Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 130

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

`n Wonderbaarlike bergklim

130 Die meisie was gekleed in `n blou, plooiende gewaad. Met ligte sandale aan die voete en die hoof bedek met `n heel kunstige uit strooi gevlegte hoed, gryp sy My hand en sê, omdat Ek op haar eerste vraag nie so baie vinnig `n antwoord gegee het nie: "Maar Heer, My alles, ek smeek U, sê my tog of ek U so geval?"

[2] Ek sê: "Dit sien jy tog wel, My liewe Jarah! Jy geval My besonders! O was alle mense maar so aangenaam soos jy, dan sou dit baie goed en na My sin gewees het. Maar daar is in die wêreld so talle duisende en nogmaals soveel duisendmaal duisende wat vir My nie so aangenaam is soos jy nie! Dit is pure wêreldse mense, maar jy is `n engel! Nou is ons egter op pad, want dit is al die derde deel van die dag!"

[3] Na hierdie woorde staan elkeen, behalwe die huispersoneel, op en gaan saam met My op pad. Dit spreek vanself dat die kleine Jarah steeds langs My geloop het, net soos die hoofman en Ebahl.

[4] Toe ons by die bergwand kom, waar in die uitgeholde splete slegs baie nou en uiters steil wande omhoog slinger, sê die hoofman:"Heer, met natuurlike kragte kan `n mens hier nie omhoog klim nie, want die wande is vreeslik steil en nat en hier en daar dig begroeid met allerlei doringstruike! As daar geen ander weg na bo loop nie, kom ons met ons natuurlike kragte nie in tien dae daarbo nie!"

[5] Ek sê: "Is jy dan al so moeg, ons het skaars meer as `n derde van die pad afgelê! Kyk eers na agter, dan sal jy wel oplet hoe hoog ons al is!" - Nou kyk die hoofman om en skrik toe hy merk dat ons onsself al byna by die steilste gedeelte van die berg, tussen enkele rotswande met loodregte hellings, bevind.

[6] Na `n ietwat angstige verbasing, sê die hoofman op `n bang opgewonde toon: "Nee, wie wil en kan dit verstaan! Hoe ons almal deur hierdie kloof tot hier gekom het, is vir my `n raaisel! Ons klim wel behoorlik steil, maar ek het nie so baie moeite daarmee nie! Maar nou is daar verder bo ons louter loodregte wande! My vraag is nou: hoe sal ons dan daar bo-op kom?"

[7] Ek sê: "Merk jy dan nie, dat ons nie bly staan nie, maar steeds maar altyddeur verder gaan?!"

[8] Die hoofman sê: "Ja, dit merk ek wel! Maar as ek vooruit kyk na bo, dan sien ek egter geen enkele moontlikheid om verder te gaan nie!"

[9] Ek sê: "Weet jy, daarvoor moet jy `n goeie en ervare gids wees wat die regte pad vind deur alle skynbare hindernisse heen! Kyk, die kloof voor ons is al die toegang tot die hoogste bergtop."

[10] Die hoofman sê: "Ja, maar hoe kan dit nou wees? Hoe kon ons teen al hierdie so goed as loodregte, steil wande so gou bokom? Ons is nog nie eers `n uur onderweg nie en nou al so naby die hoogste bergtop dat ons nog maar net `n paar treë hoef te gee om heeltemal bo te kom!"

[11] Die vrolike Jarah sê: "Maar Julius, wat vra jy tog terwyl JaHWeH God ons Gids is?! Hy sou ons almal net so goed deur die vrye lug omhoog kon opgetel het, soos langs hierdie wande, waar geen mens nooit ooit sy voete laat sweef het nie! As ons weet dat ons hier van aangesig tot aangesig staan met die Almagtige, dan is elke vraag sinneloos. Ons kan slegs maar wegsmelt van liefde en hoogste agting vir Hom en Hom uit die diepste diepte van ons lewe dank dat Hy ons waardig gevind het vir so `n ongehoorde barmhartigheid. Maar om Hom te vra of Sy almag en wysheid dit kan doen, en hoe Hy dit doen, vind ek nutteloos! En as Hy dit ook aan ons sou vertel het, dan is dit maar ‘n vraag hoeveel ons daarvan sou verstaan, en of ons dan ook almagtig sou word?! O ja, wanneer en vir sover Hy dit wil, kan ons uit onsself ook wonderbare dinge doen, maar sekerlik nooit meer as wat Sy heilige en almagtige wil dit sal toelaat nie!"

[12] Ek sê: "O jou kleine wysneus! Wie sou soveel stralende lig in jou gesoek het!? Ek sê vir jou dat daar op aarde maar baie min is soos jy, maar één ding moet Ek nou ondanks al My groot liefde vir jou sê, en dit is, dat jy in die toekoms baie suiniger moet omgaan met jou suiwere wysheid, en dat jy slegs jou mond dan open as dit werklik nodig is. Hier is dit egter nie nodig nie, omdat Ekself, soos wat jy sien, aanwesig is en ook in staat is om die vraag van elkeen heel passend en indringend te beantwoord!

[13] Kyk, as ons vriend Julius nie so `n besondere wyse man was nie, sou jy hom nou in sy hart pyn aangedoen het. Maar hy is `n wyse man, wat dit met elkeen goed en eerlik bedoel, en daarom het hy genoeë jou kinderlike wyse lesse. Maar in die vervolg moet jy altyd so beskeie moontlik teen elkeen optree, dan sal jy My egte bruid wees! - Het jy hierdie woorde van My heeltemal duidelik in jou hart verstaan?"

[14] Ietwat bedroef sê Jarah: "O ja, Heer, maar ek is nou bang dat U my nie meer so sal liefhê soos voorheen nie, en dit maak my hart treurig!"

[15] Ek sê: "Bekommer jou maar oor iets anders! Ek hou nou nog baie meer van jou as vroeër!"

[16] Jarah sê: "Maar sal die goeie hoofman vir my kwaad wees!?"

[17] Die hoofman sê: "O nee, my egte, hemelse Jarah! Ek is maar slegs baie dankbaar daarvoor dat jy vir my uit jou hemels suiwere hartjie ook `n hemels suiwere waarheid gesê het! O Jarah, ons sal nog baie met mekaar te bespreek hê, want ek merk maar al te goed dat jou reine hartjie vol hemelse wysheid is, en ons bly dan net daarvoor die beste van vriende!"

[18] Ek sê: "Nou, My liewe Jarah, is jy nou tevrede met die antwoord?"

[19] Jarah sê: "O ja, nou wel. Maar ek sal my van nou af aan baie moet beheers! Want uit my beurt praat is altyd al een van my swakkere kante gewees, maar in die vervolg sal ek dit nie meer doen nie - want U woorde is vir my bo alles gewyd!"

[20] Ek sê: "Nou goed dan, dan doen ons die paar treë nog en betree so die hoogste top van die berg!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205