Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 214

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

`n Vraag oor die skepping

214 Gedurende my taamlik langdurende aardse lewe, het ek dikwels, maar altyd vergeefs, nagedink oor die vraag hoe nou eintlik, sê maar streng natuurlik, die eerste mensdom van hierdie aarde gekom het tot die kennis van `n geestelike Opperwese en haar eie nie-stoflike gees. Daarvoor het ek die boeke van Egipte, die geskrifte van die Grieke en die boeke van julle Moses gelees. Ook het ek eendag `n Indiese werk in die hande gekry wat ek vir my deur `n man in Rome, wat ‘n Indiër was, laat voorlees en vertaal het; maar ek het orals `n sekere mistieke beeldspraak gevind, waarvan geen verstandige mens nog verstandiger kon word nie, en ek dus nog minder, omdat ek my in my jeug altyd ingebeeld het dat ek baie dommer was as alle ander mense. Orals kom logiese ongerymdhede voor, wat, woordeliks genome, onsin is.

[2] Julle Moses sê byvoorbeeld: 'In die begin skep God hemel en aarde, en die aarde was woes en leeg, en dit was duister in die diepte; en die Gees van God sweef bo die water. Toe praat God: 'Laat dit lig word', en dit word lig. En God sê dat die lig goed was. Toe skei God die lig van die duisternis en noem die lig dag en die duisternis nag. So ontstaan dan uit aand en oggend die eerste dag.'

[3] Vervolgens word in baie kort stellings die skeiding van die waters, die droogmaak van die aarde en die skep van gras, struike en bome aangestip. Met die skep gaan drie dae verby en dus ook nagte. Maar omdat dae en nagte al ontstaan by die skep van die eerste lig op die duistere diepte van die aarde, sien ek egter nie in waarom God op die vierde dag dit nog nodig vind om twee groot ligte te skep en hulle aan die hemel te plaas, waarvan die groot lig die dag sou regeer en die ander kleinere, die nag nie.

[4] Lê ons dit nou naas die natuur van die aarde en bedink ons wat, volgens U verklaring die son, die maan en al die sterre is, dan is tog die hele skeppingsgeskiedenis van Moses so `n groot onsin dat daar op die liewe aarde seker niks groter bestaan en kan wees nie! Wie sal dit ooit verstaan? Ons klein groepie weet dat die aarde geen oneindige kring nie, maar `n baie groot bal is, soos wat U dit vir my in Egipte toe U nog `n kindjie was, en later aan ons almal, baie aanskoulik en waarheidsgetrou laat sien het. Op die aarde word dit eintlik nooit nag nie, omdat `n deel van die aarde altyd deur die son verlig word. Daarby is die maan `n heel onbestendige basie en bekommer haar, behalwe `n paar dae per maand, baie weinig oor die heerskappy oor die nag.

[5] Ook is dit waansin om te sê dat uit die aand en die oggend `n dag ontstaan, terwyl tog elkeen deur die ervaring van sy hele lewe weet dat die dag altyd slegs maar tussen die oggend en die aand, maar nooit tussen die aand en die oggend geplaas word nie. Want op die aand volg altyd die nag tot aan die oggend, en op die oggend volg die dag tot aan die aand, en dus lê tog volgens die logika tussen die oggend en die aand die dag, en tussen die aand en die oggend die nag.

[6] Hoewel dit al as iets waansinnig aangemerk moet word, is tog die uitdrukking dat God net nadat Hy die lig geskep het, sou ingesien het dat dit goed was, `n dwaasheid sonder weerga! Want God se hoogste Wysheid moes tog al ewig as Self die Lig van alle lig, gesien en gemerk het dat die lig goed is!?

[7] In die boek van die Indiërs staan vóór die materiële skepping `n skepping van die suiwer geeste, wat Moses later ook êrens vermeld. Hulle was suiwer lig, en by name die eersgeskapene word 'Draer van die lig' genoem.

[8] As God al by die skepping van die suiwere liggeeste tog duidelik die waarde van lig kon toets, gestel dat Hy daarvóór altyd in die diepste duisternis sou gerus het - wat ek my origens nie van Hom kan voorstel nie - dan is dit tog byna te belaglik dat God op `n bepaalde manier opnuut sou ingesien het dat die lig goed was!

[9] U sien Self dat die hele skeppingsgeskiedenis, soos wat dit deur Moses gegee word, absolute onsin is, waarvan `n mens, as `n mens die hele geskiedenis ook maar enigsins op natuurlike wyse opvat, van kan dol word. Dit is daarom nie so te verwonder nie dat juis die Judese skrifgeleerdes self die leer wat onsinnig is, glad nie glo nie, maar dit vanweë die volk omhoog hou en hulle daarvoor baie goed laat betaal. Alle vooraanstaandes in Rome erken dit ook, maar laat die saak, ondanks die growwe onsin, begaan omdat die blinde volk baie waarde daaraan heg en hulleself daardeur in die land behoorlik rustig hou.

[10] Dat alle beginsels wat vanaf die oerleraars aan ons oorgelewer is, niks anders as leë sprokies en fabels is nie - vanuit die standpunt van die natuur gesien - is tog egter wel sonhelder, want daar kan ook geen halwe lettergreep waarheid in wees nie. Maar as dit egter vasstaan, kom die groot en belangrikste vraag vanself, en dit lui soos wat ek al aan die begin van my verhaal aangeroer het: Hoe het die mens op hierdie aarde ontstaan? Hoe kry hy kennis oor `n God, en hoe oor homself, en wie leer hom die eerste om te onderskei wat goed en wat kwaad is? - Gee ons daaroor, o Heer, ietwat lig, dan is ons geborge!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205