Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 187

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Plesiervaart op see

187 Toe ons by die oewer kom, trek die seuns dadelik die grootste en beste skip na ons toe en ons gaan in die skip op die klaargesette banke sit. Altwee seuns neem die roeispane en roei ons vaartuig taamlik vinnig van die oewer af weg. In My skip was daar behalwe Ek, Cyrenius, Josoë, die ou Markus en Petrus, Johannes en Jakobus. Al die ander leerlinge volg ons na op die ander skepe, asook die hofhouding van Cyrenius. Maar in ons skip lê die groot visnet ook op goeie vissersmanier opgevou.

[2] Toe ons ongeveer vyf veldweë van die oewer verwyderd was, vra Markus: "Heer, sê ons waar ons die net moet uitgooi!"

[3] Ek sê: "Dit sal Ek wel op die regte oomblik doen, maar nog nie nou en hier nie! Ons is nog geen half uur op die water nie en wil daarom nie dadelik die rus daarvan verstoor en haar geeste wek nie, wat ons vervolgens baie sou kon pla. Maar meer na die weste en nader aan die veilige oewer sal ons die net wel uitwerp. Nou sal ons niks anders doen as net rus met die rus van die see. As iemand van julle egter iets wil weet, dan staan dit hom vry om dit aan My te vra."

[4] Cyrenius sê: "Wat my van die gesin van Markus veral opval, is dat sy vier oudste dogters tesame net soveel krag het om te roei as sy twee, jy kan wel sê, reusagtige sterke seuns! - Markus, jy was ook wel `n bietjie van `n atleet, maar jou seuns het jou tog ver oortref!"

[5] Markus sê: "Ja, maar nou kom hulle krag vir my ook ietwat buitengewoon voor, want hulle roeispane trek so kragtig en onvermoeibaar dat die skip asof deur die wind gedrewe oor die see oppervlak gly. Helaas, met hierdie snelheid sou mens binne `n halwe dag in Kis of selfs in die buurt van Sibara kan kom, waar jy andersins tog sekerlik twee dae voor nodig sou hê! Tot by Genesareth sou mens so in `n paar uur kom, en tot by Jesaira in vier.

[6] As my ou oë my nie bedrieg nie, ontdek ek nou ook reeds die hoë berg wat van hier uit die stad Genésaret aan die linkersy grens! Hy sien daar wel heel blou en dus veraf uit - maar dit sê niks, ons snelheid laat weldra elke nog so blou uitsiende verte wyk! Maar die onvermoeibare krag van beide my seuns kan ek nie genoeg bewonder nie! U het daar, o Heer, seker ook met U almagtige heilige wil die hand in die spel!?"

[7] Ek sê: "Ja, beste vriend Markus, Ek moet met My wil orals, waar daar `n in wording, wese en bestaan is, van die grootste tot die kleinste, sê maar oneindig gevarieerd die hand in die spel hê. Anders sou die eindelose ruimte maar al te gou sonder wesens wees; en dus is dit bes moontlik dat My wil hom nou met jou seuns besig hou."

[8] Toe sê die die drie leerlinge wat op die skip aanwesig was, aan mekaar: "Dikwels is daar tog iets vreemds met ons Majesteit en Heer! So nou en dan praat Hy heeltemal as die enige Majesteit van hemele en aarde, en dan gedra Hy Hom ook so, maar by ander geleenthede is Hy heeltemal mens en laat van Sy goddelikheid niks merk nie! Alles wat Hy sê en doen is weliswaar onbegryplik wys, maar dat Hy Hom desondanks al Sy goddelike Mag en Wysheid binnekort deur die fariseërs te Jerusalem ten dode toe moet laat mishandel, dit sou mens tog sekerlik nie wys kan noem nie! Want watter baat sal die mensdom uiteindelik hê deur so `n mishandeling? Dit sal daarmee op `n dwaalspoor raak en sal sê: 'Kyk nou tog na die lot van die Magtige: Hy het tog uiteindelik nog ten offer geval van die nog sterkere! Hy, wat die dooies opgewek en berge verplaas het, sou tog ook in staat moes gewees om met één Woord die tempelknegte te vernietig!?'

[9] In Noag se tyd moes die hele mensdom ondergaan, behalwe Noag en sy klein familie; en tog was die mense toe nog lank nie so sleg soos wat hulle nou oor die algemeen is nie. En omdat die meeste van die mense nou al so sleg en verdorwe is dat dit haas nie erger kan nie, wil Hy Hom nou nog Self ook deur hulle laat mishandel, in plaas daarvan dat Hy hulle harder as ten tye van Sodom en Noag moet straf! Kortom, baie van wat Hy in goddelike opsig doen is nog meer onverstaanbaar as die groot onbekende!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205