Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 63

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die terugkeer van satan

63 Na hierdie advies van My vra Cyrenius wat uiteindelik met satan sal gebeur en of daar van sy kant ooit gedink word aan `n terugkeer.

[2] En Ek lê die volgende antwoord in sy hart: "Wat gebeur het is die volgende: Die verlorene word gesoek en die groot sieke word `n geneesmiddel gegee, maar sy wil bly vry en moet vry bly, want as sy wil belemmer word, dan sou dit beteken dat die hele, byna eindelose materiële skepping en al haar bestanddele in die hardste klip sou verander, waarin geen lewe moontlik is nie. Die algehele materiële skepping is die so ver moontlik geoordeelde groot gees en hy is daarby verdeel in tallose wêrelde, wat egter met hul oneindige aantal tog sy totale wese vorm. Maar uit die een wese word ontelbare van ontelbare wesens, soos die meeste mense van hierdie aarde, geneem en deur God se Krag, Mag, Liefde en Wysheid tot volmaakte, na God lykende wesens omgevorm, en dit is `n betroubare terugkeer van die een groot gees!

[3] As alle aardes en sonne egter in hulle volheid in mense opgegaan het, sal ook van dié een niks meer oorbly nie as slegs maar sy 'ek' wat dan in volkome eensaamheid hom na tye der tye sal moet omkeer, as hy hom nie wil prysgee aan `n ewige versmagting nie. Dan sal daar geen stoflike son en geen stoflike aarde meer in die ewige eindelose ruimte rondsirkel nie, maar orals sal `n wonderheerlike nuwe geestelike skepping met salige vrye wesens die eindelose ewige ruimte vul, en Ek sal altyd dieselfde God en Vader van alle wesens van ewigheid tot ewigheid wees en hierdie geluksalige toestand sal daarna nooit eindig nie. Daar sal een kudde, een skaapstal en een herder wees!

[4] Maar wanneer dit alles so sal word, is, in aardse jare gemeet, nie omskryfbaar nie! En sou Ek die getal meedeel aan jou, dan sou jy dit onmoontlik nie kon verstaan nie. En sou Ek die getal omskrywe deur te sê dat daar duisendmaal duisend periodes van duisend jaar sal verbygaan, waarby die aantal periodes gelyk is aan die getal van die korrels sand in die see en op die hele aarde, vermeerder met die getal van die aantal grassprietjies in alle lande en op alle berge van die aarde, vermeerder met die getal van alle druppels in die see, in alle mere en strome, riviere, berge en bronne, dan sou jy dit egter tog nie kon tel om sodoende die oomblik van die uiteindelike verlossing te bepaal nie!

[5] Wees daarom tevrede met die volgende: Streef jy slegs vóór alles na die Ryk van God en die ware Geregtigheid daarvan, dan sal jy na die dood van jou liggaam dadelik deur My opgewek word tot die ewige lewe, en in die ryk van die suiwer geeste sal duisend jaar verbygaan soos één dag!

[6] En, vriend, in My ryk wat gevul is met al die hoogste salighede, sal die Een wat jou nou hier oneindig ver weg beskyn, op `n salige ligte wyse en baie gou kom! Nou kan jy en geeneen van My leerlinge op hoogte gebring word van alle hemelse wysheid nie, maar oor etlike jare wanneer jy gedoop sal word met die heilige Gees uit God, dan sal hierdie Gees jou en alle andere inwy in alle hemelse wysheid. Eers dan sal jy alles heel duidelik kan sien, wat nou nog donker en verwarrend vir jou moet wees! - Maar bewaar dit wat nou aan jou geopenbaar is slegs vir jouself en laat niemand iets daarvan uitvind nie, want dit moet nog lank geheim bly!"

[7] Toe Cyrenius dit in hom hoor, is hy geweldig verbaas en sê na `n oomblik van intensiewe denke: "Dit was sonder meer U woord, wat ek nou as’t ware as `n woordevloed in my hart getrou en duidelik gehoor het. Moet die vermaning aan die einde egter wel so streng gehandhaaf word? Heeltemal betroubare, redelike en eerlik denkende en gelowige mense sou so iets tog wel - byvoorbeeld `n paar dinge daarvan losweg gesê - meegedeel mag word!? Want so iets sou tog geen mens kan skaad nie!"

[8] Ek sê hardop: "Ja vriend, dit wat jy innerlik ontvang het, skaad `n mens sekerlik nie, anders sou Ek jou dit nie meegedeel het nie. Maar as baie mense so iets van buite af sou ontvang, dan sou dit hulle geweldig skaad. Hoe en waarom - dit het My engele jou voldoende uitgelê, en daarom hou ons op daaroor, want ons het nog baie ander sake van groot belang om af te handel en dis voor-die-hand liggend baie meer noodsaaklik as hierdie vraag van jou, waarop die hele antwoord eers in die ewigheid sal moet rypword."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205