Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 113

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Prys en liefhê

113 Die oudste suster, wat `n bietjie jaloers word, sê: "Jarah was nog altyd `n verliefderige tipe gewees en raak gou verlief op alles wat sy teëkom. Is dit dan `n wonder dat sy so tot oor haar ore verlief raak op `n knap man soos U?! Dit is regtig nie so `n groot prestasie nie! Dit sou ek ook wel kon doen, maar wat sou ek daaraan hê om nou die smoorverliefde Jarah, wat U heeltemal in beslag geneem het, teen te gaan?"

[2] Ek sê: "Kyk, jaloerse suster, as jy ooit ware liefde in jou hart gehad het, dan sou jy dit nie gesê het nie! Maar omdat die mense jou verwen, kan jy in jou hart nooit `n ware liefde of vertedering voel nie, en kan jy ook niks anders sê as wat jy nou gesê het nie!

[3] Kyk, Jarah het lief - en vra nie of die liefde wederkerig is nie! Vriend en vyand is vir haar dieselfde; sy is so oorgelukkig dat sy alles kan liefhê. Selfs die gedagte of die mens haar wel liefhet, het nog nooit by haar opgekom nie. Sy hou van jou en al haar broers en susters, eweneens van haar ouers, méér as wat almal van haar hou! Maar in julle liefde staan sy laaste, wat haar in haar groot liefde vir julle nog nooit gehinder het nie! Kyk, dit is waaragtig liefhê!

[4] As jy liefhet, verwag jy tienmaal soveel liefde terug! En word die liefde nie op hierdie manier beantwoord nie, dan word jy wrewelrig en kom daar allerlei verdagmaking in jou hart wat met eieliefde vervul is!

[5] Maar kyk nou eers na die liewe Jarah of sy ooit eens énige aanspraak op wederliefde gemaak het! Dit is dan ook die rede waarom sy My nou mag liefhê soveel as wat haar hart maar kan! Want slegs vir haar het Ek hierheen gekom, en vir haar sal Ek nog etlike dae hier bly, en dus het julle dit almal aan hierdie meisie te danke dat Ek hierheen gekom het en julle siekes en die hele plek genees het, en verder nog meer siekes sal genees.

[6] Want waar Ek kom, soek Ek die laagste en mees verdruktes! Maar alles wat in die oë van die wêreld groot en hooggeag is, is vir God `n gruwel! Probeer daarom so te wees soos die liewe Jarah, dan sal julle ook so digby My staan soos sy nou, geestelik en liggaamlik, in die tydelike en ook eendag vir ewig!

[7] As julle egter iemand prys, prys dan diegene wat egte lof verdien! As iemand wat geprys word, egter ydel word, prys hom dan nie meer nie, want die ydelheid is die saad van die hoogmoed, en dit is die gees van die satan!"

[8] Ebahl sê: "Maar Heer, as U my Jarah so prys in die teenwoordigheid van haar ander broers en susters, maak dit dan nie dat sy ydel sal word nie?"

[9] Ek sê: "Bekommer jou maar nie daaroor nie! Wie My eenmaal omhels het, sal nooit ydel word nie! Jarah, sê My eers of jy jou nou, omdat Ek jou so besonder liefhet, beter vind as jou broers en susters!?"

[10] Heel skugter sê Jarah: "O Heer, U is die enigste wat ek liefhet, daaraan kan ek niks doen nie en daar het my suster ook geen skuld aan nie! Ek sou egter wil dat U my vyf susters nog meer sou liefhê as vir my, want hulle is baie mooier en knapper as ek. Hulle noem my altyd lelik en dom, en dit verdien ek ook, want so mooi soos hulle is ek egter nie, en - nou ja - dom is ek regtig ook. Maar ek is nog jonk en sal nog heelwat knapper word as ek so oud word soos hulle!

[11] O, ek het heeltemal geen aanmerkings oor my liewe susters nie, want hulle leer my allerlei nuttige dinge, en hou almal baie van my, en met my hele siel en liggaam hou ek van hulle. Heer, wees weer hulle Vriend ! Want weet U, ek voel dadelik `n diepe smart as ek my susters verdriet aangedoen het, dan wil ek dadelik alles daarvoor gee om my liewe susters weer opgewek en bly te sien!

[12] Ek kan geen treuriges en geen ongelukkiges sien nie; ek sou liewer alle verdriet en al die ongeluk op my geneem het, as daardeur alle ongelukkiges en treurendes geseënd sou bly en opgewek sou wees! My allerliefste Heer Jesus, wees daarom teenoor my susters net so vriendelik soos met my, want hulle verdien dit ook!"

[13] Ek sê: "Ja, liefste Jarah, jou kan Ek natuurlik niks weier nie! Maar jou susters sien nou ook in waarom Ek jou so liefhet, en as hulle in hul harte heeltemal soos jy sal lyk, sal Ek hulle net so liefhê soos vir jou, bekommer jou dus maar nie!

[14] Want weet jy, net soos wat jy geen ongelukkiges en treurendes kan sien sonder dat jy hulle wil help nie, so het Ek ook die wens - slegs in `n nog baie groter mate - en daarby die almagtige onwrikbare Wil, om elke mens vir tyd en ewigheid te help!

[15] Dit is My bedoeling, My plan en My Wil om die verlorenes te soek, die siekes te genees, en almal wat gevange is te bevry, maar tog moet ook elke mens sy onaangetaste vrye wil behou. - Sê My, allerliefste Jarah, of My voornemens jou geval."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205