|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 148
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Die natuur en haar geestelike betekenis
148 Na die voorstel van die Esseen kom almal in My nabyheid staan en Ek roep beide Esseners en sê aan hulle dat hulle nou goed moet let op alles wat by die opgang te siene gaan wees, want daaruit sal baie geleer kan word!
[2] Beide Esseners staan nou nader aan My en sê: "Heer, Heer, dat daar oneindig baie daaruit te leer is, kan nou wel `n ewige waarheid wees, maar is ons siele wel geskik vir sulke hoë onderwys?! Ons kyk wel met gretige oë in die liggevulde dieptes van U wonderskepping in, en in ons harte verbaas ons onsself buitengewoon, maar ons is veels te blind om ook maar die wonder van `n doudruppel na waarde te skat en dit te verstaan, laat staan nog die wonders wat in onmeetbare grootte en afstande ligtend vir ons aan die uitspansel op- en ondergaan! Ook oor die heen en weer swewende ligpuntjies bo-oor die wolkies het ons al met Petrus gepraat, maar hy kon ons nie voldoende daaroor inlig nie. - As dit U wil is o Heer, sal U ons iets daaroor kan vertel!"
[3] Ek sê: "Dit het baie weinig betekenis en is `n baie natuurlike verskynsel, dit lyk soos `n matig golwende see. As die see golf en jy jou op die een of ander vaste punt bevind waar die gebroke sonnestrale tereg kom, sal jy `n soortgelyk ligspel sien.
[4] Die lug, wat vir die inaseming van mens en dier geskik is, reik nie tot aan die sterre nie, maar op die hoogste punt slegs tot só ver bo die aarde as vier maal die hoogte van hierdie berg, gereken vanaf die see. Op daardie hoogte is die aardse lug skerp begrens, net soos die water met lug, en het netsoos water daar eweas `n heel glansende, gladde oppervlakte, soos wat die see reëlmatig golf.
[5] As die lig van die son nou op hierdie genoemde luggolwe stuit, weerkaats dit net soos op `n waterspieël terug. Is daar hoë luggolwe, dan weerkaats dit die opgeneemde lig so nou en dan ook in die rigting van die aarde, en dit gebeur die maklikste as die son haar skynbaar nog onder die horison bevind, waarby haar strale in ‘n sekere sin van onderaf op die oppervlakte van die lugsee val. Daarom is hierdie opgewekte heen en weer swewende ligte niks anders as die weerskyning van die son nie, en hul beweeglikheid kom deur die luggolwe.
[6] Maar dat dit nou, terwyl die son nouliks nog `n handbreedte onder die horison staan, veral bo die baie helder wolkies te siene is, gebeur deurdat die luggolwe nou die lig van die reeds fel, deur die son beskynde wolkies opneem en daar in `n sekere sin mee stoei. - Wel, dit is die heel natuurlike verklaring van die verskynsel!
[7] Maar bowendien het die verskynsel ook `n geestelike betekenis, en in verstaanbare taal vir julle verstand is dit die volgende:
[8] Dink nou eers op hierdie manier aan die geestelike son! Die lig wat van haar uitgaan word deur die altyd golwende oppervlak van die geskape lewensee opgeneem, en dit speel met die lig, en daar ontstaan daardeur allerlei karikature, wat nog wel die matte lig afstraal, maar tewens elke spoortjie van die goddelike oervorm vernietig. Op soortgelyke wyse is die hele heidendom en nou ook Juda `n verwarring van al die suiwer goddelike.
[9] Maar wanneer julle `n kalm waterspieël sien waarin die son skyn, dan sal vanaf die waterspieël dieselfde majesteit en waarheid terug weerkaats word wat jy aan die hemel sien. En so het `n mens ook `n rustige hart nodig, vry van hartstogte, wat slegs deur algehele selfverloëning, nederigheid, geduld en suiwer liefde bereik kan word, sodat die ewebeeld van God in die gees van die mens net so suiwer en waar teruggekaats sal word soos die aardse son deur `n rustige waterspieël.
[10] As `n mens sover is, dan het alles by hom waarheid geword, en dan is sy siel in staat om haar blik in die dieptes van God se skepping te rig, en alles in die volheid van die suiwer waarheid te sien. Maar sodra dit in haar begin te golf, word alle oerbeelde vernietig en bevind die siel haar onvermydelik in die gebied van die bedrog en alle soorte en vorme van misleiding, en kan nie meer suiwer sien alvorens die volkome rus in God in haar ingetree het nie.
[11] En dit is die ware sabbatsrus in God, en daarom het God die vier van die sabbat ingestel. Die mens moet hom dan onthou van alle swaar inspannende arbeid, omdat elke swaar werk die siel noodsaak om haar kragte aan die liggaam te gee, wat haar dan prikkel. Dit bring die spieël van haar lewenswater in heftige beweging, waardeur sy die suiwer goddelike waarheid nie meer helder in haarself kan herken nie.
[12] Die egte sabbatsrus bestaan daarom uit `n verstandige onthouding van alle swaar arbeid. Sonder noodsaak moet mens nie daaraan meedoen nie, maar in noodgevalle is elke mens verplig om sy broer te help.
[13] Maar meer nog as om hom van alle swaar arbeid te onthou, moet elke siel alle hartstogte uitban! Want die hartstogte is die storms in die siel, dit woel die lewenswater om, en God se ewebeeld word dan in die siel net so verskeurd soos die weerkaatsing van die son op die golwe van die see. Die beeld van die son skitter wel op die golwe, maar hoe verwarrend! En as die storm lank aanhou, styg daar weldra swaar dampe op uit die bewegende see en vul die lug van die sielehemel met donker wolke. Dit verhinder die lig van die geestelike son om die lewenswater van die siel te bereik, - en die siel word donker, kan nie meer die egte van die onegte onderskei nie, en beskou die begogeling van die hel as `n lig uit die hemel.
[14] Maar so `n siel is dan ook al byna verlore! Slegs as daar storms, dit wil sê swaar beproewinge van bo, sou opsteek, wat die kwade wolke in die siel sou verjaag, en as die siel daarna dadelik deur die hou van die ware sabbatsrus haar lewensee tot rus sou bring, dan sou sy gered kan word - maar nie andersins nie!
[15] Kyk, dit is die geestelike betekenis wat vir elkeen bruikbaar is, wat hierdie mooie sonsopgang deur haar uiterlike verskynsels vir ons wys! Wie dit toepas op homself, sal in die Waarheid en in die Lig bly, en die ewige lewe sal hom ten deel val; maar wie hierdie les in die wind sal slaan, en geen rekening daarmee hou nie, sal vir ewig sterwe!"
|
|
|
|
|