Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 71

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die onsterflikheid van Josoë

71 Dit was te veel vir Bab en sy vrou, en sy sê vir haar man: "Liewe Bab, merk jy nie dat ons beide groot sondaars is nie, en dat God Self hier in die mens Jesus, aanwesig is nie? Is Hy nie die Een oor wie alle profete tot en met Sagaria en sy seun Johannes geprofeteer het nie? Is Hy nie die Een wat Dawid sy Heer noem as hy sê: 'Die Heer praat tot my Heer'? Is Hy nie die Een van wie die groot Dawid praat wanneer hy sê: 'Maak die poorte van die stad hoog en die ingange breed, sodat die Koning van ere kan binnekom! Maar Wie is die Koning van Eer? Dit is my Heer JaHWeH van die Skeppingsleërmag!'? Liewe man, JaHWeH is hier en niemand anders nie! Ons is egter sondaars en onwaardig om in Sy omgewing te bly! Kom, laat ons onsself volgens die wet van Moses reinig, dan kan ons daarna terugkom en by Hom bly!"

[2] Ek sê vir die diep ontroerde mense: "Wie die dooies kan opwek, kan julle ook sonder Moses reinig! Bly daarom hier, want Moses is nie meer as Ek en die Een wat hom geroep het vir wat hy was nie! Julle sonde is julle vergewe en dus is julle rein en het Moses nie meer nodig nie, want Moses is niks sonder My nie!"

[3] Bab sê: "As dit so is, en daaraan twyfel ek nou allermins nie aan nie, dan bly ons, want skoner as die Almagtige Self sal Moses ons nooit was nie!"

[4] Die vrou sê: "Ek is slegs `n diensmaagd van my meester (man), en dus sal ek doen wat jy wil en wat jy as korrek beskou! Maar hierdie buitengewone heilige teenwoordigheid van God verpletter my inderdaad!"

[5] Ek sê: "Vrou, Ek het in Násaret jou verering van God gehoor, en veral vir joú doen Ek nou dit wat jy sê! Daarom moet jy beter by My uithou! Maar Ek sê nou aan almal van julle dat julle aan niemand `n woord hiervan mag vertel nie! Dit is nie vir My of vir julle nie, maar slegs ter wille van die talle ongelowige mense, sodat hulle nie daardeur gedwing word om in die Seun van die Adam te glo nie, maar vry daarin is as die evangelie aan hulle gepredik word!

[6] Want die hedendaagse mense sou deur so `n getuienis soos met ysterkettings gedwing word om in My te glo, waardeur hul vrye lewe grootliks skade sou ly. Hulle latere nakomelinge sou sulke oorvertelde getuienisse te oordrewe vind en as pure bedenksels van menslike fantasieë tog nie aanneem nie, en hulle daardeur vir die suiwere leer en die ewige waarheid vererg. Daarom is dit beter as sulke dade van My heeltemal geheim bly, omdat niemand iets daaraan sou hê nie - sekerlik nie tydens hierdie eerste leertyd van My nie.

[7] Jaïrus, jy moet egter, omdat jy oor `n rukkie as die tyd daarvoor ryp is, die seun weer na sy ouers moet bring, hom heel presies vertel hoe hy hom dan moet gedra. Hy moet glo, maar hy moet ook by die mense geen opslae maak nie! Hierdie uit die dood opgewekte seun sal egter, omdat hy die ontbinding deurgemaak het, liggaamlik nie weer sterwe nie. As sy tyd gekom het, sal hy deur `n engel geroep word en hy sal hierdie roep vrylik volg, - en daarna sal geen sterflike oog hom ooit êrens op hierdie aarde lewend sien nie.

[8] Laat ons nou, omdat die jongeling sy brood en die wyn heeltemal opgeëet het en dit al merkbaar skemer word, huiswaarts keer!"

[9] Ons gaan nou dadelik uit die sinagoge uit. Jaïrus en Borus sluit die grafkelder weer agter hulle toe, nadat hulle beide die jongmanne gevra het om die kis terug te plaas in die groef, wat hulle ook in `n oogwink gedoen het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205