Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 98

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die bedrog van die Esseense wonders

98 Johannes sê: "Dit wat jy ons nou oor die Esseners vertel het, weet ek al lankal, en saam met my nog baie ander van ons ook! Maar ons weet bowendien dat juis hierdie Esseners wat so deur jou hooggeroem word, nog baie groter bedrieërs en skurke is as die bekende sieners van die orakel van Delphi, wat nou al deur byna niemand meer geglo word nie!

[2] Want hierdie mense - wat nog behoort aan die reste van die ou Egiptiese priesterkaste, en groot skatte besit bestaande uit goud en silwer en die kosbaarste edelstene en pêrels - het op die grens van ons beloofde land en Egipte `n ware wonderpark gestig en hulle besit nou al `n tweede in die buurt van Jerusalem, waarmee hulle ook baie goeie sake doen! Sien jy, dit weet ons, en dit verbaas ons baie dat jy, wat tog nie op jou agterkop geval het nie, dit nie geweet het nie!"

[3] Judas sê: "Ek het tog altyd my vyf gesonde sintuie by my gehad!"

[4] Johannes sê: "En ondanks dit, het jy tog niks gesien en gehoor en niks gevoel en verstaan nie! Dink jy regtig dat die dooies, wat jy gesien het dat hulle opgewek word, werklike dooies was?"

[5] Judas sê: "Wat anders?"

[6] Johannes sê: "Sê jy dat jy in die spesiaal daarvoor donker gemaakte kamer niks gesien het nie!? Die dooies wat aan jou getoon was as dooies was net so lewend as jyself, en die bevel om op te staan was slegs `n teken waarop hulle van hul nagemaakte doodsbeddens af moes opstaan. Vra maar eers aan ons goeie broer Bartholoméüs, wat twee jaar lank `n goeie loopbaantjie as dooie by die Esseners gehad het, maar na twee jaar eindelik tog `n goeie geleentheid gevind het om heel in die geheim uit die vreeslike klooster van hierdie bedrieërs uit te kom. Hy kan jou dan uitlê hoe die Esseners hul dooies opwek!

[7] Hy was, soos wat hy my dikwels vertel het, elke week vier maal dood! Eerste in die saal van die pasgestorwenes en daarna dadelik nog `n keer in die saal van die geraamtes. Daar staan in rye, swart onderstelle, met deksels waarop die geraamtes merendeels slegs geskilder is. Slegs op die eerstes is daar uit hout gesnyde geraamtes bevestig, vir die betasting deur die rondgeleide vreemdeling. Hierdie onderstelle bestaan uit banke met halfronde bodeksels, wat met bande aan die onderbank vasgemaak of weer daarvan losgemaak kan word. Die lewende mense moet op die onderbanke gaan lê, dan word beide syvleuels, wat van buite merendeels slegs `n geskilderde doodsgeraamte het, oor hulle heen geslaan. As daar dan een of meer vreemdelinge in die baie donker gehoude kamer inkom, word hulle opgewek. Die bevel om op te staan is dan niks anders as `n teken waarop die eerste twaalf, wat buite die wande van die ruimte vir bepaalde openinge as wagtende knegte met fyn gemaalde hars wat in `n buis gestrooi is, oor klein vlammende panne in en deur die openinge moet blaas, wat altyd baie vlamme en rook veroorsaak.

[8] As hierdie vlamme dan op die bevel uit die wande na binne slaan, skrik die vreemdeling op die goed berekende oomblik van verwarring, dan moet die wat op die banke lê, gou die deksels oopslaan en hulle vervolgens langsaam van hul banke verhef en dan vir die skyn heel berouvol hul opwekker dank en eer gee. - Kyk, dit is die opwekking van die dode in die geraamtesaal! Broer Bartholoméüs staan daar as getuie!"

[9] Judas, wat die klug verstaan, sê heeltemal oorbluf: "Nie sleg nie! `n Goed uitgedinkte bedrogspul en dit moet hierdie skurke baie geld inbring. Maar hoe verander hulle daarna die rots dan in `n paleis?"

