|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 236
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Die uitoefening van naasteliefde
236 Toe die hele geselskap by ons aankom, word daar dadelik plek gemaak sodat die mense aan `n aangrensende tafel ruim plek het.
[2] Daarna kom Markus na My toe en vra My of hy die gereddes sout, brood en wyn sal voorsit.
[3] Ek sê: "Vra vir hulle, en vir jou hart, of hulle iets verlang, en of jou hart geheel-en-al tot gee bereid is! Verlang hulle iets, en as jou hart wil gee, gee dan! Want weet jy, ook dít is `n hoofreël van die egte naasteliefde! Die naaste moet verlang, hetsy deur hoorbare woorde, deur hulpgeroep, of in die ergste geval deur duidelik sigbare, stomme nood, en jou hart moet eweneens uit liefde gevolg daaraan wil gee. So word die naasteliefde volgens die goddelike orde uitgeoefen, en die uitwerking daarvan vir die siel en die gees van die gewer sal dan nie uitbly nie. - Verstaan jy dit?
[4] Markus sê: "Ja, Heer, ek verstaan dit nou heeltemal en sal nou dadelik U les opvolg."
[5] Ek sê: "Gaan, maar praat nie met hulle oor My nie! `n Mens mag hulle nog nie te veel vertrou nie, want in hul harte is dit nog diepe nag, en hul siel verstaan nog geen groot waarhede nie."
[6] Toe gaan Markus vinnig na die gereddes en vra hulle of en wat hulle nou ter versterking van hul liggaam nodig het.
[7] Een van hulle sê: "Vriend ons is wel hongerig en dorstig, maar ons hele besit bestaan slegs nog maar uit nege armsalige groschen*. Daarvoor sal in hierdie as baie arm bekendstaande omgewing, sekerlik nie baie bestel kan word nie. Maar as jy ons daarvoor tog iets kan gee wat die moeite werd is, gee dit dan vir ons, dan sal ons jou die nege groschen gee!"
[*muntstuk]
[8] Markus sê: "As dit só met julle gaan, is die nege groschen ook nie nodig nie, en sal julle tog voldoende te ete en te drinke kry."
[9] Toe roep Markus dadelik sy vrou en sy kinders en dra hulle op om die pas gearriveerde geselskap goed van brood en sout en wyn te voorsien, want iets anders sou daar nou om middernag nie so maklik verkry kon word nie. In die oggend sou hulle dan wel beter versorg word. Dadelik word die bestelde items besorg, en die gereddes lê goed weg, en prys die brood en die buitengewone wyn.
[10] Sommiges sê: "Dit is `n Egiptiese koningswyn". Ander dink dat dit uit Persië kom. Één meen egter dat dit `n egte Romeinse wyn moet wees.
[11] Maar Markus sê: "Niks daarvan nie, die wyn is van hier." - Dit verbaas hulle almal besonder, want dit was in die hele Judese land bekend dat die slegste wyn uit Galiléa gekom het.
[12] Nadat daar behoorlik van die wyn geniet is, word die nuut aangekome geselskap behoorlik lewendig en begin – soos wat mens lief is om te sê - waarhede te verkondig, sonder om hulle aan ons, wat vlak langs hulle gesit het, te steur?
[13] Julius, wat nou baie naby hul tafel sit, vra meer skertsend as ernstig aan `n jong fariseër of hy - naamlik die fariseër -ook nie iets in Genésaret te doen het nie.
[14] Die fariseër antwoord: "Heer, waar u ookal vandaan mag kom, uit Césarea of uit Genésaret, dit is vir my dieselfde, maar daardie gat van `n stad is selfs vir die duiwel nog te sleg, laat staan vir `n eerlike mens soos ek! Daardie nes sien my in my hele lewe nie weer vir die tweede keer nie. Daar woon `n sekere Romeinse hoofman, Julius. Dit is genoeg, want met die naam is alles wat maar ooit tot die satan kan hoort, al gesê. Wie van die sterflikes wat hom al ooit ontmoet het, het ook die satan persoonlik leer ken. Persoonlik het ek hom weliswaar nog nooit ontmoet nie, maar van sy bevele het ek `n proefie gehad en daaruit konstateer ek dat sy persoonlikheid presies ooreen sal kom met sy onmenslike bevele.
[15] Dié Julius skyn `n verklaarde vyand van die bewoners van Jerusalem te wees, want anders sou dit tog nie moontlik kon wees om so barbaars en regtig satanies onbarmhartig met mense van ons geslag om te gaan nie!
[16] Dit is wel waar dat `n mens veral die tempeldienaars nie baie goedgesind kan wees as `n mens hul geniepsige streke, liste en bedrieëry agtergekom het nie. Maar `n mens moet tog ook orals uitsonderings maak, en dan net `n oordeel vel as `n mens vooraf alle omstandighede presies afgeweeg het waaronder `n mens by `n groep behoort. Het die mens self daarvoor gekies, nou dan kan `n mens wel met reg sê: Volenti non fit iniuria (Toestemming is `n grond vir regverdiging). Maar hoevele is daar dikwels wat lid is van in `n op sigself ellendige slegte groepering, wat teen hul wil daartoe gedwing is.
