|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 26
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Die mens en die wet
26 Cyrenius sê: "Dit is goed dat ek dit weet; die res kom nog! Omdat hulle U leer nie wil aanneem nie, sal ek vir `n ander een sorg. Ek sal hulle die reeds geneemde keiserlike besluite, wat my al `n halfjaar gelede uit Rome ter beoordeling toegestaan is, deur Festus en sy knegte, laat bekendmaak! Miskien sal die evangelie uit Rome hulle meer respek inboesem as U s’n uit die hemele! Die besluit bevat honderd punte, dat as `n mens hom nie daarby hou nie, hy gestraf word met die kruis en die gésel. Veelwywery word afgeskaf, ontug en hoerery baie streng met die gésel bestraf, vermenging met die kruis, diefstal en bedrog met die kruis, smokkelary met die gésel en met honderd pond silwer, en verder is daar nog `n aantal dergelike wette wat, as hulle oortree word, bestraf word met die gésel en honderd pond silwer! So sal reise sonder reisvergunning ten strengste verbode wees; die reisvergunning sal egter teen betaling van honderd pond verkrygbaar wees! - Ja, dit sal ek doen en ek sal hierdie nuwe wette veral in die stede van Galiléa baie streng handhaaf en eers sien of daar by die volk geen gewete meer is om ontdek te word en om op te wek nie!"
[2] Ek sê: "Dit val onder jou regeringsverantwoordelikheid, en Ek kan jou daarop nòg met `n ja, nòg met `n nee beantwoord. Doen wat jy wil; maar belas My en diegene wat Myne is nie daarmee met ons noodsaaklike reise nie!"
[3] Cyrenius sê: "Natuurlik nie; want kunstenaars, artse, wyses en profete val daarbuite! Hul getuigskrifte, hul dade en woorde is vir hulle `n geldige reisvergunning, en op strawwe van die dood mag niemand hulle daarby verhinder nie. Maar U gee ek dadelik `n offisiële verklaring saam en niemand sal U aanhou as U hom dié verklaring laat sien nie!"
[4] Ek sê: "Ek verheug My oor jou gedurige goeie wil, maar bespaar jou desondanks hierdie moeite! Want solank Ek rond wil trek sal geen mag ter wêreld My kan belet nie! Wanneer Ek egter eenmaal My lewe vir die hele mensdom sal gee, sal ook geen mag ter wêreld My beskerming kan gee nie; en wanneer hy dit My sou aanbied, dan sal Ek dit tog nie aanneem nie! Want, vriend: Hy, aan Wie hemel en aarde gehoorsaam is, sal tog sekerlik wel magtiger wees as alle mense op hierdie aarde wat My nouliks tot voetbank kan dien!? Doen jy daarom maar wat jy wil, maar dit sal weinig oplewer! Want al maak jy nog net so `n volmaakte wet, dan sal jy tog maar al te gou gewaar word hoe handig die mense die wet sal omseil, en jy sal niks daarteen kan doen nie.
[5] God se gebooie, wat deur Moses aan die volk gegee is, is beslis net so alomvattend en volmaak, maar mense het, soos wat hierdie tye dit wys, God se gebooie so handig in hul eie slegte wette omvorm, dat die hedendaagse mense nou heeltemal geen gewetensaak meer daarvan maak om die gebooie van God te oortree nie, net soos wat hulle hulle maar hou aan hul wêreldse wette!
[6] As die mense dit egter al aan die groen hout doen, wat sal hulle dan met `n dorre stronk uit Rome doen!? - Doen daarom dus maar wat jy wil, en Ek sal dit goed vind; maar Ek sê ook vir jou:
[7] Hoe meer wette, hoe meer misdadigers waar na verloop van tyd julle kruise en gésels nie eers meer toereikend sal wees nie!"
