Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 87

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Giwar oor Jesus

87 Terwyl almal hulle onder allerlei geestelike gesprekke aan die middagtafel heel goed smul, kom Borus in die eetsaal in, groet almal en stel hulle sy vrou Sarah voor, en versoek hulle amptelik om haar, aangesien sy die Judese leer aanhang, as sy wettige vrou in hulle boeke in te skryf!

[2] Giwar haal dadelik die groot trouboek uit en skryf beide in as dat hulle voor God en die wêreld wettige eggenote is!

[3] Maar die owerste vra aan Giwar of dit in hierdie geval wel wettig is, omdat Borus tog duidelik `n Griek is.

[4] Giwar sê: "Vriend, hier by ons moet dit so wees, en dit sou dwaasheid wees om `n egpaar nie te wil trou wat al vroeër deur God as getroud verklaar is!"

[5] Die owerste sê: "Hoe weet jy dit dan?"

[6] Giwar sê: "Ek weet baie wat jy nou nog lank nie weet nie, so weet ek dit ook, ook al weet jy dit nou nog nie! Bekommer jou nou dus maar nie daaroor nie, want hier word alles anders behandel as in die tempel!"

[7] Die owerste glimlag en is gerusgestel.

[8] Borus haal dan `n swaar sak met goud uit sy sak en gee daarmee volgens voorskrif sy bydrae, wat ewenwel baie meer was as gebruiklik en gaan dan dadelik weer weg.

[9] Toe Borus die eetsaal verlaat het, kantel die owerste die sak skuins en sê: "Hier is dan meer as vyf pond goud in suiwer geslane Augustus munte - ook is daar nog `n paar Tiberiusse by! Is dit dan die gebruik hier? In die tempel sou `n pond goud al `n eregeskenk wees!"

[10] Giwar sê: "Sulke gawes is hier nie seldsaam nie, maar Borus, wat naas Jesus sekerlik die grootste dokter ter wêreld is, is `n te groot man van eer en daarby te ryk dat hy hom by enige geleentheid ook gierig sou vertoon!"

[11] Die owerste vra verder: "Wie was dan sy ongewone mooi en minlike vroutjie?"

[12] Giwar sê: "Dit is die dogter van owerste Jaïrus, waarvan ek jou al vertel het dat die wonderdokter Jesus haar tweemaal na mekaar uit die dood uit opgewek het."

[13] Die owerste sê: "Miskien was sy maar net diep bewusteloos, wat by sulke tere, bekoorlike wesentjies regtig niks snaaks is nie!"

[14] Giwar sê: "O, as `n mens meer as vier dae in die graf gelê het om te vergaan en die lykreuk maar al te goed tot elke afgestompte neus deurdring - soos wat ons almal ondanks al die salfies maar al te grimmig ondervind het toe ons haar na die graf begelei het en haar die klaagliedere van die einde toegesing het, dan was daar van bewusteloosheid geen spoor meer aanwesig gewees nie! Maar Jesus, die goeie Verlosser, kan wonderbaarlik dit doen wat slegs God kan doen. Hy het haar slegs deur `n woord geroep, sonder enige hulpmiddel en oombliklik was sy weer in die aangename lewe terug, en tans is sy lewendiger en gesonder as wat sy ooit in haar hele lewe was - want sy is nog baie jonk en tel nouliks sestien lentes!"

[15] Die owerste vra: "Hoe lank is dit dan gelede dit sy uit die dood opgewek is?"

[16] Giwar sê: "Hoogstens ses of sewe dae! Heel presies sou ek die tyd nie kon aangee nie, maar dit is wel seker dat sy in die begin van die afgelope week uit die dood tot lewe gewek is "

[17] Die owerste sê, buite homself van verbasing: "Dit is werklik iets wat nog nooit op aarde beleef is nie. Dié aanvallige vroutjie met haar blymoedige onbedorwenheid van nou en tog het sy as lyk vier dae in die graf gelê!? Waarlik, dit is ongehoord, mits julle my wel die hele waarheid vertel het, waaraan ek nou nie meer wil twyfel nie, want hierdie plek skyn van louter wonders aanmekaar te hang!"

[18] Giwar sê: "Ja, dit is werklik so! Veral die genoemde Verlosser Jesus trek alle moontlike aandag, want Sy prestasies oortref in hoë mate alles en almal wat ooit deur Moses oor die aartsvaders geskryf is en alles wat ons oor die groot profete weet! Want so iets was daar nog nooit gewees nie! Jy kan jou aan geen kwaadaardige siekte indink, wat Hy nie deur `n enkele woord kan genees nie, sonder om die sieke te sien of om aan hom te raak nie! As Hy iets anders wil, dan gebeur dit oombliklik!

[19] So is byvoorbeeld die afgetrede Jaïrus se ontslagbrief, wat vier dae gelede plaasgevind en op dieselfde oomblik aan die hoëpriester in die tempel te Jerusalem aangebied is, tog seker meer as `n wonder! Langs `n natuurlike weg sou hierdie oorkonde miskien op die vroegste nou eers in hande van die hoëpriester gekom het, maar nou kon jy al twee dae gelede in Kapernaum en vanoggend vroeg daarvandaan hier aankom - en daarby is beslis geen fout teen die reëls en die ou tradisie gemaak nie! Op wonderbaarlike wyse is jy nou amptelik opperpriester oor die hele Galiléa, en die ontslag van Jaïrus is volledig met al die nodige bylae en verklarings in die hande van die opperpriester in die tempel, en alles het op dieselfde oomblik gebeur! So is ons ook deur betroubare getuies vertel dat hierdie selfde Jesus nou `n paar weke gelede `n baie swaar storm op see bestrawwend toegespreek het - en die see en die winde het oombliklik die woord van die Verlosser gehoorsaam! Van sulke ware gebeurtenisse en verhale sou ek jou nog baie kon vertel, maar dit is nie die geskikte oomblik daarvoor nie. `n Mens sou kon veronderstel dit hierdie Man `n huurling van die satan kan wees, was dit nie dat Sy woorde, lesse en milde, ernstige vermanings die teendeel leer nie!

