Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 67

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die genesing van die rasende

67 Dadelik daarop kom daar uit die stad `n groot aantal inwoners met die mededeling dit daar `n man is wat rasend geword het.

[2] Ek vra hulle egter wat Ek met die rasende moet doen.

[3] En die inwoners sê: "Ons weet dat u `n wonderdokter is, omdat die fariseërs dit vandag vir ons gesê het. Hulle vertel dat slegs U wil voldoende was om die familie van die ou Josa en almal te genees, en dat U meer is as slegs maar ons timmerman Jesus, wat aan almal welbekend is! Daarom vra ons aan U, ons welbekende landgenoot, of U hierdie rasende mens nie weer gesond wil maak nie!"

[4] Ek vra: "Hoe het hy dan aan die raserny gekom?"

[5] Die inwoners sê: "Ja, beste meester, dit het hy gekry van `n dol hond, wat hom gebyt het, en dit is `n baie gevaarlike siekte, wat tot op hede nog nooit deur `n arts genees kon word nie! As hy sterf, moet die hele huis tesame met hom verbrand word, want wie hom maar sou aanraak, sou kort daarna ook deur die verskriklike raserny oorval word! Daarom het ons hom goed opgesluit in sy huis, sodat hy nie na buite kan gaan nie, waar hy andersins groot skade sou kon aanrig nie. Beste meester, bevry ons tog van hierdie plaag!"

[6] Ek sê: "Gaan en haal hom daaruit sodat hy gesond kan word, en ook almal wat hy besmet het toe julle hom gevang en in die huis opgesluit het!"

[7] Die inwoners sê: "O Heer, wie sal hom daaruit gaan haal? Wie hom net aanraak, is seker van `n verskriklike dood!"

[8] Ek sê: "As julle nie glo en geen vertroue het nie, kan Ek hom sowel as julle nie help nie!"

[9] Die inwoners sê: "U het tog die familie van Josa gehelp, wat aan `n byna soortgelyke kwaal gely het en die siekes was nie na U toe gebring nie. Dan sal U tog ook hierdie rasende kan help sonder dat dit nodig sal wees om hom na U toe te bring!?"

[10] Ek sê: "Josa glo, maar julle glo nie en het veel eerder gekom om My, terwyl julle maar halfpad glo, te toets, om te sien wat Ek met die ongeneeslike rasende sou doen. Daarom sê Ek julle nog één keer: Gaan haal hom, dan sal Ek hom, sowel as vir julle, help! Want soos wat julle daar staan, het julle reeds almal dieselfde siekte in julle en dit kan al gou uitbreek. As julle egter glo en hom hierheen bring, dan sal die gif van die satan in julle daardeur vernietig word!"

[11] Na hierdie woorde van My gaan hulle weg en bring weldra die gebonde rasende, wat daar ontsettend wild uitsien en wat net so woes brul soos `n hongerige leeu. Toe My talle gaste hierdie rasende sien aankom, oorval `n groot angs hulle en die vroue vlug met almal die huis in, want hulle durf nie na hierdie verskriklik vertrekte en vreeslik brullende figuur kyk nie. Selfs My moeder verberg haar in die huis en My leerlinge maak die kring om My heen ook groter, Judas verberg hom agter `n boom. Slegs Cyrenius, Festus, Cornelius, Kisjonah en Borus bly standvastig by My.

[12] Toe sê Ek vir die inwoners: "Maak hom los en laat hom vry!"

[13] Almal is hewig ontsteld en roep: "Heer, dan is ons verlore!" - En die inwoners durf dit ook nie doen nie omdat die orige volk en die leerlinge baie hard skree!

[14] Daarop sê Ek vir Borus: "Gaan jy en maak hom los, want hy is al genees en kan niemand meer kwaad aandoen nie!"

[15] Toe gaan Borus heel kordaat na die nog rasende toe en sê: "Die Heer Jesus is met jou, en wees genees in Sy naam!"

