Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die koms van Lydia

37 Toe Roban weg is, kom die ou man, wat Josa heet, met sy kinders en kleinkinders wat in die nag genees is en bring My dank, lof en eer en vra My of hy hom, met syne, gedurende die dag by My geselskap mag voeg.

[2] En Ek sê aan hom: "Doen wat u wil! Gister het u ter wille van My moeilikheid met die fariseërs gehad, en u almal het u in My Naam goed gedra. Daarom sal u in die toekoms van al daardie soort plae bevry wees, en geen hebsugtige Seloot sal meer die drumpel van u huis betree nie! Gaan nou na My leerlinge; hulle sal u leer wat u alles vanaf nou moet glo en doen!

[3] Na hierdie woorde kom Petrus na vore en bring die gehele geselskap na Matthéüs, die skrywer, en hy laat hulle lees wat My leerlinge alles beleef het, en wat Ek hulle geleer het.

[4] Pas nadat hulle op hierdie wyse geestelik versorg is, kom Cyrenius, Cornelius, Festus en die owerste Jaïrus met vrou en dogter uit hul slaapkamers, groet My baie hartlik en bedank My vir die goeie en buitengewone verkwikkende slaap, en vir die mooi drome wat hulle gedurende hierdie nag gehad het. Ek begroet hulle ook en toon hulle die mense wat genees is, wat ook sopas binne gekom het .

[5] En Cyrenius gaan na hulle toe en laat hulle alles haarfyn uitlê. Toe hy egter van die nagtelike intriges van die fariseërs hoor, word hy baie kwaad en sê: "Nee Heer, by U heilige Naam wat bo alles is, dit kan ek nie van hierdie satanskinders toelaat nie! Ek moet hulle laat tugtig, ook al sou ek my lewe daarvoor verloor! Hulle is tog wolwe, hiënas en jakkalse wat jy nooit weer in die hele Palestina, of selfs in die hele Asië sal teëkom nie! Wat is dan die verskil tussen hulle en die ergste diewe en straatrowers? O boosaardige diere van die eerste en verskeurendste klas! Dienaars van God noem hulle hulleself en hulle laat hulleself oordag orals hemelhoog eer en prys; maar snags trek hulle uit om sonder meer te roof! Nou, wag maar, wag maar, ek sal julle nagtelike rooftogte wel op so `n manier belet dat hoor en sien vir julle sal vergaan!"

[6] Ek sê aan die woedende opperstadhouer: "Vriend, hou op; want wat jy wil doen, dit het Ek alreeds op geestelike wyse gedurende hierdie nag op `n baie gevoeliger manier gedoen en die gevolg daarvan sal wees dat hulle almal spoedig My leer sal aanneem. Hulle oudste, wat Roban heet, was nou al hier en het My leer aangeneem; en Ek het hom daarom ook al as `n nuwe leerling na Sigar gestuur, waar hy baie sal sien en leer. Binne twee dae sal hy weer terugkom en sal beslis sy kollegas in My huis inbring! Sien jy, dit is beter as roede, kruis en byl!"

[7] Cyrenius sê ietwat minder opgewonde: "In daardie geval trek ek weliswaar my woorde terug, en sal ek hulle aan geen streng en pynlike oordeel onderwerp nie; maar hulle moet rekenskap aan my gee!"

[8] Ek sê: "Maar nie vóór die middag nie, maar na die middag! Want hierdie mooi tyd wil ons aan iets beters bestee. Nou gaan ons egter eers ontbyt nuttig!"

[9] Borus het naamlik in die ope lug baie tafels laat opstel, met welke werk My broers hom as timmermans natuurlik goed gehelp het, en dus sou vandag, synde die dag voor die Sabbat of te wel op Vrydag, die oggendmaaltyd buite genuttig word. Ongeveer vyftig lang tafels, voorsien van banke, was belaai met spys en wyn, en dit was werklik `n skouspel om van te geniet soos wat daar honderde verskillend geaarde gaste aan al die tafels gesit het, lofpsalms gesing het en besig was om die oorvloedige maal te geniet. In die middel van die talle tafels was `n soort platvorm opgerig, waarop `n groot, sierlik getooide tafel met spys op ons gewag het en waaraan ons - Ek, Cyrenius, Cornelius, Festus, Jaïrus met sy vrou en dogter, My moeder en die twaalf apostels plek ingeneem het en onder allerlei verheffende, blymoedige gesprekke die oggendete gebruik het wat Festus en Borus so versorg het.

[10] Lydia , die jong vrou van Festus, ontbreek egter omdat hy haar in Kapernaum tuis gelaat het vanweë haar talle huishoudelike sake, hoewel sy besonder graag ook met ons na Násaret sou wou gaan. My moeder verwyt hom ligtelik daaroor, en hy betreur dit dat hy sy liewe vrou tuis gelaat het, en besluit om haar dadelik self te gaan haal.

[11] Ek sê egter aan hom: "Doen dit nie. As Ek dit wil, sal sy op die middaguur gesond en wel hier wees!" Festus vra My om dit te doen en Ek beloof dit aan hom.

[12] Dadelik staan daar twee buitengewone innemende jongmanne in ligblou gewade by My. Hulle buig baie diep voor My en sê: "Heer, U diensknegte wag eerbiedig op U heilige bevel!"

[13] En Ek sê aan hulle: "Gaan haal vir Lydia, sodat sy ook by ons kan wees!"

[14] Beide verdwyn, en Cyrenius vra My heel verwonderd: "Vriend, wie was die twee buitengewone seuns en innemende jongmanne? My hemel, sulke pragtige figure het my oog nog nooit gesien nie!"

[15] Ek sê: "Wel, elke meester het diensknegte, en as hy hulle roep, moet hulle kom om hom te dien. Omdat Ek ook `n Heer is, het Ek ook dienaars. Hulle moet My bevele aan die hele oneindigheid verkondig. Hulle is weliswaar nie vir jou sigbaar nie, maar wel vir My; en waar jy niks vermoed nie, daar wag nog steeds tallose legioene op My wenke! En daarby is die dienaars van My - hoe teer hulle ook daar uitsien - tog sterk genoeg om hierdie aarde, as Ek hulle sou opdrag gee, in `n oogwink te vernietig! - Maar kyk, daar kom hulle al terug met Lydia!"

[16] Byna elkeen aan My tafel is met stomheid geslaan, en Cyrenius sê: "Hoe is dit nou moontlik? Die twee kon tog maar nouliks vyfhonderd treë afgelê het - na Kapernaum is dit byna twee uur se loop hiervandaan - en hulle is nou al weer terug! Ag, dit oortref tog alles wat `n arm mens op hierdie aarde ooit sal kan beleef!"

[17] Toe Lydia, wat liefdevol deur die verbaasde Festus ontvang word, na ons tafel gebring word, vra Cyrenius haar dadelik: "Maar liefste Lydia, hoe het jy nou tog so vinnig van Kapernaum hier gekom?! Was jy alreeds onderweg?"

[18] Lydia sê:" Sien u dan nie die twee engele van God nie? Hulle het my bliksemsnel hierheen gedra. Ek het onderweg nóg aarde nóg lug gesien, maar hier en daar was dit oombliklik, en nou is ek hier. Maar vra die twee engele; húlle sal dit beter kan uitlê as ek."

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205