Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 165

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Hemelse kwade ingrype

165 Na hierdie gesprek kom die dienaars al met wyn en brood en `n hoeveelheid goed toebereide visse aan, en elkeen gaan sit aan die ryk voorsiende tafel. Jarah plaas vir Rafael by haar aan tafel en sit hom `n groot vis voor om op te eet. Maar Rafael sê: "Liewe sussie, dit is beslis te veel vir `n aandete, gee my liewer `n kleiner vis!"

[2] Jarah sê: "O, ek het jou tog vanmiddag `n aantal sulke visse sien opeet, dus sal jy vanaand ook met hierdie goed kan klaarspeel! Eet maar! Kyk, my Heer Jesus is wel `n eindelose groter en meer verhewe Gees as jy, en tog eet Hy nou al met sigbare genoeë sy tweede vis, en daarby drink Hy ook nog wyn en eet Hy altyd `n stuk brood, so moet jy dit ook doen! Wees nou net eers `n mens soos ons, en wees, omdat jy andersins `n hoofengel van God is, nie so geringskattend oor ons menslike dinge nie!"

[3] Rafael sê: "Nou, as jy dit beslis so wil, dan moet ek my na jou wil rig, want jy is nou eenmaal `n baie aardige kind, en uit liefde vir jou kan `n mens jou niks weier nie." - Toe neem Rafael ’n vis wat ten minste vyf pond geweeg het in sy hand, bring hom na sy mond toe en eet hom in `n ongelooflik vinnige oomblik op.

[4] Toe Jarah dit sien, sê sy heeltemal oorbluf: "Maar om JaHWeH se wil! Waar het jy die groot vis nou so gou gebêre? Vriend, met so `n eetvermoë sou jy met groot gemak `n gebraaide seemonster kon opeet! Om met één hap die groot vis, in wie se maag Jona drie dae opgesluit was, te laat verdwyn, sou vir jou waarskynlik net `n grappie wees!?"

[5] Rafael sê: "Ook duisende van die visse sou ek so te sê met gemak kon eet. Maar nou is dit voldoende. Die vis het vir my egter goed gesmaak. Ek sou hom ook langsaam, soos jy, kon opeet, maar dan sou jy op die gedagte gekom het dat ek heeltemal `n aardse mens is - en dit sou nie goed vir jou wees nie, omdat jy dan op my persoon, respektiewelik my gestalte, verlief sou kon word! Maar nou dat ek jou `n keer laat sien het dat ek nog geen volkome aardmens is nie, skrik dit jou heeltemal af, en bly jy sonder moeite in jou, en ek in my gewone doen en late. Jy sal nog wel meer sulke opsetlike dinge van my beleef! As ek wil, kan ek egter ook onaangenaam word, maar die onaangenaam wees het steeds `n wyse oorsaak."

[6] Jarah sê: "Ek vind dit egter nie snaaks van jou as jy byvoorbeeld slegs deur `n onaangename handelwyse die een of ander goeie doel wil bereik nie! Kyk na die Heer aan Wie al my liefde toebehoort, Hy bring ook sonder `n onaangename daad maar net goeie dinge tot stand! Waarom nie jy nie? Ek vind - en daarby bly ek - dat iets onaangenaams altyd weer iets onaangenaams sal oproep, en slegs die goeie weer die goeie. Wie by my iets goed deur iets onaangenaams wil bereik, die vergis hom geweldig - ook al was hy `n duisendvoudige engel! Ek waarsku jou, dat jy nie met iets onaangenaams by my moet aankom nie, anders kan jy eerder wegbly! Ek is maar `n swak meisie, ja selfs vir jou maar `n wurmpie, maar tog woon God se Liefde in my hart, en Sy verdra niks wat ook maar skynbaar onaangenaam is nie. - Verstaan jy dit, liewe Rafael?"

[7] Rafael sê: "O ja, dit is goed te verstane en daarom verstaan ek dit ook goed, maar dit is egter duidelik dat jy my misplaas het omdat jy my tydelik oor wat onaangenaam is, nie verstaan het nie. As jy my eenmaal sal verstaan, dan sal jy nie so ergerlik teenoor my wees nie! Maar sodat jy kan sien dat die hemelse onaangenaam ook `n skitterende deug is, sal ek dit vir jou met `n klein voorbeeld goed duidelik maak.

[8] Kyk, ons hemelgeeste sien baie ver. Wat ons met één blik duidelik sien kan jou gedagte nie bevat nie! Dit gebeur baie dikwels dat êrens, veral op hierdie aarde, die mense egter met opset sleg word. Ons trek hulle honderd kere van `n groot gevaar weg, maar hulle kan dit nie nalaat om hulle opnuut in dieselfde gevaar te begeef nie. As alles dan nie help nie, laat ons uiteindelik toe dat die mens homself weer moedswillig in gevaar begeef, en dan laat ons hom daarom so behoorlik op sy eentjie, dat hy daardeur dikwels vir lang tye alle begeertes los. As hy dan verstandig word, het hy deur die ervaring geleer, hy laat sy moedswilligheid en dikwels kwade onsin vaar en dit is dan asof die mens homself verbeter het.

[9] So kan sekere ouers hul kinders nie dikwels genoeg, en met voldoende resultaat waarsku oor bepaalde speletjies wat dikwels baie gevaarlik kan word nie. Dan kom ons met ons hemelse onaangenaamheid en maak dat sulke kinders hulle met hulle verbode speletjies baie gevoelig verwond, dikwels laat ons dit selfs toe dat `n kind die ongehoorsaamheid met die dood bekoop, as afskrikwekkende voorbeeld vir die ander. Die kinders word daardeur afgeskrik, kry eindelik groot angs vir die gevaarlike verbode speletjies en doen dit nie meer nie. Dan is die spreuk op hulle van toepassing: '`n gebrande kind vrees die vuur!'

[10] Ook by jou het ek `n aantal aardjare gelede al `n paar maal `n soortgelyke hemelse onaangenaamheid uitgevoer, en dit het jou baie goed gehelp, en dit is die rede waarom jy daarna baie gou `n egte gelowige kind geword het. - Wel, wat sê jy nou van my onaangenaam wees?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205