|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 151
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Die geseënde maaltyd op die berg
151 Ek sê: "Goed, goed, liewe vriende en broers! Na hierdie oggendete vir die siel sal ons nou ook eers aan die liggaam dink! - Ebahl, het jy nog iets in voorraad?"
[2] Ebahl sê: "Heer, daar is nog wel ietsie, hoewel nie baie nie, want gisteraand is byna alles opgeëet; maar brood en wyn is daar nog, ja!"
[3] Ek sê: "Bring alles hier, dan sal Ek dit seën en dan sal ons almal genoeg te ete en te drinke hê!" - Ebahl laat nou dadelik `n halfronde brood na My toe bring en ongeveer drie bekers wyn wat in die sak agtergebly het, en Ek seën die brood en die wyn en sê: "Deel dit maar uit, en as daar oorbly, sal ook ons hier ontbyt geniet!"
[4] Ebahl deel nou die brood uit en breek, om nie tekort te kom nie, slegs klein stukke van die halwe brood; maar die halwe brood wil nie kleiner word nie. Toe hy egter sien dat dit nie kleiner word nie, hoewel hy alle berggaste `n paar monde vol ekstra gegee het, begin hy groot stukke daarby te gee, maar ook nou word die halwe brood nie kleiner nie. Toe hy daarna sien dat die berggaste nog nodig het, begin hy die uitdeel weer van voor af en breek nou nog groter stukke van die brood af. En nadat hy rondgegaan het onder die bykans dertig mense wat die berg met ons bestyg het, het hy nog `n behoorlike stuk in die hand oor en sê aan My: "Heer dit het ek oor. Sal dit ook genoeg wees vir U, vir Rafael, vir Jarah en vir my?"
[5] Ek sê: "Gee dit maar aan Jarah om uit te deel, dan sal dit wel voldoende wees!" - Ebahl doen dit, en Jarah gee My eerste `n stuk, daarna vir Rafael, toe vir Ebahl en toe die oorblywende aan haarself, en ook ons het almal genoeg gehad.
[6] Maar die hoofman merk op: "Vriend Ebahl, waarom het jy my ook nie by hierdie laaste verdeling ingesluit nie? Vind jy my nie belangrik genoeg daarvoor nie?"
[7] Ek sê: "Vriend, vererg jou nie daaroor nie! Want weet jy, Ebahl het gedink dat daar niks sou oorbly nie, daarom was hy met die uitdeel in die begin ook so suinig moontlik, hy wou jou ook nie by diegene voeg wat uiteindelik niks sou gekry het nie! Maar omdat daar deur My wil tog iets oorgebly het, is daarmee toe die tweede verdeling begin. As jy egter baie belang heg aan die tweede uitdeling, wat beslis nie beter is as die eerste nie, sê dit dan, dan gee Ek jou graag My aandeel."
[8] Die hoofman sê: "Nou, nou, dit is goed so, `n ou dom Romeinse rangorde skiet slegs deur my kop - maar ek is alweer heeltemal in orde! Maar wat my hier die meeste verbaas, is dat die hemelse Rafael die brood so gretiglik opeet asof hy van ons almal die hongerigste is! Dit is werklik baie merkwaardig! Hy is tog meer `n gees as `n mens met `n liggaam en tog eet hy asof hy op aarde gebore was! Dit geval my besonders! - Maar ek merk dat brood alleen, hoe goed dit ookal smaak, dorstig maak, en daarom sou ek graag spoedig iets te drinke wil hê."
[9] Ek sê aan Ebahl: "Deel nou die wyn uit, en begin by ons vriend Julius!"
[10] Die hoofman sê: "Heer ek vra U, drink U tog eerste, want ook aan tafel moet daar tog `n sekere rangorde wees!"
[11] Ek sê: "O ja, Ek is self daarvoor, maar omdat ons hier geen tafel het en ook nie as gaste uitgenooi is nie, drink ons wyn soos wat ons behoefte daaraan het! Wie die meeste dors het, drink eerste, en die minder dorstige volg hom - elkeen na behoefte!"
[12] Met hierdie beslissing neem die hoofman toe genoeë, drink die beker tot die laaste druppel toe leeg en sê: "Heer, ek dank U! Dit was regtig `n hemelse hartversterking, en nog nooit het die wyn op `n oggend so vir my gesmaak soos nou hier nie, maar dit is ook `n wyn waarvan daar op aarde geen tweede is nie."
[13] Ek sê: "Ons is almal bly dat dit nou so na jou sin is op hierdie berg!"
[14] Die hoofman sê: "Heer vergeef my as ek miskien in so `n goeie stemming `n vals noot gee! Maar dit lyk my dat selfs die satan hier sou moet bly word!"
[15] Ek sê: "As jy hom wil sien en praat, kan hy hierheen geroep word, en dan kan jy jou dadelik daarvan oortuig of dit vir hier vir hom gesellig sal wees!"
[16] Die hoofman sê: "As daar werklik `n satan in persoon is, laat hom dan maar hier verskyn!"
|
|
|
|
|