Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 212

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Nood as voorwaarde vir geestelike ontwikkeling

212 Ek sê: "Dit is reg, en ek kan sekerlik nie sê dat jy hier ook iets onwaar gesê het nie. Maar reël jy dit op `n wêreld nou eenmaal so dat alle mense sonder hul eie werk en ander besighede redelik goed versorg is en daarby sou besef dat hulle so algeheel sonder sorg sou kon lewe - dan sien alle mense gou so daaruit soos jou Europese noordelike volke!

[2] Jou Europese volke uit die noorde was eens in Asië, die wieg van die menslike geslag, net dieselfde en nog beter in alles versorg as jou Romeine nou, en hulle het uit die hemele `n regstreekse opvoeding geniet. Daar was wyses onder hulle soos wat die aarde tot en met My toe nooit geken het nie, maar wat was die gevolg daarvan? Hulle het baie gesellig geëet en gedrink, van dag tot dag traer geword en van geslag tot geslag afgesak na hul teenswoordige toestand. Maar nou, in hierdie armsalige toestand, moet hulle in die sweet van hul aanskyn sorg vir `n maer onderhoud van hul liggaam en daarby is hulle tog nie heeltemal sonder wyses en leraars nie.

[3] En kyk, juis hierdie nood sal hulle stadig maar seker op `n trap van ontwikkeling bring wat in elke opsig dié van Rome ver sal oortref!

[4] Daarom sal dit nie goed wees om die mens so te plaas dat hy liggaamlik heeltemal versorg is nie. Want dan sal hy uiteindelik so traag word dat hy hom werklik oor niks meer sal bekommer nie. Die strewe na trae, sorgelose rus is ook weer `n eienskap van die in sigself dooie liggaam. Die siel, wat vir die grootste gedeelte haar duursame vorm tydens passende besig-wees uit die liggaam moet vorm, sou by die sorgelose rus van die liggaam ook gaan rus, omdat ook in haar die neiging na niksdoen in beginsel die oorhand kry.

[5] Die siel sal haar onaktiwiteit gou deur die pynlike behoeftes van die liggaam verloor; want sy voel dat `n algehele onversorgdheid van die liggaam haar, saam met die liggaam, die dood sou bring. Tydens die nood van die liggaam sit sy daarom alle hefbome in beweging en versorg, so goed as maar moontlik, eerstens die liggaam. Maar omdat sy nou baie vir die dood vrees, begin sy al gou naas die besig-wees vir die liggaam haar ook besig hou met die ondersoek na die eintlike lewe, en vind deur haar ontwaakte liefde weldra dat sy as siel tog wel sal voortlewe, ook al gaan die liggaam dood.

[6] Daaruit ontwikkel sy dan uiteindelik `n soort geloof aan die onsterflikheid van die menslike siel. Hierdie geloof word vervolgens meer en meer lewend en is `n noodsaaklikheid vir die mens.

[7] Maar mense wat dit deurdink het, soos wat jy dit orals vind, is baie gou nie meer tevrede met net die geloof nie, hulle ondersoek dit meer diepgaande, beproef die krag daarvan en trag om, as hierdie krag nie meer voldoen nie, die geloof met sterkere en in ‘n sekere sin konkreter middele waar te maak.

[8] Die volk beskou sulke ondersoekers dan gewoonlik as sieners en hoorders, wat deur `n hoë gees gelei word en wat op die weg van gesprek met geeste, diepere kennis van die lewe van die siele na die dood ontvang.

[9] Sulke ondersoekers word deur die volk meestal tot priesters verhef; en hulle, wat wel insien dat hulle in `n onmisbare behoefte van die volk voorsien, misbruik uiteindelik dikwels so `n bykans onbeperkte vertroue van hul volk, soek hul eie aardse belang daarby en is dan slegs blinde leiers van blindes. Maar iets goeds het dit wel, naamlik dat die volk daarmee steeds, ook al is dit hoe `n swakke, `n band met die hemele in stand hou.

[10] Met die loop van tyd, as die blinde geloof in die priesters steeds swakker en swakker word, staan daar onder die volk nuwe ondersoekers op, wat die oue ondersoek en nooit heeltemal verwerp nie. Hulle verbind die goeie daaruit met hul nuwe ondersoekresultate en skep sodoende `n hele nuwe leer, want hulle is nie meer tevrede met die ‘blinde geloof’ nie, maar slegs met die volle oortuiging, op bewyse gegrond, wat noodsaaklikerwys aan elkeen ter beoordeling getoon kan word.

[11] En kyk, so vind die nuutste mensegeslag dan eindelik, hoewel baie moeisaam, die waarheid, en daarin deur baie ervaring ook die wette waarvolgens die lewe gelei moet word, sodat die waarheid wat met baie moeite gevind was, by die mens vir altyd rein sal bly.

[12] As daar dan as aanvulling tot so `n vonds, wat slegs die gevolg was van die steeds toenemende aktiwiteit van die mensdom self, vervolgens ook nog `n buitengewone boodskap uit die hemele na die mense kom, as `n magtige, wonderbare lig, dan is so `n volk net soos `n mens gered en in die gees soos nuut- en wedergeborenes. Kyk, dit alles kom nooit deur die liggaamlike, sorgelose versorgdheid nie, maar alleen deur die nood en sorg van die mense!

[13] Ek sê vir julle: Deur nood word selfs ‘n dier vindingryk, laat staan nog die mens.

[14] As die mens deur nood uitdruklik genoodsaak word om te dink, begin die aarde weldra onder sy voete groen te word; is hy egter versorg, dan gaan hy net soos die diere op sy luie vel lê en dink en doen niks nie.

[15] Kyk, Ek hoef die aarde maar net `n honderd aaneenlopende baie geseënde oesjare te gee, en die hele mensdom sou van luiheid begin stink soos die pes. Maar omdat Ek steeds goeie en slegte oesjare op aarde met mekaar laat afwissel, moet die mensdom steeds besig wees en in ‘n goeie oesjaar vir `n moontlike volgende slegte oesjaar voorsorg tref, om nie van honger te sterf nie. En so bly die mensdom ten minste vir die liggaamlike altyd besig; want daar staan daarteenoor dat die mensdom anders maar al te gou tot algehele onaktiwiteit sou verval. - Verstaan julle dit ook?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205