Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die Heer lê `n teks van JeshaJaH uit

17 Toe Ek die skool binnekom, sit daar ongeveer tien oudstes van Násaret met `n aantal fariseërs en skrifgeleerdes aan `n groot tafel en behandel juis die verse uit JeshaJaH, wat so lui: 'Was en suiwer julle; laat My julle slegte aard nie meer sien en sondig nie meer nie! Leer om die goeie te doen, streef na regverdigheid; help die onderdruktes, wees regverdig vir die wese en `n voorspraak vir die weduwees! - Kom dan en laat ons met mekaar die saak uitmaak, spreek JaHWeH. As julle sonde bloedrooi was, sal dit tog sneeuwit word, en as dit roserooi is, sal dit tog soos wit wol word. As julle My gehoorsaam is, dan sal julle eet van die goeie van die land. Weier julle egter en is julle My ongehoorsaam, dan sal julle deur die swaard vergaan; want so spreek die Mond van JaHWeH! - Hoe gebeur dit egter dat die vrome stad `n hoer geword het? Sy was vol regverdigheid, en geregtigheid woon daarbinne, en nou woon daar moordenaars! Julle silwer het skuim geword en julle drank is met water vermeng. Julle vorste is afvallig en hulle verkneg; hulle belustig hulle met geskenke en neem graag gifte aan; aan die wese doen hulle egter geen reg nie, en die aansprake van die weduwees behandel hulle nie! Daarom spreek JaHWeH, die Heer van die Skeppingsleërmag, die magtige in Israel: O wee, Ek sal My troos deur My vyande, en wreek deur My vyande!” (JeshaJaH 1:16-24) Hulle bespreek die betekenis van hierdie verse en dit word nie vir hulle duidelik nie.

[2] Toe kom Ek na vore en sê vir hulle: "Wat peins julle daaroor, terwyl dit tog so helder as die middagson en aan julle dade te sien is? Kyk na julle wese, julle weduwees! Hoe gaan dit met hulle? In plaas daarvan om vir hulle te sorg, neem julle dit wat hulle nog het, ook af; en die arme wese verkoop julle as slawe aan die heidene, soos wat julle dit enige dae gelede langs `n verborge weg wou doen en sou gedoen het, as die tollenaar Kisjonah julle daarby nie sterk verhinder het nie.

[3] Die Heer sê: ‘Wel, kom en laat ons met mekaar `n dispuut verklaar! As julle sonde bloedrooi is, sal dit tog sneeuwit word, en as dit purperrooi is, sal dit so wit soos wol word!' - maar dan vra Ek: wanneer en onder watter voorwaarde? Hoe is dit met julle en met die vrome stad wat ook 'die stad van God' heet? Hoeveel sonde van die allergrofste en ten hemel skreiendste soort is al daarin begaan en hoeveel word daar nou begaan!?

[4] 'Was en suiwer julle en laat My julle slegte dade nie meer sien nie!' sê JaHWeH deur die mond van die profeet. Wel, julle was julle liggame sewemaal per dag en julle suiwer julle klere en julle maak twee tot drie keer per jaar die grafte van julle gestorwenes wit; maar julle harte bly verstar, en sit vol vieslikheid, en daardeur kom dit dat julle soos gewitte grafte lyk, deurdat dit van buite versierd en skoon daar uitsien, maar is van binne vol walglike geur, vol doodsbeendere en vol stinkende slyk!

[5] Die profeet praat oor die suiwering van julle harte en vermaan julle om met julle sonde weg te doen voor die alsiende Oog van God; maar julle het hierdie betekenis nog nooit in julle harte opgeneem nie en daarom reinig julle slegs julle velle en julle laat julle harte ondergaan deur al die smerigheid van die hel! O onhebbelikheid van die hel, wie het julle dit ooit geleer?!

[6] Natuurlik sê julle: 'Die bok, wat Moses en Aäron voorgeskryf het, word tot op die uur elke jaar belas met die sonde van die hele Israel, vervolgens geslag en in die Jordaan gewerp!' (Levitíkus 16) O julle blindes! Wat kan die bok daaraan doen dat julle steeds meer sondig en julle julle harte nie wil verbeter nie?

[7] Hierdie handeling was slegs figuurlik bedoel, en julle moes lankal daaruit geleer het dat die bok slegs maar julle slegte, wêreldse luste voorstel, soos julle hoogmoed, wat soos die bok afstootlik is en buitengewoon stink, ook julle hoerery en julle smerige gewoontes, julle inhaligheid en nyd en julle afguns! Soos met die vernietiging van die sondebok moet julle vir altyd die luste van julle harte vernietig, dan sou julle wesenlik volgens die gebod van Moses en Aäron gehandel het en dan sou julle diens ongetwyfeld seën gedra het! Maar nou het julle wel die bokke gedood, wat nutteloos vir julle was, maar julle het julle met sonde gevulde harte gehou; daarom het JaHWeH Sy bedreiging uitgevoer en sal dit later nog verder uitvoer as die maat van julle boosheid sal vol word.

[8] Dit is mooi dat die heidene nou aan die volk geregtigheid moet verskaf en vir haar weduwees en wese moet sorg! Maar daarom is dit ook waar wat die profeet sê: 'Ek sal My troos deur middel van die vyande, die heidene, en sal My deur hulle wreek!' Waar het julle mag gebly en waar het julle krag heen gegaan? `n Klein aantal heidene heers oor die eens so magtige volk van God! Foei, wat `n ewige smaad en skande! Die kinders van die slang is wyser en meer regskape as julle, as kinders van die lig.

[9] Daarom sal ook hierdie heilige grond binnekort aan die heidene oorgelewer word, en julle sal voortaan geen land en heeltemal geen koning hê nie; maar julle sal vreemde tiranne as slawe dien, en julle edele dogters sal deur die heidene en die knegte van die heidene beken word, en hulle vrug sal gehaat word as die gebroedsel van slange en adders!

[10] Met behulp van die profeet, wat vir julle harte geskryf het, bespreek julle hoe julle die uiterlike skyn van die waardelose handeling van die was en reiniging van julle liggame, klere en grafte sou kon oppoets, sodat die seremonie nog groter gawes kon realiseer; maar julle kan julle nie voorstel wat voor God welgevallig is nie! O, slegte knegte van die duiwel! Hóm dien julle met julle seremonies en daarom sal julle ook eenmaal die loon in die poel by hóm ontvang, soos wat julle dit altyd verdien het.

[11] Die liggaam was `n mens, as dit nodig is, twee, of driekeer per dag, en mens was die klere as dit vuil word; want dit het Moses vir die gesondheid van die liggaam beveel. So bedek `n mens ook die grafte met `n handdikte leemgrond en maak hierdie leemafdigting, as dit droog geword het, elke keer wit met goeie kalk, sodat daar geen skeure in kom nie, waardeur veral in die eerste jare van die verrotting, die skadelike dampe verhoed word om maklik te kan opstyg en allerlei skadelike siektes aan mense, diere en plante aan te rig.

[12] Sien julle - dáárvoor moet `n mens die grafte witkalk, dit kan `n kind tog verstaan! Hoe wil julle dan daarvan `n godsdienstige handeling maak?! O dwase en narre! Watter nut sou die siel van die gestorwene dan daarvan hê?!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205