Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 176

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die getuienis van die leerlinge oor die Messias

176 Daarna eet ons die aandbrood en die familie van die man van die hut maak vir ons `n so goed as moontlike slaapplek gereed. In die huis sê hy egter aan sy vrou en kinders: "Luister! Dit moet sonder meer die beloofde Messias wees! Hy is dus JaHWeH Self in lewende persoon, die ewige Oerson van die geesteswêreld, waaraan alle profete wat met God se lig vervul was as ligte oggendwolkies, Hom voorafgegaan het! Ja, ja, nou weet ek wel waaraan ek toe is, maar wat nou?! Ek durf haas geen woord meer met Hom praat nie! Hy, die ewige mees heilige, wat nou, onsigbaar vir ons, gedien word deur tallose skares engele, wat elke oomblik nuwe bevele van Hom ontvang, en met die snelheid van die gedagte oorbring na die sterre en alle eindes van die wêreld! En Hy vertoef nou in ons armoedige hut, Hy vir Wie die hele ewige hemele en hul paradyse ten dienste staan!

[2] O juig, en beef daarby ook van vreugde, want Hy bly in hierdie nag by ons! Die hele aarde is hierdie groot barmhartigheid nie werd nie, laat staan hierdie armsalige hut en dan nog vir ons wat vol sonde is!"

[3] Terwyl die man van die hut tydens die gereedmaak van die slaapplek so oor My praat, stel Ek aan My leerlinge, en wel diegene wat hierdie dag vooruit gestuur was om inligting in te win, die volgende vraag: "Wie sê die mense uit die omgewing is Ek?" (Matthéüs. 16:13)

[4] Die betrokke leerlinge antwoord daarop: "Sommige meen regtig dat U Johannes die doper is wat uit die dode opgestaan het. Ander glo en sê dat U EliJaH is, van wie geskryf staan dat hy nog eenmaal vóór die groot Messias op aarde sal kom en alle mense sal oproep tot boete en `n egte terugkeer tot God. Ander dink weer dat U die profeet Jeremia is, oor wie onder die volk ook `n sage die ronde doen dat hy vóór die Messias uit die hemele sal kom. Hulle sê ook dat U een van die ander profete sou kon wees (Matthéüs. 16:14), want vóór die groot Messias uiteindelik sal kom, sal alle profete Hom voorgaan! - Dit is so die vernaamste aanvaarbare menings oor U; maar dan is daar ook nog `n groot aantal ander, wat ons toe ons hulle gehoor het, afgekeur het en waarvoor ons hulle `n beter opvatting oor U gegee het. Maar baie glo nog dat U `n vermomde Griekse Zeus is."

[5] Ek sê: "Nou goed, julle het My nou vertel wat julle gehoor het, maar Ek sou nou ook nog van julle self wil hoor vir wie julle My nou eintlik beskou. Ek vra dit nie somaar so nie, maar baie ernstig, want Ek merk dat na bepaalde geleenthede, waarby na julle mening My doen en late so nou en dan skynbaar aards voorkom, dat julle dan in julle hart dadelik anders oor My oordeel, en My nie volledig daarvoor beskou soos waarvoor julle My beskou wanneer Ek die een of ander groot wonderwerk gedoen het nie! Sê My uiteindelik openlik waarvoor julle My na `n ryp en nugtere verstandelike beraad, ernstig beskou!" (Matthéüs. 16:15)

[6] Toe was alle leerlinge met stomheid geslaan en almal behalwe Simon Juda weet nie wat hulle My op hierdie vraag moes antwoord nie. - Judas Iskariot sê aan Thomas: "Maak nou jou mond oop! Jy is mos altyd so verstandig en wys! Dit moet vir jou tog `n kleinigheid wees om op die vreemde vraag van die Heer `n regte antwoord te vind!"

[7] Thomas sê: "Sê jy maar, as jy so wys is! Ek beskou Hom vir dit waarvoor hy Homself al die tyd uitgegee het! Hy sê van Homself nooit iets anders nie as: 'Ek is `n Seun van die mense, en God is My Vader netsoos van julle almal!' As Hy Homself so beoordeel, watter ander beoordeling kan ons hom dan waaragtig en waarheidsgetrou uit onsself gee? Hy doen werklik dinge, wat sedert Moses en die ander profete nog nooit deur `n mens gedoen is nie. Maar as ons alles op die keper beskou, dan sal ons ontdek dat dit ewenwel die Gees van God is wat deur `n uitverkore suiwer mens dit alles doen! Maar vir die Gees van God sal dit niks wees of hy deur `n verkose mens berge versit of vernietig, of dat Hy die een of ander kleinere wonder deur die woord van die profeet laat gebeur nie!"

