Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 223

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die mening van Cyrenius oor die skeppingsverhaal

223 Cyrenius sê: "Heer en Majesteit, waarlik, U wysheid gaan hoër bo alles uit wat die aarde ooit as die mees wyse geprys het! Want as dit al baie beteken om `n groot wysgeer te wees, dan beteken dit tog oneindig baie meer om die diepste en mees verborge Wysheid van God so bedagsaam te beskryf dat mense soos ons, wat geen spesiale wysheidsopleiding gehad het nie, Haar helder en duidelik kan verstaan. Dit kan na my mening slegs vir God moontlik wees. Want al is `n mens hoe wys, hy kan slegs maar, net soos Moses, sy wysheid wat van die Gees van God ontvang is, in ooreenkomstige beelde verpak, of die beelde word vir hom as saadkorrels gegee wat hy vervolgens net soos `n saaier in die aarde van die mensehart saai. Sulke korrels gee dan wel dikwels ooreenkomstige vrugte, maar die mense herken die vrugte dikwels net so min as die saadkorrels wat in hul harte gestrooi is, en so `n uitsaai het uiteindelik min resultate. As die mens die ryp geworde vrugte daarvan oes, weet hy meestal tog skaars wat hy daarmee moet aanvang en waarvoor dit eintlik gebruik moet word.

[2] Gewoonlik word daar al deur die eerste saaiers nie heeltemal korrek gebruik gemaak van die wysheidsaadkorrels nie, en hulle latere opvolgers doen dit nog veel minder. Want as die eerste saaiers van die wysheidskorrels volkome korrekte en goeie gebruik sou gemaak het van die vrugte daarvan, dan kon al hulle opvolgers ook maar alleen korrekte en goeie gebruik daarvan gemaak het. Omdat die profete egter deur `n verkeerde begrip alreeds foute in hul sleg begrepe leer gemaak het, was sulke tipes klein foute beslis die oorsaak van die grotes wat gevolg het by hul latere opvolgers.

[3] Moses en Aäron sou die verseker baie suiwer geleef het volgens die leer wat aan hulle deur die Gees van God geopenbaar is; of hulle egter in hulle harte die leer wat van God gekom het, ook so verstaan het soos wat U dit nou vir ons uitgelê het, is `n groot vraag en baie te betwyfel. Want `n mens kan `n vreemde taal en haar skrif wel goed en korrek oorskrywe sonder om ook maar werklik iets daarvan te verstaan.

[4] Maar, o Heer, soos wat U ons nou die Genesis van Moses verklaar het, kan daar geen twyfel meer in die hart van die mens agterbly nie, en die opvolg van so `n leer, beide met die regte begrip en met die regte daad kan dan maar alleen op hierdie goeie manier plaasvind.

[5] Maar omdat U, o Heer, nou al so vrygewig geword het met die onthulling van die diepste en mees verborge waarhede, gee ons almal dan ook nog `n klein ophelderinkie oor die sogenaamde 'Val van die engele', die eerste geskape wesens, vervolgens oor die 'Val van Adam' en daarna oor die sogenaamde 'Erfsonde', wat as `n slegte erfdeel op alle latere mense oorgegaan het. As dit nie te laat is nie en ons dit ook maar enigsins kan verstaan, maak dan nog `n keer U heilige mond oop en gee ons `n paar goeie aanwysings, sodat ons ook ietwat meer daarvan kan weet as wat ander weet!"

[6] Ek sê: "Ja, My liewe vriend, dit is tog nog `n harder neut as die Mosaïese skeppingsgeskiedenis self, hoewel dit eintlik heeltemal daarin ingesluit sit en vir die ywerige soeker nou al soos goud vry aan die oppervlakte lê. As jy egter maar net `n goeie aanwysing wil hê en nie ‘n voltooide les nie, dan sal Ek dit graag met genoeë vir jou doen, want vir die gee van `n volledige les sal ons almal tog te min tyd hê, omdat dit nou al omstreeks die derde nagwaak geword het - Wie ore het, moet hoor!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205