Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 204

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die onkruid bly as bemesting agter

204 Ek sê: "Liewe dogter van My hart, Ek sê vir jou: Jy het nie ‘n woord te veel of te min gesê nie! Daarom gee Ek julle ook almal die raad om alles wat hierdie meisie nou gesê het, te onthou, daar goed aandag aan te skenk en daarvolgens op te tree. As iemand egter kommentaar het, laat hy dan opstaan en praat!"

[2] Na hierdie uitnodiging kom Judas Iskariot na vore en sê: "Bykans met alles stem ek nie saam nie, hoewel ek origens die wysheid van die meisie baie bewonder, want sy praat soos `n baie goed geskrewe boek." - Toe swyg hy.

[3] Josoë snou hom egter letterlik toe: "O vreeslik onsinnige en uitermatige dom mens! Het jy dan nie gehoor watter getuienis die Heer Self aan die lieftallige Jarah gegee het nie, en jy wil dan nog met alle punte van haar antwoord verskil? O, laat ons dan maar eers iets hoor van jou onbevredigde, oorgrote domheid, en dan sal ons wel sien met watter drek dit gevul is! Maak jou dom oë tog oop, ou os! Kyk eers, hier langs my sit `n engel van God uit die hoogste hemele, sy wese is suiwer lig. En hier sien jy die jong wyse spreekster na die hart van God, en naas haar hopelik die Heer Self, wie se Gees hemel en aarde en alles wat bestaan geskep het, en tog wil jy ondanks die getuienis van God nie heeltemal saamstem met iets uit die toespraak van die lieftallige Jarah nie?! Sê eers wie jy egter is om so onbeskaamd met God te wil redetwis!"

[4] Hierdie kragtige woorde van Josoë maak baie indruk op Judas en hy trek hom dadelik terug en gaan baie bedeesd op sy bank sit; want vir die aangenome seun van die hoë Cyrenius het hy baie bang geword, en hy sit baie stil op sy plek.

[5] Maar Josoë sê verder: "Is hy nie een van die eerste leerlinge nie? Daardie gesig kom my bekend voor, ek het hom in Násaret gesien! Ja, ja, dit ís hy! Hy is een en dieselfde wat in Násaret ook al, as ek my nie vergis nie, altyd oorhoops gelê het met `n sekere leerling, Thomas!"

[6] Jarah sê: "Laat dit daar, edele Josoë! Kyk, as hierdie leerling net so `n groot begripsvermoë sou gehad het soos jy en, alle lof aan die Heer, ook ek, dan sou hy swyg, net soos die ander broers en vriende, en in sy hart diep daaroor nadink. Maar omdat hy beslis `n baie harde hart het, verstaan hy elke hoëre of dieperliggende waarheid baie moeilik! En as hy tóg iets aanneem, kan hy dit meestal nie bewaar nie, omdat hy in sy ineenverkrimpte hart nooit heeltemal plek het vir iets groots en verhewe nie! Laat hierdie mens daarom met rus en bekommer jou nie oor hom nie!"

[7] Josoë sê: "Jy het weer heeltemal gelyk! Maar weet jy, so `n klein teregwysing sal hom gladnie skaad nie, want ek weet dat hierdie persoon baie dikwels uit sy beurt praat. Hy wil altyd die voorste haantjie wees, en almal moet by hom raad vra. Dit gebeur natuurlik nooit, omdat die ander baie wyser is en meer begrip het as hy, en daarvoor vererg hy hom heimlik. Daarom is hy ook altyd ietwat bekrompe wraaksugtig, maar dit help hom niks nie, want hy word dikwels, net soos nou, op `n onsagsinnige manier tereggewys deur leerling Thomas, wat `n egte wyse man is!"

[8] Jarah sê: "Ja, ja, dit het jy goed ingesien, want ek herinner my nou ook so `n twisgesprekkie in Genésaret! Die Heer weet seker beter as ons waarom Hy hierdie leerling in Sy geselskap duld; ek sou hom lankal weggestuur het! Hierdie mens het iets heel spesiaal afstotend vir my, en ek sou alles daarop verwed dat die hele geselskap nog eendag deur hom in baie groot moeilikhede gaan kom. Ek vertrou naamlik nooit mense wat die persoon waarmee hulle praat, nie in die oë kan kyk nie! Dit lyk asof hulle altyd bang is dat hul onsekere oog hul bose hart sou verraai. En juis hierdie leerling het hierdie kwellende eienskap wat my so heeltemal teenstaan! Wel, ondanks dit duld die Heer hom tog en Hy moet seker `n baie wyse rede daarvoor hê!"

[9] Ek sê aan Jarah: "Dogter van My! Kyk, jy het sopas self in jou toespraak werklik buitengewoon goed die rede aangegee wat aan elkeen sonhelder duidelik maak waarom daar deur My naas die koring ook die onkruid geduld word. En weet jy, hy is ook so `n onkruidplant op My goeie akker. As die goeie koring egter in My skure versamel word, sal hy as onkruid op die land bly staan en verbrand word om die sware grond te bemes en te belug!

[10] Die grond moet wel belug wees sodat die edele vrug goed daarop kan gedy - maar weet jy, al te los mag dit ook nie wees nie, want in te losse grond kan die wortels geen vaste grond vind nie. Kom die hitte dan en kom daar soos gewoonlik groot storms daarna, dan verdroog die wortels baie maklik saam met die vrugstengel. En as daar dan weer ‘n storm kom, word sulke vrugstengels moeiteloos ontwortel, verdor dan op die land en lewer geen vrug nie! Daarom is daar vir die kweek van kinders van God altyd meer `n swaar as `n losse grond nodig; en omdat dit so is, moet `n mens dit hom laat welgeval as êrens naas die koring ook onkruid uit die swaar grond gaan opkom! Want dit word nie as oes ingebring nie, maar dit bly agter vir bemesting van die grond, sodat die volgende gesaaides `n nog ryker oes kan lewer as wat daar tot nog toe die geval was. - Het jy My verstaan?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205