Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 76

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Nederigheid en selfverloëning

76 Judas vra toe aan My: "Heer, is dit waar wat Thomas my nou weer so oortuigend gesê het?"

[2] Ek sê: "Ja, so is dit! Wie van julle homself as die minste ag van sy broers, is die hoogste in die Ryk van God; elkeen wat hom beter ag as iemand anders, ontsê homself egter sy plek in die Ryk van God, en val terug na die laaste plek.

[3] As iemand van julle nog een of ander hoogwaardigheidsgevoel ronddra en dus `n gevoel van ‘beter as `n ander te wees’ by homself opmerk, dan is hy nog nie vry van die alles verterende gulsige hel en nog lank nie geskik vir die Ryk van God nie, want so `n mens het geen vrye gees nie.

[4] As iemand hom egter die minste onder sy broers ag en so bereid is om almal na vermoë te dien, dan is hy die eerste in die Ryk van God, en al die ander kan hulle heel tereg aan hom spieël. Hulle wat egter besiel word deur `n groot, goddelike gees is slegs hulle wat in staat is om hulle laer te ag as alle ander menslike (adamitiese) skepsels!"

[5] Judas sê: "Dan kan slegs `n mens wat die kuns verstaan om homself die meeste te verneder, die eerste in die Ryk van God word!? Want as hy daarna streef om almal na vermoë te dien, dan moet die ander hom tog duidelik eerste die plesier gun om deur hom gedien te word, om hom daardeur te help om die hemelse eerste te word! - Maar wat nou, as die ander sy dienste heeltemal nie wil aanvaar of self hul dienste aanbied om die eerste te word om in die hemelryk te kom? Wie sal dan die eerste in die Ryk van God word?"

[6] Ek sê: "Elkeen met `n opregte hart wat hom inspan om dit te doen! Maar mense wat in `n sekere sin uit selfsug die dienste van hul broer nie wil aanneem nie om hom elke geleentheid te ontneem om eerste in die Ryk van God te kan kom, sonder om self ooit na die voorreg te streef sal tog die laaste wees en hy die eerste, omdat hy opreg uit liefde en ware nederigheid alle broers wou dien!

[7] Ag, dit sou tog iets heeltemal anders wees as iemand op hierdie wêreld hom net sou toewy om die toekomstige eerste in die hemel te wees, die minste te wees en om dienaar van almal te word! O, hierdie een sal óók van die laastes in die Ryk van God wees! Aan die anderkant word alles met die suiwerste weegskaal afgeweeg en met die sekuurste maat gemeet. Waar daar ook maar iéts selfsugtigs te voorskyn kom, sal die weegskaal geen uitslag gee nie en nie voldoen aan die hemelse maat nie! Daarom moet jy sonder enige voorbehoud die volle waarheid in jou hê, anders kan jy die Ryk van God nie binnegaan nie. Slegs die suiwer waarheid sonder valsheid en agterbakse bedrog kan en sal julle vrymaak vir God en al Sy skepsels! -Verstaan jy dit?"

[8] Judas Iskariot sê: "Ja, dit verstaan ek goed, maar ek besef daarby ook dat so iets onmoontlik is om uit te voer, want dit is vir die mens onmoontlik om alle eieliefde te laat vaar! Hy moet tog eet en drink en vir woning en kleding sorg - en dit gebeur dan ook uit `n sekere vorm van eieliefde! `n Mens neem `n liewe vrou en wil haar slegs vir homself hê, en wee diegene wat dit sal waag om die vrou van sy naaste te begeer! Dit is dan tog ook `n vorm van eieliefde!?

[9] Sal ek, as ek `n goedbewerkte stuk grond het, teen die oestyd uit pure selfveragting en met `n totale gebrek aan eieliefde na my bure gaan en sê: 'Vriende, gaan en oes wat op my veld is wat ryp geword het, want ek het as die minste van julle as kneg sonder enige waarde slegs vir julle gewerk!' Ek voel dat so `n hooggeroemde selfverloëning en selfveragting tog bepaalde grense moet hê waarsonder dit selfs onmoontlik sal wees om U leer aan die mense mee te deel, omdat die mens daarmee duidelik sou sien dat die mens sy broers dommer en blinder beskou as homself! Want om hom geestelik beter te ag as sy broer bevat tog seker ook wel iets van hoogmoed! As dit so is, laat ons dan weer oor `n honderd jaar na die mensdom kyk, dan sal ons hulle soos osse in die weigras sien eet, en van `n taal sal daar geen spoor meer te vinde wees nie en net so min van woonhuise of selfs maar van `n stad! - Hoe ver mag die eieliefde van die mens dan gaan?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205