Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 191

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die hemelse manier van lesgee

191 Ook Ebahl en Jarah bevestig die woorde van Julius en vertel dat hulle juis vanweë hierdie seldsame Wonderdoener `n reis na Sidon onderneem om Hom, indien moontlik, nog `n keer daar te ontmoet omdat die dogter so na Hom verlang. Cyrenius dink, baie verwonderd, hoedat so `n jong, wat maar pas dertien of veertien lentes tel, meisie al so verlief kon wees, waarby hy tewens opmerk dat daar dan so `n besonder aantreklike en aanneemlike jongman altyd by haar is. Dit was dan tog onverstaanbaar dat `n meisie met so `n tere skoonheid, in die geselskap van so `n aanneemlike jongman, tog nog sterwensverlief kon word op `n sekere, tog al heelwat ouere, menslike Zeus.

[2] Wie Jarah ken van die vroeëre belewenisse in Genésaret, sal hom nog goed kan herinner dat juis Jarah nie maklik aan iemand `n gevatte antwoord skuldig bly nie, en daarom sê sy ook aan Cyrenius: "Verhewe meester en gebieder! Hoe kan u nou net maak of u Hom nie ken, en Hom om die een of ander waardelose politieke rede bysit in die ry van die dooie gode van Rome - terwyl Sy goddelike Lig en Sy Barmhartigheid intussen oogverblindend uit u hele manier van doen blyk!?

[3] Kyk, ek voel Sy nabyheid, en u voel dit net so goed soos ek - en tog verloën u Hom in ‘n sekere mate. Helaas, dit is nie so prysenswaardig vir u nie, soos wat dit ook van Julius nie so prysenswaardig is dat ook hy in sekere opsigte die mees Heilige en Regverdigste teenoor u, o verhewe meester, verloën het nie.

[4] Daarby is dit sekerlik nie prysenswaardig van u omdat u my eintlik beskuldig van `n platvloerse verliefdheid nie, want ek het Hom net lief, soos wat elke mens dit moet wees, as my Skepper, as my God en Heer, en ek aanbid Hom in my hart so suiwer soos wat dit maar vir `n sterflike mens moontlik is. As dit egter so is - hoe kan ek dan alledaags verlief op Hom wees? Vra dit maar eers aan my begeleier en leraar, hy sal dit vir u beter kan uitlê as ek. Hy is in alles baie beter as alle wyses van die wêreld en alle helde van alle aardse lande, uitgesonderd die Een wat ek hier soek. Stel u vraag dus maar aan hierdie jongman, dan sal u wel die regte antwoord van hom af kry!"

[5] Cyrenius wou toe aan die jongman `n vraag stel, maar Josoë hou hom daarvan af, want hy sê saggies aan hom: "Praat nie met die jongman nie, want hy is dieselfde as die een wat my so nou en dan besoek! Hierdie soort wesens kan niks wat besoedel is, verdra nie, en dus ook geen onwelvoeglike vraag nie; hul lewe en hul bestaan is gelyk aan God se vlammende lig."

[6] Cyrenius sê aan Ebahl: "Dit is tog jou dogter, en jy is tog `n Judeër! Is dit dan nie verbasend dat sy so wys is nie! Dit kon sy tog nie in `n paar dae van die Heer van die meesters en nog minder van hierdie jongman geleer het nie!? Want hierdie soort leraars maak, hoewel hulle baie seldsaam op aarde voorkom, ook nie sulke geweldige vordering met ons sterflike mense nie! Dit weet ek uit ervaring by my seun Josoë, wat ek weliswaar nie verwek het nie, maar tog as my seun aangeneem het. By tye kom daar by hom ook so `n leermeester. Maar as hulle `n tyd met mekaar omgegaan het, weet jy uiteindelik nie meer wie daar gelyk het nie, want ondanks baie verskillende menings het, dikwels genoeg, beide gelyk. Die hele onderrig is eintlik niks anders as `n wedstryd in wysheid nie, waaruit uiteindelik beide partye as oorwinnaar te voorskyn kom.

[7] My seun Josoë is dikwels so heethoofdig teenoor sy mistieke meester, dat hy hom gewoon wegjaag; maar die meester laat hom daardeur nie in die minste van sy wysie afbring nie, hy hou vas aan sy onsin wat dikwels duimedik bo-op lê, en laat eers teen die einde ietwat lig deurskemer. Daarom het ek gedink dat die aansienlike leermeester dit ook by jou dogter sou doen!"

[8] Ebahl sê: "Ja, ja, verhewe gebieder, dit is heeltemal so. Ek kan ten minste nooit veel daaruit wys word wie uiteindelik heeltemal gelyk het nie. Die uitslag bly meestal onbeslis. Van die een of ander positiewe leer is daar nooit sprake van nie. Die jong gees probeer slegs maar verwarring in die begrippe van die leerling te stig, en dié moet dit dan uit haarself so goed moontlik weer in orde bring. Van hulp is daar glad geen sprake nie, en daarom bly dit uiteindelik altyd onbeslis. As die leerling die teenwerpinge van haar leermeester heeltemal ontsenu het, dan moet sy wel met sulke onwrikbare teenargumente kom dat die leermeester nie meer na links of regs kan gaan nie. Dit beteken dan dat die leerling heeltemal gelyk het, maar sonder sulke teenargumente het die leerling steeds ongelyk - ook al klink haar beweringe nog so oortuigend! O, my Jarah het haar leermeester al baie in die noute gebring. Hy sou by die laaste een nie self uitgekom het as die meisie hom nie gehelp het nie, soos wat hy self toegee.