[8] Cyrenius sê: "Alles wat U my nou gesê het, is onteenseglik waar, maar ek vra U tog nog ter wille van myself: Wat kan mens dan doen teen die weerspannigheid van hierdie mense, want hierdie Násareners wil aan geen God en geen hoëre openbaring meer glo nie en hulle hoon die gebooie van God openlik met hul handelinge?! Moet mens hulle dan ook nog sonder streng wêreldse wette laat, sodat hulle sonder enige vrees hul losbandige luste na willekeur kan laat seëvier? Daarby steur hulle hulle al lankal nie meer aan enige goddelike wet nie, en onder mekaar en met hul bure, gedra hulle hulle erger as die verskeurende diere uit die woestyn en die bosse! Ek vind dat streng wêreldse wette hulle op hulle plek hou, sodat sulke totaal verwilderde mense weer tot orde geroep kan word en hulle sodoende tot die kennis van God teruggebring kan word!"
[9] Ek sê: "Sekerlik, want in hierdie geval is daar geen ander weg moontlik en denkbaar as die van die opdwing van die wêreldse wette nie! Maar daarby is dit baie belangrik watter wette `n mens aan hierdie mense moet gee!
[10] Daarvoor het mens `n baie grondige kennis van die menslike natuur ook nodig; en die wetgewer mag nooit die ware rede van die ontaarding van die mens uit die oog verloor nie - anders lyk hy soos `n dokter wat met een en dieselfde medisyne by alle mense voorkomende siektes wil genees, maar nie daaraan dink dat heeltemal verskillende soorte siektes deur die menslike liggaam opgedoen kan word nie, ook dat die verskillende aard daarvan `n ander oorsprong het. So `n dokter sal so nou en dan wel hier of daar `n sieke teëkom waarvoor sy medisyne deugdelik blyk en hom daardeur genees, maar honderd ander siekes wat aan `n ander siekte ly, sal nie beter word van die medisyne nie, maar baie sieker en sal selfs daaraan sterwe!
[11] As dit nou al by `n siek liggaam, wat elke dokter tog kan sien en kan betas, moeilik is om te bepaal wat goeie medisyne is, hoeveel moeiliker is dit dan nie om vir `n siek mensesiel goeie medisyne te vind en te omskryf nie!
[12] Die wet is `n beter medisyne as die korrekte leer, waarvoor die wet gehou moet word, daarmee saamhang; maar dink nou eers self oor die volgende na:
[13] Hier het jy `n opvlieënde siel, daar `n bange, dan weer `n arglistige, `n afgunstige, `n gierige en tot bedrieëry geneigde siel; ook sal jy `n soekende siel aantref, en daarteenoor `n trae en slaperige een; in één huis sit vier gehoorsame nederige siele, in `n ander vyf weerspanniges - en so gaan dit maar aan met ontelbare eienaardighede, swakhede en hartstogte.
[14] Jy gee nou vir al hierdie ontelbare karakters dieselfde wet; wat sal dit hulle baat? Die bange sal twyfel, die toornige sal hom tot wraak en rewolusie wend, die loue sal lou bly, en die ondersoeker sal alle moed verloor en sy nuttige werk staak; die gierige sal nog gieriger word, en die hoogmoedige sal saamspan met die toornige, en die sluwe sal sy dienste aan beide aanbied!
[15] As jy hierdie en baie duisende ander treurige gevolge bedink wat moet voortkom uit `n dom, growwe wet, dan sal jy naas die noodsaaklikheid van `n wet ook die ander noodsaaklikheid insien, naamlik dat `n wet besonder skerp en grondig ondersoek moet word of dit wél heilsaam is vir alle moontlike karakters!
[16] As `n uitgevaardigde wet nie vooraf daarop ondersoek is nie, dan moet dit nie aan die mense opgelê word nie, omdat dit in die algemeen beslis meer skade as nut teweeg sal bring.
[17] Kyk, God, die wyse Skepper, het in Sy eindelose groot Wysheid in `n sekere sin slegs tien voorskrifte gevind wat bruikbaar is vir alle karaktersoorte van die siel, en elke mens kan hulle ook baie goed onderhou, as hy maar wil. As God Self nou maar tien voorskrifte gevind het wat met die natuur en die hoedanigheid van elke mensesiel so korrespondeer dat `n mens alle nut daarvan kan verwag, hoe is dit dan moontlik dat `n heidense keiser in Rome dadelik honderd voorskrifte kan vind waarvan die navolg daarvan aan die mensesiele hul heil moet bring?"
|
|
|
|
|