[10] Nou sê Bartholoméüs: "Die paleis staan al lankal daar! Maar het jy nie bo-op die paleis `n groot koepel op `n stewige en hoë pilaar gesien nie?"

[11] Judas sê: "O ja, dit het ek wel gesien en bewonder!"

[12] Daarop sê Bartholoméüs: "Wel, in hierdie koepel lê die linne in die geheim, waarmee die Esseners die paleis binne `n halfuur in `n skynbare berg en in die selfde tyd weer in `n werklike paleis kan verander! Verstaan jy my, of moet ek my duideliker uitdruk?"

[13] Judas sê: "O, ek verstaan jou maar al te goed! Maar wie sou kon glo dat hierdie kêrels wat so baie vroom en wys voorgekom het, met so `n misdadige sop oorgiet is? - Ja, maar hoe staan dit dan met die skrif op die volmaan en met die algehele sonsverduistering?"

[14] Bartholoméüs sê: "Dit is haas belaglik, en ek het hierdie kunsmatige maan met vyftig ander sterk manne baie dikwels op `n verskriklike lang stang vanuit die kerker van die kasteel in `n skuins stand in die lug na buite gehou! Die maan self bestaan uit `n ronde sfeer van ongeveer twee spanne breed, wat aan beide sye met wit perkament oorgetrek is. Die sfeer het `n deursnee van tien koninklike handbreedtes en is inwendig, dit wil sê tussen beide die perkamentdeksels - en wel in die middel van die sirkel - voorsien van vier olielampe, wat, as hulle brand binne die twee perkamentdeksels baie lig gee. Die na die kasteel toegekeerde kant is met taamlik groot baie swart letters in drie tale beskrewe. As `n vreemdeling nou gou na `n bepaalde venster gebring word, sien hy skynbaar die beskrewe vol maan aan die hemel, wat soos wat reeds gesê is, deur vyftig sterk manne skuins bo, hoog in die lug gehou word op `n ongeveer twaalf klafter lange stang, wat die vreemdeling vanuit die bepaalde venster nie kan sien nie. - Nou, hoe vind jy dié volmaan?"

[15] Judas sê: "Ag, skei uit, dit is tog wel die toppunt van bedrog! Hoe is dit dan met die verduisterings­geskiedenis van die egte son?"

[16] Bartholoméüs sê: "Dit het te make met `n sekere vernuftige berekening, waarmee die oomblik presies bereken kan word van `n toekomstige natuurlike sonsverduistering, wat, soos wat daar eens aan my verklaar is, deur die maan veroorsaak word as dit oordag voor die son verbytrek. Die belangrike is dus maar net hierdie berekening, omdat dit egter tuishoort in die gebied van die menslike wetenskap en kennis, en die Esseners het hierdie van die Egiptenare geleer. Maar wat betref die eers leë, en vervolgens gedekte tafel vol voedsel, dit het ook te make met `n baie eenvoudige masjien, wat ongeveer werk soos die geraamtebanke in die donker kamer!

[17] Kyk, dit is nou die wonders van die Esseners, waarvan jy egter nie `n honderdste deel gesien het nie, en wat heel geskik is om elke nie-ingewyde, ook al is hy hoe verstandig en ervare, heeltemal om die bos te lei.

[18] So is daar byvoorbeeld in `n afgeleë hoek van die groot tuin met sy baie hoë omringende muur `n bos, waarin die vreemdeling die bome hoor praat, in `n ander deel van die tuin praat die rotse, en op `n derde plek kan jy selfs `n bron wat uit die grond opwel, hoor praat! In `n kom van sandsteen, `n klafter diep ommuur, lewe `n groot aantal mak slange, wat daagliks met melk gevoer word. Hulle praat óók so nou en dan! Op `n ander plek van die tuin praat die gras selfs! - Dit sou `n lang verhaal wees as `n mens dit alles sou wou beskryf, maar dit is wel voldoende as ek vir jou sê dat daar byna elke dag dertig tot veertig vreemdelinge vir baie geld aan die neus rondgelei word !"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205