|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 179
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Opwinding oor die verhaal van Markus
179 Ek sê: "Vriend! Dit wat jy My nou vertel het, is skaars `n afskaduwing van wat Ek sien en weet. Maar dit ontbreek jou aan `n diepere insig in die goddelike ordening en daarom beskuldig jy selfs met enige reg die skynbare nalatigheid van God. Maar omdat jy so `n weergalose eerlike en regverdige hart het, sal Ek ses volle dae lank by jou en jou huis bly, en in die tyd sal Ek jou voldoende helderheid gee oor alles wat vir jou nou nog duister is. - Omdat dit egter byna middernag geword het, gaan ons nou ons klaargemaakte slaapplekke opsoek!"
[2] Die leerlinge sê: "Heer, dit is vir ons nou om te ewe of ons sonder om te kan slaap op die bed gaan lê en of ons hier aangenaam buite gaan wakker bly, want die verhaal van vriend Markus het ons so geheel en al van ons slaap beroof dat ons nou vir niks ter wêreld meer sou kon aan die slaap raak nie! Werklik, elke druppel bloed in ons are kook nou van toorn en woede teen die genoemde, uit die tempel afkomstige, verskeurende diermense! Onder sulke omstandighede sou jy tog baie beter nooit gebore moes gewees het nie! Heer, laat nou tog dadelik vuur van die hemel af op hierdie diere reën! Want dit wat ons nou gehoor het, oortref verreweg alles wat ons ooit oor boosheid van hierdie dieragtige mensdom verneem het!"
[3] Ek sê: "Juis daarom moet julle die dubbele opwinding wegslaap! Môre, wanneer julle nugterder sal wees, en rustiger bloed sal hê, sal ons makliker daaroor kan oordeel!" - Na hierdie woorde van My gaan almal toe sonder verdere teëspraak die nodige rus geniet.
[4] Die oggend van die volgende dag het vinnig gekom, en Ek en die leerlinge staan weldra op van ons, onder omstandighede, goed voorbereide slaapplekke.
[5] Toe ons buite kom, sê Simon Juda: "Heer, ek het weliswaar `n kort tydjie geslaap, maar die verhaal van ons gasheer Markus wyk nie uit my gedagtes uit nie. Nee, dit is ongehoord! So iets is nog nooit ontbloot nie! Waarlik, soms kan selfs ek U geduld en lankmoedigheid nie verstaan nie! As ek bedink dat U so dikwels teenoor ons, wat tog so verknog aan U is soos die hare aan ons liggaam, so kortgebonde is. Voordat `n mens baie kan doen, straf U een van ons met `n woord of `n blik, sodat niemand dit later weer maklik sal waag om iets hardop vir U te vra nie. Maar sulke gruweldade kan U baie rustig, etlike honderde jare lank aansien, en dit steur U nie! Waar één van ons totaal uit sy vel sou kon spring, kan U heel geduldig toesien, maar waar óns oog en hart weinig of niks sien of vind nie, daar is U daar heeltemal by en U maak of die verlossing van die hele skepping daarvan afhang!
[6] Kyk, Heer, dit is dan sake wat ons tog onmoontlik kan verstaan, en Markus het nie heeltemal ongelyk as hy so dink oor God soos hy hom gister heel argeloos uitgedruk het nie. Dit staan wel vas dat U, o Heer, al sulke martelare in die hiernamaals vir die minute lange lyding wat hulle op die aarde ondergaan het, meer as voldoende skadeloos kan en sal stel - maar desondanks is dit tog `n ongetwyfeld erg en baie bitter saak om deur die opsetlike bose mense dikwels besonder pynlik gemartel te word! En Heer, `n paar baie kwellende oomblikke kan vir die gekwelde ook `n klein ewigheid duur!"
[7] Ek sê: "Ek het gister, sowel aan julle as aan Markus, reeds gesê dat Ek dit tydens My verblyf hier wel van naderby sal uitlê, wag daarom tot die oomblik aangebreek het, dan sal dit wel vir julle voldoende duidelik word! Maar gaan help nou liewer vir Markus om sy gevange vis na die oewer te bring, want hy is vandag al vroeg aan die werk, en Ek het sy werk geseën. Gaan daarom en help hom om die talle en goeie visse aan land te bring en in sy vishouers oor te plaas!"
|
|
|
|
|