|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 109
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Die verskil tussen `n profeet en die Heer
109 Terwyl Ebahl, by wie `n ander lig al begin opgaan, nog steeds oorleg pleeg, kom die hoofman ook al weer terug en vertel vol vreugde en verwondering hoe hy alles goed in orde aangetref het, en hoe verbaas sy onderkommandante was omdat hy volgens hulle vir die tweede maal gekom het om te vra of alles wel in orde was, terwyl hy tog `n halfuur eerder self alles reeds so goed moontlik gereël en opgedra het! Hy het homself daaruit gepraat deur voor te gee dat dit slegs `n slim kontrole was, en daarmee was almal sonder verdere vrae heeltemal tevrede gestel.
[2] Daarop vra hy My baie weetgierig, wie dan tog wel sy tweede self kon gewees het, wat in sy plek sy werk so prysenswaardig verrig het.
[3] Ek sê: "Voorheen het Ek jou tog al gesê dat alle magte van die hemele en kragte van die aarde My elke oomblik ten dienste staan, maar jy wou dit nie glo nie! Nou sal jy hopelik wel glo dat Ek ewig geen dood te vrees het nie, en dat ook Ek `n Heer is, wat kan sê en kan beveel!"
[4] Die hoofman sê: "Ja, Majesteit en Heer, u moet `n God wees! En nou skyn ons Romeinse afgodeleer nie meer so fantasieryk soos voorheen te wees nie, want deur U word my oortuiging weer lewend, dat daar so nou en dan tog `n God Sy hemel verlaat het, en Hom enige tyd, dan weer sus en dan weer so aan die sterflike kinders vertoon het, en hulle met allerlei geestelike en aardse skatte verryk het sodat die sterflike, woeste aarde so bebou sou word dat sy eenmaal ook `n woonplek vir onsterflike gode sou word! - Het ek gelyk of nie?"
[5] Ek sê: "Dit is maar net `n versinsel sonder inhoud wat egter op heidense manier gevoelig klink, maar in die betekenis wat jy daaraan heg, geen spoortjie van waarheid bevat nie.
[6] Ag, maar as jy met die woord 'aarde' die insig en die wil van die mense bedoel, dan sou jy ten minste met `n waarheid ooreenstemmende wyse gelyk gehad het. Maar gode wat nie bestaan en nêrens is nie, het nooit êrens die aardbodem betree nie. Die mense, deur wie se mond die Gees van God tot die mense gespreek het, en deur wie se wil heel dikwels baie wonders gebeur het, was geen gode nie, maar profete, heeltemal net sulke mense soos jy, en het ook liggaamlik gesterf - maar nie na siel en gees nie.
[7] Maar in My kom die Gees van God nou vir die eerste maal op hierdie aarde! Dit is dieselfde Gees wat keer op keer deur al die aartsvaders, al die ou wyses en al die profete in hul visioene voorspel is."
[8] Terwyl Ek dit aan die verbaasde hoofman sê, kom daar `n dienaar die kamer in en sê dat daar buite voor die huis alweer `n aantal siekes op hulp staan en wag, en of Ek hulle sou kon help.
[9] Ek sê aan die dienaar: "Gaan na buite en sê aan hulle dat hulle getroos huistoe kan gaan!"
[10] Die dienaar gaan gou na buite en was nie bietjie verbaas toe hy almal, wat voorheen voor die ingang gejammer en geklaag het, nou opgewek, gesond en vrolik, God lowend, almal heen en weer gesien loop het. Eers na `n tyd sê hy vir die gesonde mense wat Ek aan hom opgedra het - en die mense gaan terug na hul woonplekke.
[11] Die mense praat `n uur of twee hieroor, maar dit was dieselfde as wat die mense reeds voorheen gesê het by die vroeëre genesing, dat dit gevolglik hier weggelaat kan word. Tydens die gesprekke gebruik ons brood en wyn en daarna gaan ons slaap.
|
|
|
|
|