Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die ergernis van die inwoners van Násaret

22 Maar toe bring Borus self `n jiglyer na binne waarvan die hande en voete al heeltemal verdroog en sodanig verdraai en verkrom was dat dit vir `n sterflike dokter, selfs met al die middele ter wêreld, onmoontlik sou wees om hom te genees.

[2] Nadat die jiglyer deur twee draers in `n korf (mandjie) deur die sterke samedromming heen na My gebring is, sê Borus hardop vir die volk: "Hierdie sieke kan slegs deur God genees word! Ek is tog wel een van die beste dokters van die hele Galiléa, en daar kom siekes van Jerusalem en Bethlehem na dokter Borus, en hy genees hulle; maar hierdie een kan hy nie help nie! U, heilige vriend Jesus, vra ek egter, omdat ek weet en glo dat by U geen ding onmoontlik is nie, om, as dit U wil is, aan hierdie mens weer sy regte ledemate te gee!"

[3] Ek sê: "Vriend, hier is baie ongelowiges en dan is so `n genesing baie moeilik! Maar Ek sal hom wel by jou onder vier oë genees."

[4] Daarop mompel daar `n paar onder die volk: "O, die seun van die timmerman is slim! Hierdie sieke is erg, daarom wil hy liewer in die geheim probeer om hom te genees, sodat ons nie sal sien of hy beter sal word al dan nie."

[5] Ek hoor die praatjies en sê aan die spotters: "O gekke en dwase! Ken julle die meisie langs Jaïrus? Is dit nie sy dogter nie, en was sy nie tweemaal dood nie? Wie gee haar haar lewe terug? - Julle dwase! As die Seun van die Adam mag het om dooies weer tot lewe te bring, sal Hy dan nie ook die mag hê om aan hierdie sieke te sê: 'Staan op en loop' nie? Maar sodat julle kan sien dat Ek hierdie mag besit, gebied Ek jou, mens wat ly aan jig, om op te staan en met volkome gesonde ledemate te loop!"

[6] Op daardie oomblik stroom daar `n vuur deur die ledemate van hierdie sieke, en hy voel homself sterker word, staan op en loop, en sy ledemate is totaal hernu met vlees en spiere, en hy stap vrolik rond met `n hart vol dankbaarheid. Na enkele oomblikke van groot verbasing sê hy: "Dit kan slegs maar vir God moontlik wees! Sonder medisyne, sonder handoplegging, slegs deur die woord is so `n genesing in `n oogwink volbring, dit is iets ongehoords! Heer Jesus, ek erken en glo nou heeltemal dat U God se Seun of selfs God Self is, wat `n menslike vorm aangeneem het! Ek glo dat ek U nou moet aanbid!"

[7] Ek sê: "Laat dit so, en wees stil! Wat jy egter in jou hart voel, wees maar suinig daarop; daar sal `n tyd kom waarin jy dit nodig sal hê, bid dan tot die Vader in die hemel, wat slegs aan Sy Seun so `n mag gegee het!" Na hierdie woorde sê die geneesde man niks meer nie.

[8] Maar die volk was baie ontsteld en sê: "Hoe kom hy aan hierdie wysheid en hierdie dade en die mag daartoe? Is hy nie die seun van die timmerman nie? Heet sy moeder nie Maria nie? En sy broers: Jakob en Joses en Simon en Judas? (Matthéüs. 13:55) En sy susters is tog almal by ons? Om hemelsnaam, waar het hy dit dan alles vandaan gekry?" (Matthéüs. 13:56)

[9] En toe hulle so onder mekaar praat en vrae stel, vererg hulle hulleself baie en sê: "Dit is haas om van gek te word! Ons seuns het in Jerusalem gestudeer en in allerlei kunste en wetenskappe kennis vergaar; hulle het ook die nog bestaande profeteskool (sinagoge) deurloop en die Egiptiese wysheid oor die verklaring van tekens heeltemal bestudeer! En hierdie timmerman, Hy wat nog nooit `n skool (sinagoge) besoek het nie, wat ons altyd met byl en saag sien werk het, maak ons en ons kinders nou beskaamd op `n manier wat maak dat selfs die allerhoogste regeringspersone hulle verbaas en dat hulle die eintlike lummelagtige timmerman al byna vir God aansien! Dit is regtig ergerlik! Hy is in alles die beste, praat elke taal asof dit sy moedertaal is, hy is `n profeet van die eerste orde en doen tekens waarvoor geen God hom sou hoef te skaam nie; en ons seuns staan daar net soos ons, wat in ons tyd tog ook wel geleer het, asof hulle nog nie tot tien kan tel nie! Weet niemand van ons dan hoe hierdie timmerman dit alles sy eie gemaak het nie?"

[10] Ander sê: "Waar sou hy dan iets sy eie gemaak het? Hy was, behalwe die laaste paar maande, altyd tuis en bou by ons en ook elders huise tesame met sy vader en sy broers; ons het nooit by hom `n spoor van iets gewyd opgemerk nie! Daarby praat hy ook nog baie min, en as mense hom iets gevra het, het hy geen of heeltemal `n kortaf antwoord gegee, sodanig dat die mense hom kru ervaar het - en nou staan hy meteens as `n man waarop die hele wêreld hulle oë moet rig! Dit is so ergerlik dat dit meer is as wat `n normale mens kan verdra!

[11] Wat het dan met hierdie mens gebeur? Uit sy eertydse kindertyd weet ons wel dat hy as seuntjie wat nog byna nie kon praat nie, dinge gedoen het wat na towery gelyk het! Vader en moeder het geglo dat hierdie seun eendag iets groots sou word; maar al die veelbelowende gawes moes in die loop van die jare geheel en al verdwyn het dat daar by watter geleentheid ookal ook nie die minste spoor daarvan meer te ontdek was nie! Selfs as seun het hy nooit `n skool (sinagoge) besoek nie en sodoende was hy sonder enige wetenskaplike opleiding `n baie eenvoudige timmerman. Ek het dikwels vir die ou Josef gevra hoe dit met Jesus gaan, of hy tuis ook so kort van draad was. En die antwoord was: 'Nog minder spraaksaam as buitenshuis!' En sy broers sê dit ook! - Maar as dit so is, waar kom hy dan nou aan die kennis?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205