Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 42

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Aan die see. Die jongste dag

42 Toe vra baie wanneer die 'jongste dag' sou kom.

[2] Ek sê: "As die oue verby is, kom daar na die ou dag steeds `n jongste; en omdat Ek niemand op `n reeds verbygegane dag kan opwek nie, moet dit natuurlik op `n jongste dag gebeur, omdat `n ou dag wat reeds verby is, onmoontlik meer daarvoor gebruik kan word nie. Is elke nuwe dag wat die mens beleef nie `n jongste dag nie? Of kan iemand miskien nog `n jonger een beleef as die een waarop hy leef? Kyk eers, ons leef almal vandag tog seker op so `n jong moontlike dag! Want dié van gister kan geen jongste meer wees nie, en dié van môre het nog lank nie aangebreek nie. Daaruit is dit tog hopelik vir elkeen duidelik dat daar uiteindelik vir elke mens net soveel jongste dae is en moet wees as die aantal wat hy beleef het! Ek sê u dat u almal op die jongste dag sal sterwe en ook onmoontlik anders as op `n jongste dag uit die dood na die lewe opgewek sal word; en as `n mens, of alle mense dit moet deurstaan, dan sal dit ook onmoontlik op `n ou vergange dag kan gebeur, maar op die een of ander toekomstige, dus duidelik, jongste dag plaasvind! Watter een daarvoor bestem word, is nóg deur My, nóg deur die een of ander hemelse Gees vooruit bepaal; want daarvoor is elke komende dag volkome geskik en baie bruikbaar. - Verstaan julle dit nou?"

[3] Die vraendes trek hulleself `n bietjie verbouereerd terug en sê: "Werklik, die onderwerp is so helder soos glas, en tog stel ons so `n dom vraag!? Dit is so voor die hand liggend! As ons so dikwels oor die ou dae praat, dan moet daar ook jong en jongstes wees! Dit was tog baie dom van ons! Vanuit Sy oneindige Wysheid moet daar tog oneindig baie geduld wees om ons te duld!"

[4] Sarah sê met `n glimlaggie: "Ja, die Heer het regtig baie geduld met ons almal! Maar wat `n jongste dag is, en wanneer dit sal kom, dit het ek al in die wieg geweet. As iemand my dit gevra het, het ek altyd gesê: 'Môre sal die jongste dag kom!' Het julle dit werklik nie geweet nie?"

[5] Die vraers sê: "Ja, ja, ons was regtig so dom om dit nie te weet nie en het altyd `n verskriklike angs gehad vir so `n dag wat eendag moes kom! Nou weet ons egter wat dit beteken; maar nou skaam ons ons ook behoorlik dat iets wat vir almal so duidelik sigbaar was, ons kon ontgaan!"

[6] Ek sê: "Tel maar nie te swaar daaraan op nie; want dit is ook `n klip waaroor in die toekoms nog baie duisend maal duisende sal val, profeteer, voorskryf en aan die blinde volk sal predik.

[7] Maar laat ons nou eers sien hoe ons met die visse sal klaarspeel, want soos wat julle kan sien, staan ons al op die strand en genoeg vissersbote is hier vir ons gebruik aanwesig. Nette en ander nodige visgerei ontbreek ook nie, dus kan ons begin. Beide jongmans, waarmee Cyrenius nog baie entoesiasties in gesprek is, sal ook goeie dienste aan ons verleen! Laat ons dus maar dadelik aan die slag gaan!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205