[16] Op dieselfde oomblik word die rasende rustig, sy al byna swart gelaatskleur neem weer die natuurlike kleur aan en hy vra Borus met `n dankbare gesig of hy die boeie kon afneem, en Borus maak dadelik die boeie los, wat heeltemal skoon en onbesmeerd is. En die geneesde man kom na My toe en bedank My heel innig vir die ongehoorde weldaad wat aan hom bewys is, maar vra My ook of hy in die toekoms van so `n besoeking sou kon skoonbly.

[17] En Ek sê vir hom: "Jy en almal, wat ongetwyfeld jou lot sou gedeel het, julle is nou heeltemal genees, maar wees in die toekoms vriende van mense en nie vriende van honde nie! Waarvoor moes julle so buitengewoon baie honde aanhou? Julle moet slegs dit hou wat julle nodig het by die jag van wilde, verskeurende diere en deur die skaapherders van groot kuddes as beskerming teen die wolwe, bere en hiëna's. Niemand anders het `n hond nodig nie. Maar wie tog een wil aanhou, moet hom goed aan `n ketting hou, sodat die armes nie vanweë die kwaai hond bang word om julle huis binne te gaan en julle om `n aalmoes te vra nie. Wie van julle in die vervolg hierdie raad nie sal navolg nie, sal van sy honde dieselfde loon ontvang wat jou ten deel val.

[18] Neem eerder kinders van arm ouers in julle ryk huise in as sulke nuttelose honde wat so maklik groot gevaar kan oplewer, dan sal julle nooit deur erge raserny, wat afkomstig is van die gif van die satan wat die honde by hulle dra, oorval word nie!"

[19] Na hierdie woorde belowe almal My dat hulle daardie selfde dag nog hul honde sal opruim en dat hulle in die vervolg nooit weer sulke diere sal aanhou nie. Tog vra `n paar swakkes in die geloof nog aan My of hulle nou wel heeltemal van hierdie kwaal bevry is en of hulle dit nooit weer sal kry nie.

[20] Ek sê: "O julle kleingelowiges! Sien julle dan nie dat hy wat julle hier gebring het, heeltemal genees is nie? Maar as hy dan beter geword het, dan sal julle tog ook beter geword het, julle was nog lank nie rasende nie! As Ek dooies uit die graf kan roep, dan sal julle kwaal tog nie erger wees as die werklike dood nie! Die tyd sal julle die bewys lewer dat julle almal weer heeltemal beter is! Maar gaan nou weer rustig na julle huise. Gaan egter ook na die oudstes en die fariseërs, laat hulle sien dat julle heeltemal genees is en gee dan op die altaar die offer wat Moses aanbeveel het vir melaatses as hulle weer rein geword het!"

[21] Na hierdie woorde dank almal My innig en hulle vra My wat hulle My vir hierdie onbeskryflike weldaad kan aanbied.

[22] En Ek sê: "Glo en doen wat die fariseërs en skrifgeleerdes julle sal leer!"

[23] Na hierdie woorde gaan hulle getroos na hulle huis terug, gaan dadelik na die sinagoge en vertel die fariseërs alles wat hier gebeur het, en gee daarvoor `n groot offergawe.

[24] Die fariseërs, wat nog niks van hierdie rasende gehoor het nie, begin hulle baie te verbaas en sê: "Waarlik, dit is `n genesing wat slegs deur die God moontlik kan wees! Dit is in die hele Israel nog nooit gehoor nie! Waarlik, hierdie mens doen dinge wat die allergrootste profete nog nooit gedoen het nie! Daar is geen siekte wat Hy nie sou kon genees nie, en geen dooie in die graf, wat Hy nie weer in die lewe sou kon terugroep nie! Dit is tog `n mens soos wat die aarde nog nooit gedra het nie! Gaan nou na julle huise en kom môre weer terug, dan wil ons julle nog verder oor hom uitvra!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205