Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 240

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die getuienis van Jarah oor die Heer

240 Ten slotte stel daar een, wat nog bietjie wyn in sy beker gehad het, as volg `n heildronk in op die gesondheid van die wyse Násarener: "Ook Hy, vir wie ons gesoek het, maar tot ons spyt nêrens kon vind nie, sal wat ons betref vir altyd lewe, as Hy nog êrens leef en in veiligheid is. Ons sal Sy lewe, wat `n seën vir die mens is, in ewigheid nie verlaag nie. - O, sou Hy Hom deur ons laat vind het, dan sou ons Hom oor die tempel sulke dinge vertel het dat, as Hy ook nog maar iets daarvan verwag het, Hy net soos ons seker nooit meer daarna sou verlang nie! Omdat ons Hom egter nie kon vind nie, bring ons Hom, die goeie liggaams- en siele-arts uit Násaret hierdie heildronk!"

[2] By hierdie geleentheid kom daar by Julius, asook vir die heeltemal ontroerde Cyrenius, trane in die oë. Ook Jarah en die meeste van My leerlinge kry trane in die oë. En Jarah sê baie saggies aan My: "O Heer, as ek nou mag praat, hoe sou ek hierdie dertig gereddes dan tog baie oor U kon en wou vertel het!"

[3] Ek sê: "Ja, as jy My nie verraai nie, dan mag jy wel iets sê, want die gereddes sal met gespanne aandag na jou luister!"

[4] Jarah sê baie bly: "O, as dit so is, sal ek die geselskap dadelik om aandag vra!"

[5] Ek sê: "Wel, doen dit, maar jy moet flink bly en nie begin huil nie!"

[6] Jarah sê: "O Heer, dit sal ek so goed moontlik probeer vermy!" - Na hierdie versekering gaan Jarah staan en sê met ‘n heldere en goed hoorbare stem: "Luister, liewe vriende wat so-ewe `n heildronk ingestel het op die deur u gesoekte en tog nie gevonde Verlosser uit Násaret! In my hart deel ek hierdie heildronk met u uit die diepste van my lewe, want ek het die onskatbare geluk gehad Hom te leer ken, en wel in Genésaret self. Ek is daarom ook in die gelukkig stemmende omstandigheid om u van Hom, wat betref Sy karakter en Sy ongehoorde vermoëns, weliswaar `n kort maar baie getroue skets te gee, ten minste as u dit verlang om aan te hoor."

[7] Almal sê luid: "Ja, ja, liefkind uit Genésaret! Vertel dit egter eerder meer uitgebrei, as miskien bietjie te beknop, ten minste as dit jou tere bors nie te veel sal belas nie!?"

[8] Jarah sê: "O, bekommer u maar oor ander sake! My bors is sterk en kan dit wel verdra. Kyk en luister dan! Soos u, het ook ek al baie oor die nuwe opgestane Wonderheiland gehoor. Ons streek was altyd een van die ongesondste in die hele Galiléa, want elke vreemde wat daarheen gegaan het en hom maar `n paar dae daar ophou, word altyd so siek dat hy beslis nie meer verder kon reis nie. Daar was sommiges wat dikwels langer as `n jaar daar moes bly; die eie bevolking het egter nie so `n las daarvan nie. Heeltemal kerngesonde mense was daar nie baie nie, maar tog vind jy daar onder die eie bevolking weinig waarvan gesê kon word dat hulle siek was. Alle reisigers vermy daarom sorgvuldig hierdie plek, en wie nie deur beslis noodsaaklike, dringende sake daarheen gedryf was nie, kom verseker nie na Genésaret nie.

[9] Toe ek vir die eerste gehoor het van die bewuste Verlosser uit Násaret, begin ek heel innig tot die God van Abraham, Isak en Jakob te bid dat Hy die Verlosser ook na die baie ongesonde Genésaret sal laat kom. En kyk, ek word weldra verhoor, want die Verlosser uit Násaret het baie vinnig daarna na Genésaret gekom. En `n mens sien `n Verlosser sonder medisyne en vra jouself heimlik af: 'Hoe sal hy nou al die siekes genees?' Maar Hy oortuig ons maar al te gou dat Hy slegs hoef te sê: 'Ek wil, wees gesond!' en kyk, in `n oogwink word almal, met watter verskillende geneeslike of ongeneeslik verklaarde siektes hy ookal behep was, blitssnel sodanig genees dat daar by hulle ook geen enkele spoortjie meer van te ontdek was dat hulle ooit siek was nie! Lammes, blindes, dowes, kreupeles, besetenes, jiglyers, melaatses en nog talle met honderde ander kwale beheptes, dit maak vir die Verlosser niks saak nie, Sy woord en wil genees hulle almal. Julius, `n Romein, is met honderde ander daarvan getuie gewees.

[10] Hy genees egter nie slegs die liggame van die mense nie, maar ook die siele en hul insig, vee die blinde bygeloof uit die harte van die dom en verdwaalde mense en leer die onwetendes op `n so heldere en goedverstaanbare wyse, dat almal hulle nog meer daaroor verwonder as oor Sy genesinge deur die woord.

[11] Ten laaste toon Hy Hom ook volmaak Heer en Majesteit oor die natuur, want Hom gehoorsaam water, lug, vuur en aarde, en ek sou selfs met alle sekerheid kon staande hou dat son, maan en al die sterre nie ongehoorsaam sou kon wees aan Sy woord nie, want die engele van die hemele gehoorsaam hulle volgens Sy wil.

[12] Hy hou baie van my, soos wat ek Hóm bo alles liefhet, hoewel Hy uiterlik helaas geen beeldskone man is nie, want Hy is effens klein van postuur, en Sy hande is ru en het littekens van die werk, maar Sy hoof is waardig en Sy oë is wel die mooiste wat ek ooit gesien het. Ook om die mond het Hy `n besondere vriendelike, hoewel tewens ook waardige, ernstige trek. Die stem van Sy mond kan `n mens egter werklik manlik in verrukking bringend noem, want dit klink ten minste vir my ore soos die mooiste en suiwerste gesang.

[13] Dit is dan `n so kort moontlike, volkome waarheidsgetroue skets van die beroemde Verlosser uit Násaret, waarvoor, soos reeds gesê, honderd baie betroubare getuies kan instaan. - Hoe geval u nou die Verlosser, wat u gesoek en nie gevind het nie?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205