[17] As `n mens `n eerlike regter is, met hart en hoof op die regte plek, dan moet `n mens vooraf ondersoek of iemand van ons vrywillig of gedwonge `n beklaenswaardige lid van die vereniging geword het! As `n mens `n vrywilliger is, dan kan `n mens seker vir elke uitgevoerde slegte opdrag van so `n onaangename klub gestraf word. Is `n mens egter, soos wat dit by ons die geval is, so te sê met gloeiende ysters daartoe gedwing en moet `n mens onder dieselfde dwang die slegte handelinge van die klub uitvoer, dan moet `n mens tog anders behandel word as `n vrywillige, slegte ellendeling.
[18] Daar word byvoorbeeld `n eerlike, jong en sterk mens deur rowers en moordenaars oorval en in die hool van die rowers ingebring. Daar word vir hom die pynlikste maniere om doodgemartel te word, voorgehou as hy, omdat hy sterk is, nie saam gaan roof en moor nie. Elke poging, hoe gering ookal, om te ontvlug, word met die kwellendste doodstraf bestraf.
[19] Hierdie rowers- en moordenaarsgeselskap word egter op `n keer deur die strawwende arm van die gereg ingehaal en bestraf. Is dit dan reg as die jong man die lot moet deel van hulle wat hom met gloeiende ysters tot mede-rower gemaak het? So `n ongelukkige sou `n mens soveel moontlik en op alle moontlike maniere probeer om te red, maar hom nie ten laaste sonder enige medelye, net soos die werklike misdadigers, aan die kruis moet hang en hom die bene stukkend slaan nie. `n Mens kan maklik en gou rig en verdoem, veral diegene wat die swaard in die hand het, maar of dit reg is, is `n heel ander vraag!
[20] Vir my gevoel sou dit altyd nog beter gewees het as `n mens tien skurke, waarvan `n mens die skuld nie volkome kon bewys nie, sou laat loop, as wat `n mens so een veroordeel soos wat ek in my voorbeeld aangehaal het. Want so `n oordeel blyk vir my `n ten hemele skreiende onreg te wees ten opsigte van die mees heilige regte van die mensdom! As dit al strafbaar is wanneer `n mens `n geseënde mens maar `n bietjie ongelukkig maak, hoe verskriklik strafbaar moet dit dan nie wees as jy as mens `n tog al buite sy skuld baie ongelukkige mens nog ongelukkiger maak, in plaas daarvan dat `n mens alles iaann die werk sou stel om hom soveel moontlik te red uit sy eerstens algehele sonder skuld opgelope ongeluk!
[21] Kyk, vriend, dit gaan byna geen haar beter met ons jong dienaars van die tempel nie. Ook ons is as seuns van welvarende ouers met geweld ingewy tot die tempeldiens, sonder om eintlik volgens geboorte aan die stam van Levi te behoort, want die geboorte kan `n mens tans vir geld verkry, so dikwels as wat `n mens maar wil.
[22] Ons is nou leviete en kan ons met die beste wil in die wêreld nooit weer losmaak van hierdie brawe stand nie. Ja, ons sou self goed daaraan kon ontkom, en as sterke jong manne ons by die soldatestand van Rome aansluit, maar dan sou ons daarmee ook die staf van verderf oor ons ouers en familie gebreek het en geen God red hulle dan van die heerlike genot van die vervloekte water nie. Wie daardie afskuwelike gifwater egter te drinke gekry het, het nog altyd gesterf, en wel op die skandelikste en pynlikste wyse in die wêreld.
[23] Daar word wel vertel dat, ongeveer dertig jaar gelede, `n paar mense uit Galiléa na die genot van die satanswater nie gesterf het nie. Dit is moontlik - maar ons was nie daarby nie!
[24] Wie nou ons situasie vanuit hierdie standpunt bekyk en ons dan net dieselfde behandel as ander slegte, menslike diere, die het heel weinig aanspraak te maak op die eer om `n mens te wees! Dan skyn die hoogdrawende Romeinse 'Fiat iustitia, pereat mundus!' (Die reg moet seëvier ondanks alles!) voor die hand te lê.
[25] Ek en nog `n paar van ons huidige armsalige geselskap is juis in Genésaret heeltemal buite ons skuld deur die sekere hoofman Julius op `n manier behandel soos wat `n mens nie verskeurende diere erger kan behandel nie. Daarom sal dit wel te verstane wees waarom ons vir altyd hierdie plek wat deur Julius regeer word, sal vermy soos die ergste pes!"
|
|
|
|
|