[8] Judas Iskariot sê: "Jy beskou hom dus maar net as `n profeet?"

[9] Thomas sê: "Sekerlik, en wel vir die grootste wat die aarde nog ooit gedra het - hoewel dit nie syne nie, maar God se verdienste is! Want alleen God kan die mens tot profeet roep, soos wat Hy dit met Samuel gedoen het toe hy nog `n kind was, en soos wat Hy selfs die esel van die valse profeet Bileam tot egte profeet gemaak het, en deur die esel vervolgens ook vir Bileam self. Dit moet ons goed verstaan, en ook die getuienis wat Jesus oor Homself gee, naamlik dat Hy slegs `n menseseun is, ondanks die feit dat Hy ook die wonderdadige krag van God, wat in `n besondere groot mate in Hom is, so nou en dan met die goddelike Ek betitel. Dan kan ons Hom na my beskeie mening onmoontlik `n ander getuienis gee as dit wat Hy altyd van Homself gee! Dus is Hy `n voortreflike seun van God, soos wat ons dit ook is, maar dan nie in so hoë graad soos Hy nie."

[10] Judas Iskariot sê: "Maar hoe is dit dan daarmee dat baie Hom tog as die beloofde Messias beskou, en dat die beter Romeine en Grieke Hom selfs as `n ware almagtige God beskou?!"

[11] Thomas sê: "Hulle het óók gelyk, want die Krag van God wat in Hom is, is ook die enigste ware Messias, en sonder meer ook JaHWeH Self."

[12] Judas Iskariot is daarmee tevrede, en Ek swyg, alhoewel Ek alles hoor.

[13] Petrus merk My swye op, en hy staan op en sê: "Heer, ek bemerk selfs onder die broers verskillende menings oor U! Staan my daarom toe dat ek, vanweë die broers, my getuienis oor U hard en duidelik na vore kan bring!"

[14] Ek sê: "Doen dit! Hoe lui dan jou woorde?"

[15] Petrus, oftewel Simon Juda sê: "Uit die diepste grond van die lewe in my hart sê en erken ek nou hardop voor die hele wêreld: U is die Messias, die Seun van die lewende God!" (Matthéüs. 16:16)

[16] En Ek sê aan Petrus: "Salig is jy, Simon, seun van Jona. Jou vlees en bloed het jou dit nie openbaar nie, maar My Vader wat in die hemel is! (Matthéüs. 16:17)

[17] Daaraan voeg Ek nou toe: Jy is Petrus, `n rots. Op hierdie rots wil Ek My gemeente bou, en die poorte van die hel sal haar nie oorweldig nie! (Matthéüs. 16:18) En Ek sal jou die sleutel van die hemelryk gee! Alles wat jy op aarde sal bind, sal ook in die hemel gebonde wees, en wat jy op aarde sal ontbind, sal ook in die hemel ontbonde wees!" (Matthéüs. 16:19)

[18] Toe sê Petrus: "Heer ek dank U vir hierdie groot barmhartigheid, waarvoor ek my heeltemal onwaardig ag, omdat ek altyd `n ruwe sondaar was, en jammer genoeg, nog is. Maar wat betref die bind en ontbind, gee ek openlik toe dat ek dit nie verstaan nie, en nie weet wat ek daarvan moet dink nie. As U wil, kan U dit vir my wel `n bietjie meer verstaanbaar maak?"

[19] Ek sê: "Dit sal wel vir jou op die regte oomblik heeltemal duidelik word; voorlopig verbied Ek julle almal uitdruklik om nou voortydig ook maar iemand daaroor iets te vertel dat Ek Jesus die ware Messias is!" (Matthéüs. 16:20)

[20] Na die belangrike gesprek vra Matthéüs die skrywer, of hy dit alles moet opskryf.

[21] Ek sê: "Nie oor die wonderwerke in hierdie plek nie, en die gesprek tussen Thomas en Judas Iskariot hoef jy ook nie te vermeld nie, maar wel in hoofsaak wat Ek met Petrus gepraat het. Skryf jy maar altyd soos wat Ek jou die woorde in die hart sal lê, dan sal alles reg en goed wees!" - Daarmee was die skrywer toe ook tevrede gestel, en weldra gaan hy bed toe. Ons bly egter nog tot middernag aan tafel sit en daarby kom die bewoners van die huis ook nog, waarmee ons heel aangenaam mee geselskap hou.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205