|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 225
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Die mag van erflikheid
225 '"Hoe kan dit egter erflik wees?' – kan `n mens vra. O, baie maklik, veral by die organiese sielvorming. Wat sy eenmaal opgeneem het, kan sy duisende jare behou as dit nie deur die gees in haar weer heeltemal in orde gebring word nie. Kyk eers na die tipe mense binne `n volk! As Ek julle nou die gestalte van sy oerstamvader laat sien, sal julle almal baie gou beaam dat daar `n belangrike ooreenkoms bestaan met al sy nakomelinge. As die stamvader `n goeie en meelewende man was en sy vrou ook, dan sal daarna, op `n paar uitsonderinge na, daardie hele volk meelewender en beter wees as `n volk met `n opvlieënde, trotse en heerssugtige stamvader.
[2] As `n geringe, uitwisbare trek van `n oerstamvader fisies en moreel nog na `n paar duisend jaar by al sy nakomelinge baie goed te herken is, hoeveel te meer dan `n karaktertrek van die eerste mens op aarde in al sy nakomelinge. Want sy siel was in die begin baie ontvankliker en daardeur baie gevoeliger as die latere siele, by wie die merkteken van die vader, dadelik by die verwekking, in die stroom van die lewensaad ingeprent word, en vervolgens op die natuurlike weg nie meer uitgewis of selfs vernietig kan word nie. Jammer genoeg vervorm daardie litteken die siel baie, en God het altyd alles aangewend om `n siel self die moontlikheid te gee om daardie kwade litteken vir altyd te laat verdwyn. Maar dit wou tot op hede nie so baie goed slaag nie, en Ek het nou Self daarvoor na hierdie aarde gekom om daardie ou onaangename litteken uit te wis.
[3] En Ek sal dit ook uitwis; maar dit sal gebeur deur die talle wonde wat in My liggaam geslaan word. Dit kan julle egter nou nog nie verstaan nie. As dit sover gekom het, sal julle dit óók verstaan, en die Heilige Gees van alle Waarheid sal julle dan daarby in alle Wysheid lei.
[4] Julle het tog ook in Moses gelees hoe hy praat oor die vloek van JaHWeH oor die aarde, en dat daar staan: 'In die sweet jou aanskyn sal jy verder jou brood verdien!' En dan staan daar oor die aarde ook dadelik na die vloek: 'Dorings en distels sal jy dra.'
[5] Kyk, as jy dit letterlik sou wou neem volgens wat die woorde weergee, dan sou jy, tenminste as dit ook werklik so letterlik bedoel was, die volste reg gehad het om God van `n domheid te beskuldig! Maar omdat so `n uitspraak maar alleen sielkundig (psigies) en eintlik geestelik opgevat moet word, verval die beskuldiging vanself. Die mens is altyd self daarvoor verantwoordelik as sy bestaan moeiliker word, soos wat hy dit ook aan homself te wyte het as daar in `n bepaalde land die oes dikwels slegter is as wat dit normaalweg sou moes wees, want die weersgesteldheid hang nie heeltemal van die wil van God af nie, maar ook van die wil van die mens.
[6] As `n siel eers eenmaal in haarself heeltemal bewus is en met die gebruik van haar verstand sover kom dat sy in haarself die orde van God goed kan sien en herken, dan moet sy vervolgens ten behoewe van haar verstewiging self handelend begin optree volgens die orde van God wat in haar bestaan en herken kan word. Doen sy dit egter op `n bepaalde punt nié, maar laat sy dit na, of doen sy in die plek daarvan iets heeltemal teenoorgesteld, dan is dit duidelik dat sy haar op daardie betreffende punt `n skade toebring wat nie maklik uitwisbaar is nie. Uit haarself kan sy haar nooit weer daarvan bevry nie, omdat die gevolg is dat haar werksaamheid min of meer in die war raak. En in die loop van tyd ontstaan daaruit vanself steeds meer beperkinge van die siel, soos: allerlei blindheid, domheid, onverstandigheid, swak begripsvermoë, vrees, moedeloosheid, treurigheid, angs, ergernis, toorn, woede en uiteindelik selfs vertwyfeling.
[7] Wel, dit is nou die 'dorings' en 'distels', wat die 'aarde', dit wil sê die verminderde verstandelike vermoëns van die siel self in haar laat opgroei het, as parasiete op die origens gesonde takke van die bome!
[8] Die 'vloek van God' is niks anders nie as die geskenkte verhelderde insig aan die siel wat haarself bederf het, dat sy haar in werklikheid self in weerwil van die orde bederf het, en dat sy daarom slegs deur eie skuld verder haar brood in die sweet van haar aangesig sal moet soek.
[9] En die 'sweet van die aangesig' is niks anders as die alreeds besproke sorge-litteken van die siel nie, wat sy haarself deur die genot van die Mosaïese appel toegebring het; iets wat sy ook baie goed kon vermy het."
|
|
|
|
|