|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 56
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Verslag van Roban en Kisjonah
56 Na sonsondergang kom Roban, begelei deur Kisjonah uit Kis, by My huis aan en groet al van ver af elkeen wat hy teëkom. Kisjonah hardloop met ope arms na My toe, begroet My heel eerste baie hartlik met trane in sy oë en groet dan na `n oomblik sy dogter, wat lank sy hand vashou en met soene oordek. Aldus begroet hy ook sy skoonseun Cornelius, en hy verneem dat die luisterryke Romein wat langs My sit, die opperstadhouer Cyrenius is, en vra hom om vergifnis dat hy hom oor die hoof gesien het!
[2] Maar Cyrenius gryp die ontroerde Kisjonah se hand, druk dit teen sy bors en sê hardop: "Jy moet nie vir my nie, maar ek moet vir jou om vergifnis vra dat ek jou nie eerder gegroet het nie; maar my verontskuldiging is dat ek jou nie persoonlik geken het nie! Want behalwe aan die Heer Jesus, waaraan natuurlik slegs alle lof en alle eer toekom, is ek ook aan jou, troue opregte man, oneindige dank verskuldig, want onder alle mense van die streek het jy beslis die meeste daartoe bygedra dat ek uit `n moeilike situasie gered is, wat my andersins sekerlik die lewe sou gekos het! Dit doen my werklik heelwat genoeë om jou, my baie gewaardeerde vriend, nou persoonlik te leer ken."
[3] Kisjonah is nou weer heeltemal gelukkig en vertel ons baie oor wat hy in die tussentyd beleef het, en vertel ons daarna ook hoe hy saam met die opregte ou Roban, Sigar besoek het en daar met JonaEl, Jaïrus en heel dikwels met ArkiEl gepraat het, wat nou heeltemal gewoonweg as mens geleef en gewerk het, sodat `n vreemde nie eers in die verste verte daaraan sou dink dat hy `n suiwer geestelike wese is nie.
[4] So het hy ook dokter Joram en sy wonderlike, glansryke huis benewens sy liewe vrou besoek en van beide buitengewone wonderlike dinge gehoor. Roban was by alles die heeltyd oë en ore gewees en het hom grensloos oor alles verwonder. Op daardie oomblik toe hy heeltemal diep onder die indruk was, het hy nog by homself gesê: "Ja, ja, bloed en lewe vir die goddelike Heer uit Násaret! Want Hy kan geen mens wees nie, maar Hy moet God Self wees, anders sou Hy sulke dinge nie kon gedoen het nie!"
[5] Terwyl Kisjonah dit nog aan die vertel is, kom Roban na My toe en sê: "Heer, ek is U s`n, en geen mag behalwe U kan my van U skei nie!"
[6] Ek sê: "Ek het wel vooruit geweet dat jy Myne sou word; maar jy weet nog nie dat ook al jou broers en ampsgenote nou aan My behoort nie, sonder om op te hou om dit vir die wêreld te wees wat hulle eers was. Op dieselfde wyse sal jy ook voorlopig bly wat jy is, en wel net vir solank as wat die nuwe skoolowerste, wat oormôre die amp van Jaïrus sal oorneem, ingewerk is.
[7] Maar jou broers sal jou wel alles uitlê wat jy moet doen en sê, en hoe jy jou moet gedra teenoor die nuwe owerste. Hy sal in die begin weliswaar soos `n nuwe besem vee, maar binne `n halfjaar sal julle vir geld alles met hom kan doen, want hy glo nie aan die tempel nie, maar voorlopig slegs aan geld, later sal hy wel in staat wees om in iets beters te glo. - Gaan nou egter na jou broers en vertel hulle alles wat jy gesien en gehoor het!"
[8] Na My woorde neem Roban afskeid van Kisjonah, dank hom vir al die goeie dade wat hy aan hom bewys het en sê dan: "Ek glo nie dat daar op die wêreld nog baie Kisjonah's te vinde sal wees nie! Daarom is jy die enigste wat my hart geraak en gevind het! Die Heer seën julle vir al die goeie wat julle aan my en duisend ander bewys het!" - Na hierdie woorde buig hy diep voor ons en gaan vinnig na sy broers, wat vandag nog in die sinagoge byeen was - egter sonder die slapendes, wat kort na ons vertrek uit die sinagoge verwyder is. Hy word verrassend vriendelik ontvang, en hy vertel almal vrolik en opgewek onder baie verbaasde uitroepe alles wat hy beleef, gehoor en gesien het.
[9] Ons is egter ook in `n goeie gemoedstemming, want Kisjonah het nie met leë hande gekom nie, maar vergesel van `n aantal volbloed lasdiere met hul begeleiers, en hy het wyn, meel, kaas, brood, heuning en `n groot hoeveelheid uitgelese gerookte visse saamgebring, sodat moeder Maria skaars plek gehad het om al die saamgebragte goedere op te berg.
[10] Daarom word daar vir `n buurman gevra om die oorskot sorgsaam in sy groot stoorkamer op te neem, wat hy ook doen, hoewel dit nie soseer uit vriendelikheid was nie. Hy was altyd `n hebsugtige vrek. Maar omdat Kisjonah hom nou `n paar goue stukke vir sy moeite en behulpsaamheid beloof het en gee, word hy dadelik goedgesind en buitengewoon gedienstig. Met die dra van die sak stoot hy dit egter, omdat dit al behoorlik smerig geword het, `n keer hard teen leerling Johannes vas. Dié sê vir hom: "Vriend, wees versigtiger in jou betaalde ywer, anders veroorsaak jy vir jouself en ander skade! Dit sou goed vir jou wees as jy vir die Ryk van God, waarby jy so naby gekom het, so ywerig sou wees as vir die twee ellendige goudstukke, en daarby sou jy jou teen niemand gestamp het nie! O die groot blindheid van die wat die Allerhoogste nooit kan en wil herken nie!"
[11] Maar die buurman laat nie sy aandag aflei nie, hy doen sy afgesproke werk en bekommer hom oor niks verder nie.
[12] Toe vra Johannes: "Heer, hoe is dit moontlik dat `n mens soveel stompsinnigheid in sy liggaam en siel kan hê?"
[13] Ek sê: "Laat hom gaan! Van sy soort is daar nou talle duisende in die Judese land, wat selfs meer bot en eiesinnig as `n esel is! Daarom kry hy ook slegs die loon van `n esel!"
[14] Dit veroorsaak `n gelag by die geselskap, wat nog verder aangewakker word deur Philopold met sy gevatte opmerkings, waarmee hy aantoon dat `n mens meestal alles beter sien as nou juis diegene waar hy met sy neus bo-op sit! En elkeen bewonder sy buitengewone welsprekendheid.
[15] Maar na die voorval staan ons van die tafel af op en begeef ons weldra ter ruste.
|
|
|
|
|