Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 123

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die geestelike dooies

123 Toe kom die owerste na My toe en vra My (Matthéüs. 15:1): "Heer, wie is die mense wat by U aan tafel sit?"

[2] Ek sê: "Dit is My leerlinge!"

[3] Die owerste vra verder: " Waarom oortree U leerlinge die gebruik van die oudstes? Hulle was nie hulle hande voordat hulle die brood eet nie!" (Matthéüs. 15:2)

[4] Toe staan Ek op, gaan skielik voor hom staan en vra hom ernstig: "Waarom oortree u dan die gebod van God ter wille van u eie reëls? (Matthéüs. 15:3) God het gebied: 'U sal vader en moeder eer! Wie vader en moeder vervloek, moet die dood sterwe!' (Matthéüs. 15:4) Maar u leer seun en dogter dat hulle teen hul ouers moet sê: 'As ek vir u, vader of moeder, in die tempel offer, dan is dit beter vir u as wanneer ek u steeds maar eer volgens die ou gebruik.' En teen so `n seun en so `n dogter sê u: 'So het jy goed gehandel! (Matthéüs. 15:5) - Maar wat is die gevolg daarvan? Kyk! Die gevolg is dat byna niemand nou meer sy vader en sy moeder eer nie! U het dus God se gebod opgehef ter wille van u eie reëls! (Matthéüs. 15:6) Wie gee u die reg daartoe? So iets kan u alleen maar doen omdat u nog nooit in God geglo het nie, want wie dood is, het geen gewete meer nie!"

[5] Nou meng die hoofman hom weer in die gesprek in en sê: "Ag, staan die sake nou so? O, daar moet ek `n baie spesiale aantekening van maak! Is julle sulke dienaars van God? Dit is dus die rede waarom julle die suiwer goddelike van ons Heer en Verlosser nie erken nie?! Julle god is dus alleen maar vóór alles julle maag, en ten behoewe daarvan julle goud- en silwersakke! Nou toe nou, nou het ek julle daar. Praat nou maar weer verder met mekaar!"

[6] Die owerste sê: "Ons is God se dienaars volgens die instelling van Aäron!"

[7] Ek sê: "O, ellendige huigelaars! Tereg het Jesaja oor julle geskryf en voorspel (Matthéüs. 15:7): 'Die volk nader My met hul mond en eer My met hul lippe, maar hul hart is ver van My af! (Matthéüs. 15:8) Hulle dien My tevergeefs, omdat hulle die volk voorskrifte gee wat slegs maar menslike gebooie is!'" (Matthéüs. 15:9)

[8] Die owerste sê: "Ons hef ter wille van ons reëls, wat ook heilsaam vir die mense is, die gebod van God nie op nie!"

[9] Ek sê: "Ek het dit u al aangetoon by die een gebod van God, wil u ook hoor hoe u alle ander gebooie van God met die voete vertrap en u reëls hemelhoog daarbo stel?"

[10] Die owerste sê: "Doen dit nie ter wille van die volk nie, want daar is baie van die volk hier!"

[11] Die hoofman sê: "Gee dan in die teenwoordigheid van die volk die verklaring aan die Heer, dat Hy juis volgens die wet van God leef en werk!"

[12] Die owerste sê: "Dit kan ons nou nie doen nie, dit kan slegs deur die gesalfde hoëpriester van die tempel gedoen word!"

[13] Die hoofman sê daarop: "Dit heet by ons Romeine: Ars longa, vita brevis! ('Die kuns duur lank, die lewe is kort!'), of te wel, mens wil om bepaalde redes die saak op die sogenaamde langebaan skuif, sodat hy niks hoef te doen nie. Dit sê ek julle openlik waar die volk by is, want vir `n Heer, soos wat Jesus van Násaret een is, sou julle beste getuienis nog veels te armsalig en sleg wees! As julle dit sou waag om in die tempel ook maar die een of ander foutiewe berig oor Jesus aan julle huigelagtige kollegas oor te dra, dan sal ek op dieselfde oomblik `n berig na die keiser in Rome laat gaan, en hom daarin haarfyn voorsien van honderd getuienisse, hoe julle en julle kollegas op julle bevel die berugte belastingroof uitgevoer het! Geen jaar later nie sal julle nes van die hel so verwoes wees dat `n mens dan bykans nie meer sal kan sien waar dit eens gestaan het nie! Dink wel daaraan! Want wat `n Romein sê, dit hou hy, ook al sou hemel en aarde daardeur ten gronde gaan 'Fiat iustitia, pereat mundus!' (Die reg geskied al sou die wêreld ten gronde gaan!) - Het julle my verstaan?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205