|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 136
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Engele se magte
136 Vervolgens lei die engel Jarah na al die sye van die berg en hy oortuig haar daarvan dat die berg weliswaar nie laer geword het nie, maar aan alle kante tog sonder enige gevaar bestyg kan word, veral aan die seekant, waar dit heel geleidelik afloop.
[2] Toe Jarah haar daarvan oortuig het, sê sy: "Die geheel is so wonderbaarlik, dat ek my sintuie begin te wantrou, en sou begin dink dat ek ook slaap en droom! Vertel my tog nou iets oor hoe u dit doen! So ver het u die hele see opgehef en vry soos `n swewende druppel in die lug gehou, en nou het u die steil berg na alle kante toeganklik gemaak, en dit het u alles in `n oogwink gedoen! Hoe, hoe kry u dit reg? U het u plek geen oomblik verlaat nie, en tog is dit alles gedoen! - Ag, dit is tog te veel vir `n arme erdwurmpie soos ek!"
[3] Die engel sê: "Jy kan dit natuurlik nou nog nie verstaan nie, maar binne `n kort tyd sal dit alles glashelder vir jou word. Voorlopig kan ek jou wel soveel sê dat ons engele niks uit onsself kan doen nie, maar alles enkel en alleen doen deur die almagtige Wil van die Heer, wat jy so besonder liefhet.
[4] Kyk, die hele wêreld en alle hemele is slegs gedagtes en idees van God wat deur Sy almagtige, onwankelbare vaste Wil vasgehou word. As Hy Sy idees nou terugtrek en Sy gedagtes loslaat, vergaan die sigbare geskapene op daardie selfde oomblik. Dink Hy egter iets nuuts en hou Hy dit met Sy almagtige Wil vas, dan is die geskapene ook vir elkeen sigbaar aanwesig!"
[5] Jarah vra: "Ja, maar wat bly daar dan vir u nog oor om te doen?"
[6] Die engel sê: "Ons is suiwer ontvangstasies vir die goddelike Wil en vervolgens dra ons Hom uit! Kyk, ons is in `n sekere sin die vleuels van die goddelike Wil en sodoende is ons eintlik die goddelike Wil self. `n Nog so geringe gedagte van ons - as ons hom verbind met die Krag van die goddelike Wil - is voldoende en dan is `n werk ook al gedoen, daarom handel ons so vinnig!
[7] Sien jy daar in die ooste die helder ster hang? Kyk, as daar van hier tot daar `n gebaande weg sou lei, dan sou die aarde nie genoeg van die allerkleinste sandkorrels hê om die jare aan te gee wat `n voël nodig sou hê om die ster te bereik nie, laat staan nog `n mens wat hardloop. Maar vir my is dit moontlik om in `n oomblik daarheen te gaan en weer hierheen terug te kom! Jy sal my afwesigheid glad nie merk nie, en tog sal ek daarheen gaan en weer hier wees! - Glo jy my?"
[8] Jarah sê: "Waarom sou ek dit nie glo nie? Maar om my daarvan te oortuig kan ek natuurlik nie, want ek wil en kan nie met u so `n reis daarheen meemaak soos voorheen na benede na die seebodem nie!"
[9] Die engel sê: "Waarom dan nie? Is alle dinge dan nie by God moontlik nie? As die Heer dit goedvind, dan is dit vir my niks nie! Dat jy niks sal oorkom nie, daarvoor staan ek in en al die tallose, stralende engele wat jy hier rondom jou sien, staan ook daarvoor in!"
[10] Jarah sê aan My: "Heer, is dit regtig moontlik?"
[11] Ek sê: "In die hande van hierdie engel, ja! As jy wil kan jy jou aan hom toevertrou en in `n paar oomblikke sal jy weer behoue hier by My wees, neem egter vir jouself daarvandaan `n aandenking saam!"
[12] Na hierdie woorde gaan Jarah na die engel en sê: "Kyk, ek is nie bang nie, as u kan, dra my dan daarheen!"
[13] Toe tel die engel vir Jarah van die grond af en druk haar stewig aan sy bors en verdwyn. - Na tien sekondes was hy weer met Jarah terug met in haar romp `n steen, wat onbedek so straal, soos die môrester straal wanneer sy haar mooiste lig gee.
[14] Toe Jarah `n bietjie van haar verbasing herstel het, vra sy vir My: "O Heer, is al die ontelbare sterre dan net so eenders soos hierdie ster, wat ek nou regtig met my eie oë of met my geestelike oë gesien het? Want dit is `n reusagtige wêreld! Hierdie wêreld lyk nou vir my, vergeleke by daardie een, so klein soos `n slakkehuis ten opsigte van hierdie berg! Mense, heel volmaakte mense, wat in onuitspreeklik groot en wonderheerlike geboude tempels woon, is ook daar in die oorgrote glansryke wêreld. Maar die mense is so groot, dat hulle, as hulle onder by die see sou staan, die berg minstens drie maal sou oortref. En so is in die wonderwêreld alles talle duisende maal duisend maal groter as hier!
[15] Ons staan op `n baie hoë berg en sien aan alle kante `n onafsienbare vlakte. Dit was na alle kante deursny deur die pragtigste riviere, waarvan die golwe geskitter het soos die steeds wisselende heldere kleure van `n reënboog. Op die vlakte was daar pragtige tuine en tempels. Die volgende oomblik bevind ons onsself al onder by die tempels en sien daar die groot mense en hul nog baie groter woontempels. Op `n afstand is dit `n genot om hierdie mense te sien, maar digby lyk hulle soos wandelende berge! Ja, ek sou al `n redelike lang leer nodig gehad het as ek maar teen die kleinste van hierdie mense sou wou opgeklim het!
[16] Kortom, ek sou my lewe lank aanhoudend kon praat oor wat ek daar in die paar oomblikke gesien het, maar dan sou ek in die tyd wat U, o Heer, vir iets beters bestem het, onnodige dinge praat! Maar nou sal ek graag van U af wil hoor of al die tallose sterre ook sulke wêrelde is soos dit wat ek gesien het!"
[17] Ek sê: "Ja, My kindjie, en nog baie groter en baie mooier! Maar glo jy nou regtig dat jy in hierdie paar oomblikke met liggaam en siel op dié ster was? Vertel My eers!"
[18] Jarah sê: "Heer, my liefde en my lewe. Die vlug het ons in vier kort tydperke gemaak. En tot aan die vierde tydperk sien die ster, wat ek nou nog baie goed kan sien, steeds onveranderd uit as `n ster, maar in die vierde tydperk word hy so groot soos ons son oordag. Daarna duur dit nog enkele oomblikke en toe is ons op die pragtige wêreld. Van die berg af, waar ons eerstens op die top gestaan het, raap ek op aanbeveling van die engel `n steentjie op - dit is hierdie stralende hopie - en neem dit saam hierheen as bewys dat ek regtig daar was. Meer kan ek U as bewys van my werklike aanwesigheid op hierdie plek nie laat sien nie."
|
|
|
|
|