Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 78

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die hemelse wysheid of die duiwelse leuen

78 Josoë sê met `n vrolike laggie: "Heer, ek glo dat dit baie eenvoudig is! Oom Jaïrus moet my na die huis van my ouers bring, wat sekerlik nog oor my sal treur. Hulle sal verwonderd groot oë maak as hulle my sien, omdat ek net so baie na hulle Josoë lyk soos die een oog op die ander. Jaïrus kan dan sê dat ek `n vondeling is, wat selfs eenders heet as die gestorwene, en dan sal my ouers my sonder meer in die plek van hul kind opneem en nog meer van my hou as van hulle Josoë. Bietjie vir bietjie kan hulle dan deur allerlei terloopse opmerkings die volle waarheid te wete kom, en ten slotte sal hulle dan tog moet glo dat ek hul ware seun Josoë is. Maar U, o Heer, kan bepaal hoe gou hulle die volle waarheid mag hoor. -Is dit so goed, o Heer?"

[2] Ek sê: "Die hele idee is gladnie nie so gek uitgedink nie, beste Josoë, maar daar is `n komplikasie wat hom nou voordoen, en wel dat daar duidelik gelieg sal moet word, en elke leuen kom uit die bose en veroorsaak weer boosheid. Kyk, `n vondeling is jy duidelik nie, hoe sal jy dit dan later vir jou ouers en God regverdig?"

[3] Die jongeling sê: "Heer, as U glimlag, is dit sekerlik `n goeie teken, en voor U is ek dan geregverdig soos wat Jakob eens met sy hande wat in lamsvel gewikkel was teenoor sy blinde vader Isak was! Kyk, Heer, dit was tog `n groter leuen as myne, as ek as vondeling na my ouers toe gebring word, en tog was Jakob se seën as eersgeborene deur God as regverdig aangeneem! As God egter toe `n duidelike bedrieëry, `n aanwysbare leuen, met barmhartige en seënende oë kon aanskou, dan sal die huidige vondeling Josoë hom tog nie teenstaan nie, aangesien hy bowendien tog `n egte vondeling is soos waarvan daar geen tweede is op die hele groot aarde van God nie! Daarmee bedoel ek, my God en my Heer, dat daar op hierdie aarde wel niks so verlore is as iemand wat gesterf het nie; daarom sou daar in die waarste sin van die woord niks wees wat meer 'gevind' is as `n ....- Heer, U verstaan wel wie ek hier bedoel!"

[4] Ek sê: "Dit het jy goed beredeneer! Ek het wel geweet dat jy `n goeie rede sou vind, maar nou sou Ek ook nog van jou wou hoor hoe jy jouself aan jou ouers met allerlei terloopse opmerkings en ten slotte as die egte Josoë sal voorstel."

[5] Josoë sê: "O Heer, dit is tog baie maklik! As ek eenmaal in die huis is, sal ek geen moeite daarmee hê om my net so te gedra soos wat ek myself vroeër gedra het nie. Geleidelik aan sal ek na bepaalde dinge vra soos wat ek dit vroeër gedoen het, ek sal ook my speletjies opsoek en die op die bekende manier gebruik. Dit sal my ouers sekerlik kan sien en ten slotte sal hulle moet sê: 'Dit is ons Josoë, wat miskien deur Borus met sy geheime middele uit die graf opgewek is en in die loop van tyd tot nou toe heeltemal genees is!' En voorlopig sal ek hulle met hierdie mening laat. Op die geskikte oomblik sal hulle wel die waarheid verneem, en volgens my sal dit die beste wees om dit so te reël."

[6] Ek sê: "Maar daar sit ook weer `n leuen in! Want om iemand opsetlik in die duister te laat, is dieselfde as om vir iemand te lieg! Hoe sal jy jou dan daarvan kan skoonwas?"

[7] Josoë sê: "Heer, dit is altyd en ewig `n goeie teken as U glimlag terwyl U vrae stel; ek dink egter dat daar twee heel verskillende soorte leuens is. As mens iemand opsetlik en kwaadwillig `n leuen as `n betroubare waarheid opdis, dan is en bly dit `n sataniese verdorwenheid! Maar `n skynbare leuen, waarmee `n mens die naakte waarheid maar slegs solank omhul, solank die naakte waarheid vir die betrokke mens nog nie te verdra is nie, ja, wat hom sekerlik meer sou skaad as baat, kan nie uit die bose wees nie, omdat dit ontspruit het uit `n hart en `n wil vol edele, goeie en toegeneë motiewe!

[8] Anders sou op dieselfde manier elke gelykenis, wat tog die mees verhewe waarheid kan verberg, `n duidelike leuen wees. En tog het die meeste wyse vaders en profete hoofsaaklik in suiwer gelykenisse gespreek! En dat juis Borus hier as die algemeen bekende, beroemde dokter as sodanig in U plek staan, is uit die aard van die saak tog ook nie anders as toe die drie aartsengele na die aartsvader Abraham gekom het om JaHWeH se plek in te neem nie, en heeltemal niks anders as die leuen van Josef in Egipte aan sy broers wat koring gesoek het nie, wat vir my nog altyd heel onbarmhartig blyk te gewees het! Maar God het dit self so gewil en het Josef se gedrag teenoor sy broers sekerlik nie as sonde gereken nie. En daarom dink ek dat so `n skynbare leuen slegs `n hemelse wysheid is, terwyl die egte leuen tuishoort in die ryk van die ergste helse sluheid!"

[9] Ek sê: "Kom hier, My liewe Josoë, en laat jou kus, want jy is met al jou jeug nog wyser as `n ou skrifgeleerde!"

[10] Met hierdie woorde hardloop Josoë vinnig om die hele tafel heen, omarm My en soen My byna half-dood en sê dan heel uitgelate, maar tewens met `n baie wyse vreugde: "Kyk hierheen, alle hemelse geeste, magte en kragte, en bedek julle aangesigte! Want dit wat hier gebeur, het julle nog nooit beleef nie! Die ewige, heilige Vader, wat hier by ons in die Seun Jesus persoonlik aanwesig is, laat Homself tasbaar liefkoos deur een van Sy skepsels!

[11] So trek Hy, die Ewig Bestaande, die tydelik bestaande na Hom toe, liefkoos dit en maak dit daardeur vir ewig aan Hom gelyk! O ware, enige Vader van alle mense, hoe salig smaak U Liefde tog nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205