[20] Ek sê jou eerlik, getrou en waaragtig: Sy dade is onbeskryflik wonderbaar, maar hulle verdwyn as bykomstighede in die niet by die wonderbaarlike mag van sy spreuke en lering! Jy hoor waarhede waarvan geen profeet nog ooit gedroom het nie! Hy laat jou die lewe van `n mens op so `n manier sien dat geen mens maar die geringste twyfel daaroor kan hê of sy siel sterflik of onsterflik is nie. Die onsterflikheid word vir jou op so `n tasbare manier voorgestel, dat jy geen oomblik daaraan kan twyfel dat daar na die liggaamlike dood `n ewige lewe van die siel is deur haar inwonende goddelike gees.

[21] Kortom, hierdie Jesus is `n mens met sulke buiten­gewone vermoëns, dat `n mens na jou eer en gewete moet sê: So `n mens het die aarde sedert Adam nog nooit as bewoner gehad nie! Alle elemente gehoorsaam Hom; ontelbare geeste staan altyd gereed vir Sy diens, en so het ek ook van Sy leerlinge gehoor dat Hy op Sy reis van Sigar na Kana in Galiléa in die middel van die dag die son in `n oogwink verduister het, en hom daarna binne enkele oomblikke weer net so helder as voorheen laat skyn het!

[22] So vertel Roban ons en `n paar honderd getuies, wat ons ondervra het, dat Hy in Sigar twee ou vervalle huise, die ou huis van Josef en Benjamin en die ou kasteel van Esau, wat nou in besit is van die ryk koopman Jaïrus, in `n oogwink deur Sy woord gerestoureer het. Dit het Hy op so `n manier gedoen dat alle inwonende boumeesters baie openlik toegegee het dat hulle vir die restourasie van beide die ou huise, ondanks alle inspanning, tien volle jare nodig sou gehad het, as hulle so `n herbouing langs natuurlike weë moes voltooi! Bowendien het daar nie slegs die baie uitgebreide gebou, wat betref die boukundige materiale, in `n oogwink daar gestaan nie, maar was ook nog met alle moontlike behoeftes ingerig, en wel in so `n doelmatige en tewens baie skoon en verfynde styl, dat `n mens so iets vanaf die hand van boumeesters nêrens op hierdie aarde sou gevind het nie!

[23] Ook vertel `n sekere Griek uit Kana in Samaria my - sy naam is Philopold - byna ongelooflike dinge, dat ek dit egter tog moes glo omdat hy my dit deur talle getuies laat bevestig het.

[24] As egter na my mening, wat slegs maar vir my geld, `n mens sulke dinge doen, dan beskou ek hom meer as `n mens en meer as `n groot profeet! Hy sê weliswaar `n paar dae gelede - ek glo by `n visvangs aan die see, wat ook baie wonderbaarlik was - dat elke mens dit sou kon doen, as hy `n vaste, onwankelbare geloof sou gehad het. Maar ek dink dat so `n geloof net so wonderbaarlik sou wees as die grootste wonder self, want so `n geloof kan slegs maar `n gevolg wees van sy duidelike bewustheid van die krag van God, waardeur alle denkbare suksesse verseker is.

[25] Wie sy kragte ken, kan ook daarop vertrou vir sover hy uit sy ervaring die sekerheid gekry het dat hierdie kragte voldoende is om iets te volbring. As die mens egter sy geloof in die geluk groter sou maak as wat sy kragte reik, sal dié geloof, na my mening, dadelik begelei word deur twyfel as hy `n opdrag sien waarvan hy maar al te bewus is dat sy kragte by verre nie daarvoor toereikend is nie.

[26] As ek `n klip van etlike pond voor my op straat sien lê, en dit my weg versper, dan sal ek egter geen oomblik daaraan twyfel dat ek, as ek maar wou, die klip kan verwyder nie. As daar egter `n rotsblok van so `n honderdduisend pond lê, dan glo ek sonder twyfel dat dié geloof baie moeilik staande sal bly. Al sou ek my wil hoe ookal inspan, dan sal dit waarskynlik niks meegee nie, omdat daar in die subjektiewe oortuiging van myself dit geheel en al ontbreek dat `n mens met `n hefvermoë van hoogstens tweehonderd pond ook meester van `n gewig van honderdduisend pond kan word.

[27] Maar vir hierdie Jesus is, net soos vir God, alles moontlik! Vir Sy wil is `n berg net so nietig soos `n sonstoffie! Aarde, lug, wind, water en vuur gehoorsaam Hom soos lammetjies hul herder, en die bliksem lei Hy duisend keer beter as die beste skutter die pyl van sy boog! - Wat volg nou egter hieruit? Nou vra ek u, as ons owerste, om ons u mening daaroor te gee!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205