Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Groot en klein visse

43 Almal begin hulself nou verbaas af te vra hoe ons so blitsig vanaf My huis tot hier langs die see gekom het.

[2] Maar Ek sê: "Hoe kan julle julleself nou nog verbaas?! Het julle dan nie reeds verskeie kere dieselfde met My meegemaak nie? Dat die ou Josa met sy kinders en kleinkinders hulleself verbaas, is te verstane; maar by julle, my ervare leerlinge, is dit eintlik onbegryplik dat julle julleself nog kan verwonder, want julle moet tog al heeltemal oortuig wees dat geen ding vir My onmoontlik is en kan wees nie!

[3] Luister, Ek sê nie sonder rede 'onbegryplik' nie, want elke verbasing oor die een of ander buitengewone handeling wat deur My gedoen word, ontstaan deur die een of ander klein, nog êrens in die siel verborge, ongeloof. Die mens twyfel vooraf aan die moontlikheid van die een of ander buitengewone daad of gebeurtenis; as die daad egter ondanks sy twyfel tog uitgevoer word, dan twyfel die getuie aan die moontlikheid daarvan, staan daar verbluf by, verbaas hom en vra: 'Hoe was dit moontlik?' Maar wat sê hy met die vraag? Ek sê julle, niks anders nie as: 'Ek twyfel aan die moontlikheid dat dit sou slaag, en tog het dit geslaag! Dit is merkwaardig en vreemd!'

[4] As `n oningewyde homself so verwonder, dan is dit wel te verstane; maar as al die ingewydes hulleself nog verwonder, dan gee hulle daardeur aan dat hulle self ook nog oorwegend tot hulle behoort wat met reg 'oningewyd' genoem kan word! Julle moet daarom, veral as daar vreemdes by is, julleself nie so verbaas as Ek die een of ander buitengewone daad uitvoer nie, sodat die vreemdes julle ook nie as medevreemdes aansien nie!"

[5] Die leerlinge sê: "Heer, U weet tog dat ons U bo alles liefhet en baie goed weet Wie en Wat U is; maar ondanks dit kan ons dit tog dikwels nie nalaat om ons ook weer opnuut te verbaas oor `n nuwe wonder nie, omdat U duidelikste wonders meestal so heel onverwags en onvoorbereid kom, dat `n mens ondanks alle begrip en geloof dan tog ietwat verbluf daarby staan. - Kyk, die son het mens tog ook dikwels genoeg op en onder sien gaan, maar waar is, of waar leef daar `n mens wat enigsins maar `n ontwikkelde gevoel het, wat nie by elke nuwe glansryke sonsopgang `n soort verwondering in homself voel opkom nie?! Weet U, Heer, so gaan dit nou ook met ons! U is egter oneindig baie meer as tallose sonsopgange, en ons hoop dat U dit daarom `n bietjie sal oorsien as ons elke keer opnuut met ons harte wat U bo alles liefhet, sulke foute maak waartoe U ons eintlik dwing."

[6] Ek sê: "Nou, dit is alweer in orde, maar hou julle in die vervolg ter wille van die vreemdes aan hierdie raad, sodat hulle in julle My leerlinge kan herken! - Maar nou gaan ons visvang! Daarby sal daar ook weer klein wonders gebeur, maar maak dan asof dit geen wonders is nie! Die vreemdes moet self ontdek en beoordeel of dit heeltemal normale of buitengewone dade is!"

[7] Na hierdie noodsaaklike les klim die leerlinge gou in die bote, span die nette en werp hulle op vissersmanier in die water en doen die een trek na die ander, maar die vangs was gering.

[8] Petrus merk op dat die taamlik harde westewind `n ongunstige invloed het en die visse na die bodem dryf.

[9] `n Ander sê weer dat die vangs vir die aand nie baie sou word nie, want die son skyn te fel aan die onbewolkte hemel, en omdat hulle die helder lig nie kan verdra nie, verskuil die visse hulleself in die diepte.

[10] Toe klim die twee jongmanne ook in twee bote, span `n groot net en gaan baie ver die see in.

[11] Daarop sê Andréas, wat ook `n deurwinterde visserman was: "As hulle nie op `n wonderbaarlike wyse, deur hul geestelike mag, visse in hul net dryf nie, kan hulle wel tien jaar lank buite in die volle see visvang sonder om ook maar één voorbeeld aan land te bring!"

[12] Maar beide jong manne trek die net na `n ruk in, kom gou na die oewer en bring dertig mooi eksemplare aan land.

[13] Daarop sê Andréas: "Dit is weliswaar geen wonder nie, maar tog wel `n behoorlike prestasie om uit die diepsee dertig meevallers te vang."

[14] Ten slotte klim Ek ook in `n boot en die moedige Sarah in `n ander. Ons span `n baie groot net en laat dit in die water sak. Toe ons, nie ver van die oewer nie, `n klein trek maak, was die net reeds gevul met vyfhonderd salm en meevallers, sodat altwee jong manne gou vir Sarah moes help, anders sou sy die net nie kon hou nie. Die visse word dadelik aan land gebring en daar in die talle vate gesit waarvan daar voldoende byderhand was.

[15] Die leerlinge maak nog `n trek, en toe hulle die net aan land trek, vind hulle weer net `n paar visse in die net, en hulle was ook nog klein.

[16] Petrus sê: "Vir vandag het ek nou wel die laaste trek gedoen! So `n trek is in die verste verte nie die moeite werd om as ou ervare visserman in die boot te klim nie!" - Vervolgens wou hy die klein visse weer in see laat teruggooi.

[17] Maar Ek sê aan hom: "Hou wat jy gevang het, want die klein visse is dikwels baie lekker, en Ek is liewer vir hulle as die grotes, wat dikwels taai en slegte verteerbare vleis het. Vestig jou aandag eers op die simboliese verskynsel!

[18] As jy as visser van mense hulle sal uittrek, treur dan nie as daar klein visse in die net van die evangelie kom nie, want waarlik, Ek is vir hulle liewer as vir die grotes! Want alles wat vir die wêreld groot en waardevol is, is in `n bepaalde opsig vir My `n gruwel! – Maar laat ons nou met visse ophou en weer huistoe gaan! Vir vandag en môre is ons versorg, op die nasabbat kyk ons, as dit nodig mag wees, dan weer verder."

[19] Mense trek nou al die nette in en bring nog `n groot hoeveelheid van allerhande visse aan land, sit hulle in die vate, en vervoer hulle op karre en draagbare na die taamlike groot visdam by My huis, wat Josef in sy tyd self gemaak het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205