|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 8
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Oor die ryk van die hemele
8 Nadat almal My hierdie môrelofprysing gebring het, vra Festus, wat natuurlik ook by die maaltyd en lofspraak teenwoordig was, vlugtig aan My: "Maar van waar af ken al U leerlinge hierdie waardige, glansryke en heeltemal ware loflied? So iets verhewe het ek nog nooit gehoor nie!"
[2] Ek sê: "Vra die fariseërs vir die geskrewe woord van God, en lees die Psalms van koning Dawid; daarin sal jy alles vind! Owerste Jaïrus, met wie ons vandag nog te doen gaan kry, sal wel die Skrif aan jou besorg. Want twee dae gelede het hulle sy dogter in die graf gelê; sy is dood! Hy het baie berou oor sy sonde teenoor My; daarom moet hy ook gehelp word, dan sal hy nie vir die hemelryk van God verlore gaan nie!"
[3] Festus vra: "Heer, wat se ryk is dit en waar is dit?"
[4] Ek sê: "Ja, my liewe vriend, vir die opregte vriende van God is die eintlike, ware hemelryk van God orals, maar vir die vyande van God is dit egter nêrens. Vir hulle is die hel daarenteen orals, waarheen jy ookal jou oë en ander sintuie kan en wil wend. Benede en bo is dit dieselfde. Kyk nie omhoog na die sterre nie - want dit is aardes soos wat hierdie is waarop jy staan - en kyk ook nie na benede na die aarde nie, want sy is geoordeel, net soos jou liggaam wat eendag moet sterwe en vergaan! Ondersoek jou hart daarenteen en soek vlytig daarin; daar sal jy vind wat jy soek. Want in elke mensehart is die lewende saad gesaai waaruit die ewige môregloed van die ewige lewe sal opbloei.
[5] Kyk, die aarde sweef in `n oneindige ruimte soos die groot son, die maan en al die ontelbare sterre, wat op sigself niks anders is as ook weer sonne en aardes wat ook daarin sweef nie! Jy sou met die snelheid van `n gedagte hierdie aarde kon verlaat en met daardie snelheid in `n reguit lyn wegspoed - en as jy so ewigheid na ewigheid sou voortspoed, sou jy na talle ewighede met gedagtesnelheid gevlieg het, tog nooit êrens `n einde nader nie! Maar orals sal jy buitengewone en wonderbaar gevormde skeppinge aantref, wat allerweë die eindelose ruimte vul en tot lewe bring.
[6] Deur die poort van jou hart sal jy na die dood van jou liggaam na buite gaan in die eindelose ruimte van God in, en na gelang van die gesteldheid van jou hart, sal jy daar `n hemel of `n hel vind!
[7] Want daar is nêrens `n geskape hemel en ook nêrens `n geskape hel nie, maar al die dinge kom voort uit die hart van die mens. So sorg elke mens in sy hart vir die hemel of vir die hel, na gelang van die goeie of die kwade wat hy doen. En soos wat hy glo, wil of doen, so sal hy dan doen, lewe en handel volgens sy geloof wat sy wil voed.
[8] As jy die neiging van jou hart ondersoek, dan sal jy gou bemerk met watter gees jou hart vervul is. Trek jou neiging jou hart en jou liefde na die wêreld, en voel jy `n begeerte in jou om iets groots en vernaam in die wêreld te word - dan het die hart, wat hoogmoedig wil word, `n onbehae aan die arme mensdom; voel jy egter die drang in jou om, sonder dat jy deur God verkose en gesalf is, te wil heers oor ander, dan lê die saad van die hel reeds in jou hart. Die saad sal, as dit nie bestry en verstik word nie, die mens na die dood van sy liggaam verseker nêrens anders as in die hel laat beland nie.
[9] As die hart van die mens egter vol nederigheid is, en hy hom geseënd prys om die geringste onder die mense te wees, elkeen te dien, uit liefde vir die broers en die susters homself nie hoog te ag nie, sy meerdere gewilliglik in alle goeie, vir die broers nuttige sake, te gehoorsaam, en hy God bo alles liefhet, dan groei uit die hemelse saad in sy hart `n egte, ewiglewende hemel. As die mens op hierdie wyse die hele hemel in al haar volheid alreeds in sy hart dra, gevul met die egte geloof, die suiwerste hoop en liefde, dan kan hy na die dood van sy liggaam onmoontlik êrens anders inkom as in die hemelryk van God, wat hy in alle volheid al lankal in sy hart dra! As jy dit goed oorweeg, dan sal jy maklik verstaan hoe dit nou presies met die hemelryk, asook met die hel, gesteld is."
[10] Festus sê: "Beste, baie wyse Jesus, Heer en Vriend! Werklik, U woorde klink wel heel wys, maar die werklike betekenis daarvan het my hierdie keer ontgaan! Hoe hemel en hel nou op `n bepaalde manier op één plek kan lê, sodat die een die ander blykbaar moet deurdring, is vir my, as `n nog baie materialisties denkende mens, `n onmoontlike saak! Maar hoe daar uiteindelik uit my hart `n oneindig gelukkige of ongelukkige oneindigheid moet voortkom, is vir my nog meer onbegryplik as al die ander dinge! Daarom moet ek U vra of U nie vir my daaroor nog `n meer verstaanbare uitleg sal kan gee nie, want anders gaan ek, ondanks al die lig op die helderste geestesmiddag, blind van hier af huis toe!"
|
|
|
|
|