[9] Helaas, die egte hemelse manier van lesgee is dikwels baie vreemd! Daarby gee die leerling meestal les aan die leraar, en die leraar is steeds baie tevrede as hy iets geleer het van die leerling. Maar dit geskied egter altyd op `n hemels vriendelike manier, en ek is graag by die soort onderwys aanwesig, want mens leer dan in `n uur meer as by die wêreldse leermeesters in `n jaar.

[10] By die wêreldse leermeesters is en bly die leerling liggaamlik en geestelik altyd `n slaaf van sy leermeester, want hy kan slegs maar dít leer wat sy dikwels liggaamlik en nog dikwels geestelik kreupele leermeester self kan en weet. Of dit nou verkeerd of goed is, daar mag `n leerling, as hy nie gestraf wil word nie, nie oor uitvra nie! Waarom sal so `n opgeblase wêreldse leermeester hom bekommer oor die geestelike aanleg en kennis van sy leerling?! Daar is slegs maar sprake van: Voëltje, eet of sterf! Kortom die onderwys van hierdie tyd lyk presies soos `n helm wat op alle hoofde pas, en `n bed waarin alle mense aangenaam moet slaap! Die reus Goliath sou raar opkyk as `n mens hom `n wieg as rusplek vir hom sou aanwys!

[11] Dikwels het ek kinders gesien wat blyk dat hulle al in hul prilste jeug groot geestelike gawes besit. Wat sou daar uit hulle kon groei as `n mens by hul opvoeding rekening gehou het met hul gawes en hulle dienooreenkomstig sou onderrig het! Maar `n mens leer hulle, net soos die swakkeres mandjies vleg en laat hul gees op hierdie manier verstomp! En dit vind ek `n groot onreg! Want watter diens sou iemand, wat sy geestelike gawes kon ontwikkel het, die mensdom nie kon bewys het nie! En - wat is hy sonder ontwikkeling werd? Hy vleg mandjies en vang daarna visse en mossels!

[12] En juis daarin sien ek die ontsettende verskil tussen die onderrig van die ydele en meestal dom wêreldse leermeesters, en die hemelse leermeesters wat nou so wonderbaarlik by ons bly. Hulle voed die gees vry op en help haar in `n sekere sin op die been, deur haar met allerlei op menslike wyse gestelde vrae wakker te skud. Die wêreldse leermeesters probeer die gees egter slegs maar te onderdruk en te dood - en voed daarom die slyk slegs op ter wille van en vir die slyk! - Ek vra u, verhewe gebieder oor die hele Asië, het ek gelyk of nie?!"

[13] Cyrenius sê: "Heeltemal, hoog gewaardeerde herbergier Ebahl! Dit het ook vir my al lank duidelik geword, maar wat kon tot nog toe daaraan gedoen word? Ek sê openlik: Niks, heeltemal niks! Want ons het self geen basis nie, en waar moes die wêreldse leraars dit dan vandaan gekry het? Die arme duiwels moet tog alle kinders maar net dit leer wat hy in ‘n sekere sin eers self van ons geleer het - en sodoende is hulle onvermydelik blinde leiers van blindes!

[14] Ons het nou deur die Een die groot heilige waarheid leer ken, en ons kan nou die lig baie goed onderskei van die duisternis, maar voordat alle mense van die aarde in ons lig sal deel, sal daar nog menige mandjie deur `n groot gees gevleg word! Sê my nou wat die toekoms van jou so wonderbaarlik liewe dogtertjie sal wees!? Sy het `n besonder hoë geestelike toestand en word daarby nog deur `n hemelse leermeester onderrig. Sê eers, wat sal sy word!? Huisvrou lyk my tog onwaarskynlik!"

[15] Ebahl sê: "Verhewe gebieder! Kyk eers na ons meisieskole! Hoe is dit verteenwoordig? Werklik, verhewe gebieder, dit is tog vir die mensdom `n groot skande! Daarom vind ek: `n goeie meisieskool sou baie wenslik wees. Want `n moeder, `n wese wat slegs maar uit `n meisie kan ontstaan, is tog altyd die eerste en voortreflikste lerares vir die kinders. As haar gees, hart en hoof op die regte plek is, soos wat mens dit sê, dan sal ook haar kinders hul geboue seker nie op die sand van die see bou nie, en voortaan nouliks op `n dwaalspoor gebring kan word nie. Maar as die moeders, soos wat dit tot op hede jammerlik genoeg maar al te dikwels die geval was, dikwels nog dommer is as `n reënwurm, dan is daar van die moederonderrig baie weinig of heeltemal niks te verwag nie! - Sê my, verhewe gebieder, of ek daarin ook gelyk het of nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205