Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 202

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Toepassing van die gelykenis van Jarah

202 Maar die meisie wend haar intussen tot Josoë en vra hom baie vriendelik: "En - aardige, edele buurman, skyn die regte lig al in jou hart?"

[2] Josoë sê: "Wonderlik wyse Jarah! Dit is vir my asof ek iets waarneem soos deur `n voor die gesig gehoude doek, maar van enige duidelikheid is daar nog lank geen sprake nie. Belig die saak dus maar verder, want ek hang aan jou lippe! Hierdie onderwerp is te belangrik om ook maar één woord te mis, en daarvan skyn ook almal aan die tafel en alle omstanders diep oortuig te wees, want hulle wag met sigbare gretigheid angsvallig op die vervolg. Antwoord dus maar tot die einde toe!"

[3] Na hierdie woorde begin Jarah met die vervolg van haar toespraak en sê: "As u die beeld oor die natuur, wat ek as eerste geestelike oes van my tuintjie geskilder het, ietwat oordink het, dan is dit moontlik dat die een wat nou gaan volg u eenvoudig en duidelik sal oortuig. Let dus goed op en luister en kyk!

[4] Die mense van hierdie aarde is, geestelik gesien, net soos die grond van my tuintjie. En die woord van God, wat eerste deur die aartsvaders, beginnende by Adam, en later deur die patriarge en deur die profete wat deur God Self geroep is, vanuit die hemele na die mense gekom het, is soos die edele en goeie saadkorrels wat ek in die grond van my tuintjie druk. Soos wat geen saadkorrel egter dadelik as hy in die grond gelê word al `n nuwe veelvoudige rype vrug word nie, so is dit ook met die woord van God.

[5] As die woord deur die hoor daarvan in die hart van die mens kom, moet dit deur dade, wat hulle as die lewegewende voedingskrag van die aardbodem - en wat, soos wat in God se woord staan, gerig moet wees op ons broers en susters - lewend word. En daardeur moet dit ook op die regte manier begin ontkiem en `n seënryke en daardeur rype vrug word vir die egte en volgroeide vrug van die geestelike lewe in God! Mense soos profete en priesters, is voorbestem om die woord eerste op te neem, om dit, sodra dit in hulle tot rypheid gekom het, weer algeheel suiwer vir alle tye van tye verder uit te saai op die groot mense-akker van hierdie aarde. Maar hulle wat dit slegs maar as `n middel gebruik om self daarvan vet te word, lyk soos die aarde wat die edele saadkorrel laat verrot om haar daarmee vet te mes. In hierdie omstandighede is dit dan nie te verwonder dat daar op die akker van sulke sigbaar valse profete en priesters vir die groot akker van die leke mense uiteindelik niks anders as slegte onkruid, dorings en distels ontkiem en tot kwade wasdom kom nie!

[6] Maar al gebeur dit ookal, dan is dit in sy algemeenheid, maar ook in die spesiale gevalle, tog nie teen die goddelike orde en teen die goddelike wysheid nie. Want kyk, as die edele vrug ryp word, word dit alles strooi en alle vrugte word versamel en in die skure ingebring; maar die onkruid bly agter op die veld en bemes sonder `n wil die aarde, sodat sy daardeur vir `n volgende saaiery krag verkry, en verlang om weldra `n nuwe edel saad in haar op te neem en tot lewe te bring.

[7] En so is dit in werklikheid ook met ons mense. Sou ons reeds van die begin af aan versadig gewees het deur die suiwere waarheid, soos wat dit kom uit die mond van God, dan sou ons baie weinig belangstelling gehad het vir `n toekomstige nuwe waarheid!

[8] God die Heer sien dit egter vooruit en laat daarom toe dat die afgestompte mensdom `n tyd lank met varkkos gevoer word, en dat hulle grond deur die onkruid `n hoë voedingswaarde verkry. Dan eers smaak die mensdom, wat in hul nag smag na die Lig, die reine en edele vrug van die suiwere woord van God. En in daardie geluksalige situasie lewe ons nou."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205