Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 116

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die leer moet verder vertel word

116 Toe sê Ek aan hulle: "Geseënd is julle, omdat julle glo dat die Seun van die Mens deur die Vader in die hemele in hierdie wêreld gestuur is om die gevallenes op te rig en die gevangene te verlos! Maar neem julle almal wel in ag, dat julle oor alles wat julle nou as besondere tekens van My gesien het, niemand iets vertel nie, want dit sou `n dubbele kwaad wees!

[2] Die helfte van hulle wat dit sou hoor, sou hulleself vererg en die woorde nie slegs nie glo nie, maar julle ook nog as gek verklaar en orals van julle kwaadpraat, want `n blinde is in sy woede gevaarliker as `n honderd siendes! Die ander helfte daarenteen sal julle getuienis te liggelowig aanneem, en hulleself in hulle doen en late uiteindelik self so beperk dat hulle dan heeltemal niks meer uit hulleself sal kan doen nie. En dit beteken dat die vrye gees van die mens gedood word!

[3] Maar dié leer, wat julle gehoor het, moet julle aan jul vriende en bekendes vertel. Want My Woorde bevat die ewige Waarheid, wat alleen dié mens kan vrymaak, wat Haar in hom opneem, Haar tot sy lewensrigsnoer maak en daardeur erken dat Sy God se ewige Waarheid is. Want die Waarheid is en was en sal altyd wees; het bestaan en is die ewige lewe van elke mens, wat Haar lewend in hom het.

[4] Maar jammer genoeg sal daar baie wees wat hierdie Waarheid nie sal hoor en nie sal wil aanneem nie, en Haar sal agtervolg asof Sy `n vyand is. En weer ander sal Haar ontvlug uit angs vir die magtiges van die aarde, as te ware soos `n dodelike pes. Maar die wat dit sal doen, sal in hulleself geen ewig lewe deelagtig word nie, maar die ewige dood sal hul deel wees!

[5] Wie die liggaamlike lewe liefhet en daarna streef om dit tot elke prys te behou, sal met die weldra eindigende liggaamlike lewe ook die ewige lewe van die siel verloor! Wie egter die liggaamlike lewe verafsku, sal die ewige lewe van die siel wen! - Dink wel daaraan! Wie nog iets te vra het, laat hom nou vra! Ek sal hom antwoord."

[6] Die hoofman sê: "Majesteit en Heer, wat kan ons U nou nog verder vra!? Wie U is, dit weet en voel ons! Wat ons moet doen, weet ons ook en daar sien ons ook die noodsaak van in! Ook weet ons en voel ons diep in ons dat U die Ewige Lewe het, en dit aan elke mens kan gee en sal gee, as hy na U Woord leef en handel! Meer te weet sou vir ons mense onnodig wees, te meer nog omdat ons in U Naam - soos wat één van U leerlinge my vol oortuiging verseker het - tog al met `n lewende geloof selfs siekes kan genees!

[7] Ons is U vir die onverwagse en ewig onverdiende barmhartigheid en ontferming ewig dank verskuldig, en ons gee U die waaragtige versekering dat U vir Uself in ons dankbare harte `n ewige gedenkteken opgerig het, wat die mag van die hel en alle storms van die tye sal trotseer! - En daarom dink ek dat ons onsself nou, omdat dit al taamlik diep in die nag is, ter ruste moet begeef. Maar ek dring nie daarop aan nie, hoewel ek, wat my betref, nog eenmaal moet kontroleer hoe dit met my manskappe staan."

[8] Ek sê: "Laat dit maar! Want, net soos gister is alles daar in orde! Ek wil egter vandag nog tot na middernag wakker bly, want julle sal sien dat ons opbly nie verniet sal wees nie. Vandag nog sal daar reisigers uit Jerusalem aankom, met daaronder fariseërs en skrifgeleerdes, waarmee ons baie werk sal hê."

[9] Ebahl sê: "O dit is baie naar, hulle moes maar liewer wegbly! Sulke gaste vind ek steeds die onaangenaamste, want één van hulle het net soveel aandag nodig as honderd ander vreemdes, wat vir hul versorging betaal, terwyl hierdie alles verniet wil hê. Daarby is hulle met niks tevrede nie, veral as hulle `n bewys van die tempel het dat hulle amptelik op reis is! Ag, Heer, daar het U my regtig niks opwekkend gesê nie! - Ai,ai! Wat moet ons nou voor die tyd doen?"

[10] Ek sê: "Bekommer jou nie! Die voorraadkamer en die kelder is vol; vir slaapgeleentheid vir honderde is in die huis ook lankal voor gesorg, en meer is nie nodig nie. Hulle is ter wille van My deur Jerusalem na Násaret gestuur, maar omdat hulle My hier sal vind, sal hulle nie na Násaret gaan nie. Môre sal julle julle almal vir hulle vererg, maar Ek sal hulle helder wyn skenk, sodat hulle uit nyd en ergernis môre nog hierdie plek sal verlaat!"

[11] Ebahl sê: "Dan kry ons egter die duiwel op ons nek! Want hulle sal dan in die tempel dinge oor ons sê waaroor die honde geen lus vir brood sal hê nie!"

[12] Ek sê: "Daar sal voor gesorg word dat hulle tuis nie baie sal sê nie!" - Na hierdie verklaring van My breek daar `n tydjie aan waarin elkeen wat homself in die vertrek bevind het, hulleself baie stil en rustig hou en slegs in die hart besig is.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205