem. Maar by die heiliges van Israel het ek egter nie één fariseër of skrifgeleerde gesien nie! Daarom vra ek waar hulle woon.

[15] Toe kom daar `n stralende engel en vra my om hom te volg. Ek volg hom toe. Kort voor lank staan ons op `n baie donker plek; dit was byna so lig soos op `n bewolkte nag. Heel in die verte gloei dit, en die engel sê vir my: 'Kyk daar! Dit is die poel waar diegene woon waarna jy vra!' En ek kyk, en sien niks as net duiwels nie en sê aan die engel: 'Bode van JaHWeH! Ek sien slegs duiwels en verder niemand nie! Waar is hulle dan waarna ek gevra het?' Toe antwoord die engel: ‘Dit wat jy sien, dit is hulle!'

[16] Toe skrik ek ontsettend en dink aan my vader, wat self owerste van die fariseërs is; maar die engel merk waarom ek beef en sê: 'Wees onbesorg! Jou vader sal op die goeie weg kom, en jy sal hom eens nog die weg wys op aarde!'

[17] Dit het ek gesien en gehoor en daarom weet ek wat ek weet, nie van hoorsê nie, maar uit ervaring! Ek hoef dus niks van hierdie domkoppe en slegte knegte van die satan te leer nie; want ek het dit gesien en die waarheid aan my lyf ondervind en dus kan ek as `n, uit die hiernamaals teruggekeerde, ter wille van die ewige waarheid van dit wat Jesus, die ewige Heer, leer, getuig dat alles wat hierdie swarttogas sê en leer `n totale leuen is, waarin geen steek waarheid is nie! - Ek het gepraat!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205