Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Skepper en skepsel

40 Petrus en Nathaniël vra: "Maar Heer, ons het geen visgerei by ons nie, hoe moet dit dan? Sal ons vooruitgaan en by die vissers van die meer visgerei leen?"

[2] Ek sê: "Dit is nie nodig nie, maar wat jy wel nodig het, is jou geheue, wat elke oomblik skyn te vergeet dat Ek die Heer is vir Wie niks onmoontlik is nie! Bly daarom by die geselskap en gee tydens die visvangs uitleg aan die ou Josa en sy familie oor die krag en die mag van God, wat ook in die mens is!" - Na hierdie woorde van My trek beide hulle terug en dink daaroor na hoe hulle so blind kon wees om met so `n wêreldse vraag by My aan te kom. Selfs Josa sê aan hulle dat hy nouliks kon verstaan hoe hulle dit vir My kon gevra het!

[3] Nathaniël sê: "Vriend, ons is net soos jy nog mense, en as sodanig nog te veel aan die wêreldse verhoudings gewoond om te voorkom dat ons so nou en dan nog so iets oerdoms doen; maar in die vervolg sal ons meer spesifiek daarop let! Van ons jeug af was ons immers vissers gewees en as ons iets oor visse hoor, val ons gemaklik weer na ons ou beslommernisse terug, en dan vergeet ons die geestelike daarby. Maar nou is dit weer in orde."

[4] Ook Sarah kom na My toe en vra vir My of hulle mag saamgaan.

[5] Ek sê: "Vanselfsprekend; Ek organiseer dit dan juis vir jou! Jy is tog nog steeds My beminde! Waarom het jy dan nie vandag by die oggendete langs My gesit nie?"

[6] Sarah sê, terwyl haar stem van liefde bewe: "Heer, ek durf dit nie; dink U eers in, - die drie hoogste Romeinse bestuurders in U geselskap, en dan ek as arm meisie! Waar moes ek die moed vandaan kry?"

[7] Ek sê: "My liefste, tog het Ek maar al te goed aan jou gemerk dat jy baie liewer by My as waar ookal wou wees! O, vir My ontgaan daar niks van wat afspeel in iemand se hart nie en daarom hou Ek ook so besonder baie van jou!

[8] Maar sê My nou eers, allerliefste Sarah, hoe beval hierdie twee jongmanne jou? Sou jy die een of die ander nie eerder wil hê as vir My nie? Want kyk eers, Ek is uiterlik tog nie so mooi soos die twee nie!"

[9] Sarah sê: "Maar Heer, U wat vir ewig my enigste liefde is, hoe kan U dan nou so iets vra? Ek sou geen hele hemel vol duisend maal mooier engele wil hê vir één haar van U hoof nie, laat staan nog een van hulle in plaas van U, as die hele hemel vol liefde in my hart woon. Ook al is hulle hoe mooi, dan vra ek tog: Wie gee hulle hul skoonheid? U doen dit! Maar hoe sou U hulle hul skoonheid kon gee as dit nie eers in U gewees het nie!?”

[10] Sarah sê “U is vir my alles in alles, en ek sal U nooit verlaat nie, ook al sou U My al die hemele gevul met die glansrykste engele wou gee!"

[11] Ek sê: "Dit is goed so, so het Ek jou die liefste! Wie My liefhet, moet My geheel en bo alles liefhê, as hy wil dat Ek hom ook bo alles moet liefhê. Kyk, altwee die engele is sekerlik buitengewoon mooi, maar Ek is nou vir jou ook liewer as tallose skares van die suiwerste engele, en jy bly daarom nou maar onverbreeklik by My! Ek sê vir jou: jy is uit baie `n egte bruid van My! - Verstaan jy dit?"

[12] Sarah sê: "Heer dit verstaan ek regtig nie! Hoe kan ek nou U bruid wees? Kan Ek vir U dan dieselfde word wat my moeder vir my vader is? U is die Heer van hemele en aarde, en ek is slegs een van U skepsels; hoe sou die laagste haar met die allerhoogste kan verbind?"

[13] Ek sê: "Wel, dit gaan heel goed, en wel eenvoudig omrede jou gedagte laagste ook voortgekom het vanuit die allerhoogste - en dus ook by die Allerhoogste hoort.

[14] Ek is `n Lewensboom, en jy is sy vrug. Die vrug lyk uiterlik kleiner en onstandvastiger as die boom; maar in haar middel rus `n saad wat deur die vrug gevoed en rypgemaak is en in die saad lê weer bome van dieselfde soort, in staat om self dieselfde vrugte te dra, ook weer met lewendige sade, terwyl dit self uit één so `n saadjie voortgekom het.

[15] Daaruit kan jy dan ook heel eenvoudig vasstel dat die verskil tussen Skepper en skepsel in `n bepaalde opsig nie so besonder groot is as wat jy jou dit wil voorstel nie; want die skepsel is geheel en al die wil van die Skepper, wat beslis volkome goed en waardig is. As hierdie vrye wil, wat van die Skepper uitgegaan, en Sy beeld dra, self in sy vrye persoonlike bestaan erken wat hy eintlik is, en daarvolgens handel, is hy aan sy Skepper gelyk, en in die kleine volkome gelyk aan wat die Skepper in die oneindige grote is. Erken die deel wat deur die Skepper vrygelaat is egter nie wat hy is nie, dan hou hy weliswaar nie op om die een te wees wat hy is nie, maar hy kan die hoogste bestemming nie eerder bereik alvorens hyself nie ontdek het wat hy eintlik is nie.

[16] Vir sulke vrygelate wilsdeeltjies, wat 'mense (mense)' heet; om die herkenning van hulleself te vergemaklik, het die Skepper deur alle tye heen openbaringe, wette en leringe vanuit die hemele aan die mense gegee, en het nou selfs liggaamlik Self na die aarde toe gekom om die mense te help met die werk van selfherkenning, en wil vir hulle vir die toekoms meer lig gee, sodat dit vir hulle minder moeite sal wees as tot nou toe.

[17] Nou sal jy wel die verhouding tussen Skepper en skepsel tot mekaar, en tewens ook met weinig moeite verstaan hoe jy, omdat jy geheel aan My gelyk is, baie goed My bruid en My vrou kan wees, vir ewig verbonde deur jou groot liefde vir My! - Verstaan jy nou wat Ek vir jou uitgelê het?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205