|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 197
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Die beperkte menslike kennis
197 Ek sê: "Wat sê jy nou oor die raak en korrekte antwoord van die lieflike Jarah?"
[2] Josoë sê: "O Heer van alle lewe, die lieftallige meisie is seker al lank geen aardse meisie meer nie; sy is `n verpersoonlikte hemellig van die eerste grootte, waarteenoor ek skaars `n baie klein sterretjie is! Ek het ook wel, soos min ander sterflinge, ervaringe deur U barmhartigheid opgedoen - want dit is geen grappie om volgens jou gevoel byna twee jaar in die wêreld van die geeste, en wat ek tewens met `n vergane liggaam in die graf deurgebring het, en uiteindelik by jou volle bewussyn, deur U barmhartigheid en deur U wonderbaarlike medelye, op hierdie aarde terug te kom nie. Maar tog gee ek nou hardop toe dat ek my nouliks geskik ag om `n swakke en talentlose leerling van die meisie te wees. As sy so vriendelik wil wees om my maar oor vele dinge iets te leer, dan sal ek dit met die grootste dank van die wêreld bereidwillig aanvaar."
[3] Jarah sê: "Ja, my liewe Josoë, jy is `n koningseun en ek is slegs die dogter van `n Judeër, `n eenvoudige herbergier in Genésaret - dus aards gesien sou dit wel baie aanmatigend en brutaal wees as ek jou sou nader. As jy egter vanaf jou hoogte na my arme een sou wou neerdaal, dan sal jy `n paar uitgebreide arms en `n ope deur in my beskeie armoedige hut vind!" - Met hierdie veelseggende toespraak word Josoë se oë groot en hy weet skaars wat hy die meisie moet antwoord.
[4] Cyrenius sê egter aan Josoë: "Kyk, Josoë, dit beteken dieselfde as: Jy moet by Jarah gaan sit en met haar praat. Gaan en doen dit, want ek is self baie nuuskierig om te hoor wat julle alles met mekaar sal bespreek!"
[5] Josoë sê: "Ag, die goeie en liewe Jarah het in haar toespraak niks daarvan laat merk dat ek by haar moet kom sit nie, sy het wel gesê dat ek met haar mag praat as ek my as koningseun daartoe wou verwerdig! Dit is duidelik dat Jarah nog nie alles van my af weet nie. Ek is naamlik ten eerste geen koningseun nie, en ten tweede is `n bepaalde hoogmoed oor my afkoms totaal vreemd vir my. By my geld slegs die waarheid! Wat minder is verag ek diep; maar wat meer is en wat uit God se geheime bestaan kom, dit aanbid ek. Daarvan verlang ek nie om alles te weet nie, want dit pas nie die wurms en die stof van die aarde nie!
[6] In God is alle oneindige wysheid, maar in ons is daar maar net nouliks `n sonnestoffie! Alles wat ons weet, bestaan uit losse stukkies, en ons vind nooit die weg van alfa na bèta, laat staan nog tot by omega. Aan die hemel skitter ontelbare ligte, wie ken hulle? Die twee grotes ken ons nog nie eens nie, laat staan die tallose kleintjies; maar God se Wysheid is daar orals net so tuis as die gesigsvermoë van die oog!
[7] Wat God aan ons wil openbaar, weet en ken ons; maar daarbuite heers vir die siel van die mens `n weliswaar heilige, maar tog oneindige nag. Die mens moet dit nooit waag om die heilige duister van hierdie eindelose nag te wil verlig nie; want hierdie nag sou hom verswelg soos wat die see `n klippie sal wat `n moedswillige jongeling daarin gooi.
[8] Ons mense is vate met `n voorafbepaalde inhoudsmaat. As die vat vol is, kan `n mens dit nie nog voller maak nie, maar as daar eendag `n groot maat aan die mens gegee sal word, dan sal hulle nog baie daarin kan gooi, en dan sal dit tog nie so maklik oorloop soos wat nou die geval is nie.
[9] Verseker het die mense op hierdie aarde verskillende maatgroottes; maar myne behoort seker by die kleinste. Die lieflike Jarah is duidelik rykliker voorsien as ek, en daarom kan ek nie gelykwaardig met haar omgaan nie. As sy my egter van haar groot oorvloed iets wil gee, sal ek dit altyd dankbaar aanvaar. Maar ek kan nie van my hoë posisie na haar afdaal en by haar gaan sit nie, want ten eerste is sy wyser en ten tweede pas dit my gladnie!?"
|
|
|
|
|