Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die menslike en die goddelike van Jesus

38 Toe rig Cyrenius hom tot beide engele en vra hulle hoe dit dan moontlik was. Maar hulle wys met hul hemelsmooie hande baie eerbiedig na My en sê met heldere en welluidende stemme: "Sy wil is ons bestaan, ons krag en ons snelheid! Uit onsself kan ons niks doen nie; as Hy wil, neem ons Sy wil in ons op, en kan dan daardeur alles doen. Ons skoonheid, wat nou al u aandag opeis, is ons liefde tot Hom, en hierdie liefde is niks anders as Sy wil in ons nie! As u egter net soos ons wil word, neem dan Sy lewende Woord in u hart op en volg dit vrywillig, dan sal u daardeur ook net soos ons die almagtige Krag en Sterkte van Sy woord in u hê. As Hy u dan sal roep om na Sy wil te handel, dan sal alle dinge moontlik wees, en u sal meer kan doen as ons, omdat u geheel en al uit Sy liefde ontstaan het, terwyl ons slegs nog maar uit Sy wysheid voortkom. - Nou weet u hoe maklik ons dit, wat u so verbaas het, kon gedoen het. Handel in die toekoms heeltemal volgens Sy woord, dan sal wonderbaarlike dinge ook vir u heeltemal moontlik wees!"

[2] Nou sê Cyrenius met groot oë: "Dus het ek dan tog gelyk as ek Jesus beskou as die enige God en Skepper van die wêreld!?"

[3] Die Engele sê: "U het wel gelyk, maar sê dit nie so hard nie! En as u Hom menslik vind, vererg u dan nie; want al die menslike sou nie menslik wees as dit nie in alle ewigheid voorheen goddelik was nie. As Hy Hom daarom vir tyd en wyl volgens u bekende en gewone maniere gedra, dan gedra Hy Hom nie op `n manier wat vir Hom onwaardig is nie; want elke vorm, elke gedagte was eers in Hom voordat Hy deur Sy wil `n vrye wil wat buite Hom bestaan het, begin aanneem en gevorm het. Daar is in die oneindigheid geen voorwerp en geen wese wat nie uit Hom voortgekom het nie. Hierdie aarde en alles wat in en op haar leef, is niks anders as Sy ewige, onveranderlike vasgehoue gedagte, wat deur Sy woord werklikheid geword het nie. As Hy hierdie werklike gedagte nou in Sy gemoed en wil sou laat val, iets wat vir Hom glad geen moeite sou wees nie, dan sou daar op dieselfde oomblik ook geen aarde meer wees nie en alles daarin en daarop sou haar vernietigende lot deel.

[4] Maar die wil van die Heer is nie soos die wil van `n mens wat jammerlik genoeg, vandag so en môre anders is nie. Die wil van die Heer is vir ewig dieselfde en niks kan hierdie binne die reeds eeue bestaande orde verander nie; maar tog heers daar binne hierdie orde die grootste vryheid en die Heer kan doen wat Hy wil, soos ook elke engel en elke mens. Dat dit so is sal u aan u eie wese en aan duisend ander verskynsels ontdek.

[5] U kan binne u persoonlike eie vorm doen wat u wil; slegs u wil is die enigste wat u daarby sal kan verhinder. Maar die persoonlike eie vorm self is beslis nie te verander nie, omdat dit in die vaste goddelike orde tuishoort.

[6] Ook kan u die uiterlike van die aarde aanmerklik verander; u kan berge laat afgrawe, riviere verlê, mere drooglê, en vir nuwe mere beddings laat grawe; u kan oor seë brûe bou en die woestyn met vlyt en moeite omvorm tot geseënde en vrugbare grond, kortom, u kan ontelbare veranderinge aanbring op die aarde; -maar u kan die dag geen sekonde langer, en die nag geen sekonde korter maak nie, en u kan die winde en die storms nie beheer nie.

[7] Die winter moet u verdra, en die hitte van die somer moet u duld, en u kan geen enkele skepsel, ondanks u wil, `n ander vorm en aard gee nie. Uit die lam sal u in ewigheid geen leeu, en uit die leeu in ewigheid geen lam verkry nie. Weet u, dit is alweer God se vaste orde waarbinne u wel `n groot vryheid van handeling gegee is, ofskoon u die grense van die eintlike orde van God geen haarbreedte kan versit nie.

[8] Maar hier by u is dié Een wat hierdie orde vir ewig gevestig het, en die enigste Een wat in staat is om haar weer op te hef, as Hy dit wil. Net soos wat u nou binne hierdie vaste orde van God is, wat in die eerste plek die basis van u bestaan is en die bestaan is van alles wat u omring, tog vry is om te dink, te wil en te handel, so is die Heer nog vryer en Hy kan doen wat Hy wil.

[9] Daarom sê ons u weereens: Vererg u nie as die Heer Hom in u teenwoordigheid as mens gedra nie, want die vorm het uit Homself voortgekom."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205