|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 19
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Onbeskaamdheid en verwarring by die fariseërs
19 Toe staan die oudstes, fariseërs en skrifgeleerdes baie vererg op en sê: "Melkmuil, hoe kan Jy Jou aanmatig om met ons te redetwis? - Watter tekens het dan hier plaasgevind?"
[2] Ek sê, terwyl Ek Sarah, wat al hierdie skool- en skrifgeleerdes baie goed ken, voor hulle neus hou: "Ken julle dié meisie, en weet julle wat vir die tweede maal met haar gebeur het?"
[3] Toe maak hulle almal groot oë vir mekaar en sê saggies onder mekaar: "Liewe hemel, dit is die dogter van die owerste, soos wat sy daar uitgesien het soos toe sy geleef het! Het hy haar dan wéér opgewek? Hoe het dit gebeur? Maar as Hy haar opgewek het, en nou terwyl sy vir die tweede maal werklik dood was - wat staan ons dan nou te doen? Jaïrus blyk aan Sy kant te wees, anders sou hy sekerlik nie sy geliefde dogter aan Hom toevertrou het nie! Of sou hy ook niks daarvan af weet nie?! Het die seun van Josef haar in die geheim opgewek en wil hy haar by hierdie of met `n ander geleentheid weer aan Jaïrus teruggee? Moet ons nie vir Jaïrus daaroor inlig nie? Hierdie saak is te opvallend! – Dit is Hy, sonder enige twyfel is dit Hy! En tog was ons almal teenwoordig by haar begrafnis, net soos in Kapernaum toe sy gesterf het! Wat kan ons nou doen? Wat gaan gebeur as hierdie mens-God deur `n kuns of mag ook sulke ongehoorde dinge kan doen?" - Toe swyg hulle.
[4] Maar Ek sê, terwyl Ek hulle almal skerp aankyk: "Wel, wat sê julle slegte harte nou? Is die teken voldoende om die waarheid te bevestig wat Ek met julle gepraat het?"
[5] Die oudstes sê: "Ons is geen artse of aptekers wat die kragte van die natuur ondersoek om dit in ons kunste te gebruik nie; net so min is ons vertroud met die toorkuns wat `n mens by die duiwel kan leer; want dit sou die grootste sonde teen God wees, en daarom weet ons nie deur watter kuns of mag Jy haar opgewek het nie! Dit staan daarom vas dat ons onsself nie deur dergelike tekens op `n dwaalspoor sal laat bring wat betref ons geloof in Moses en die profete nie, of oor die uitlegging van die Skrif, wat deur die tempel by die hemel gesweer en deur `n eed bekragtig is nie! Tekens word nou deur verskeie towenaars gedoen, waarvan `n deel uit die Môreland (ooste) hierheen kom en waarvan baie ook uit Egipte kom; almal doen hulle wonderlike dinge, wat geen Judeër verstaan en ook nie wil verstaan of mag verstaan nie, omdat al hierdie toweragtige dinge duiwels is! En dit beteken vir elkeen van ons dat Jou tekens, omdat hulle ook verwant aan towery kan wees, vir ons geen waarde het nie, en dat dit ons slegs maar wys dat Jy weet hoe om dit met sukses uit te voer, en dat Jy dus `n groot meester daarin is. Maar dat ons vanweë Jou tekens ook Jou leer, wat ons walglik vind, moet aanneem, daaraan dink ons nie eers nie! Want `n dokter is vir ons nog lank nie `n priester nie, en nog minder `n profeet - en dit is Jy nog nie glad nie, want ons ken Jou tog al vir byna dertig jaar, net soos wat ons Jou vader geken het! Sorg dus maar dat jy en jou leeglopers gou uit die skool verdwyn, want anders sal ons geweld moet gebruik!"
[6] Toe sê Sarah: "Heer; ek smeek U, gaan weg van hierdie ellendelinge af! Want hulle is meer verstok as klippe, swarter as die nag en liefdeloser as `n afgrond! Tweemaal het U my my lewe teruggegee, en vir hierdie ellendelinge is dit niks nie! Daarby beskou hulle dit as godslasterlike towery en waag hulle dit in hul groot verblindheid om U selfs by die skool uit te jaag! Heer, dit is te veel! Laat ons gaan, laat ons gaan! Dit voel vir my in die teenwoordigheid van hierdie ellendelinge asof die satan by ons staan!"
[7] Ek sê: "My allerliefste Sarah! Wees jy nou maar rustig! Solank Ek dit wil, sal ons hier bly; want Ek is ‘n Heer! Hoewel die magtiges van die aarde hulle ‘meester’ noem, het hulle dikwels baie min mag; maar Ek het alle mag oor hemel, hel en oor die ganse aarde! Daarom is Ek ook sonder twyfel `n Heer en laat My nooit in iets gebied nie! Wat Ek doen, doen Ek in alle vryheid; want Ek is geheel en al `n gebieder!"
[8] Toe die oudstes dit hoor, skeur hulle hul gewade en skreeu: "Weg met Jou! Want nou het ons baie duidelik gehoor dat Jy `n godslasteraar is! Jy doen jou werk met behulp van Beëlsebul en Jy wil daardeur en daarvoor die volke van Moses en van God vervreem; daar bly by ons daarom niks anders oor as dat Jy met klippe uit die wêreld gehelp moet word nie!"
|
|
|
|
|