Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 184

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Weersien met Cyrenius

184 Ons het dit maar net gesê of ons hoor al om die draai baie mensestemme. Dit was Cyrenius met sy hele gevolg, en langs Cyrenius reeds op `n klein bergperdjie, in mooie Romeinse klere gehulde Josoë, die seun wat deur My in die nuwe grafkelder van Jaïrus uit die lang doodslaap opgewek is.

[2] Toe Cyrenius op die taamlik ruim plek voor die hut aankom, vra hy beide seuns of dit die woning van die ou soldaat Markus was.

[3] En die seuns sê met `n diepe buiging: "Ja, magtige meester en gebieder!"

[4] Op daardie oomblik stap Markus ook met gepaste Romeinse eerbied na Cyrenius toe en sê: "Hoë meester en gebieder, niks ter wêreld sou my kon weerhou het om onmiddellik uitvoering te gee aan u goedgunstige oproep nie! Maar ek herberg `n Gas met `n aantal van Sy leerlinge en begeleiers, wat vas en seker `n God moet wees, omdat Hy enkel deur te wil dinge doen wat `n sterflike mens nog nooit op hierdie aarde gedoen het nie. Hierdie hemelse Gas kon ek onmoontlik alleen laat, omdat Hy my met weldade oorlaai het, en my hut nou nie meer armsalig nie, maar baie ryk is. Want Ek is nou in besit van vyftig sakke gevul met die beste wyn, en my vyf groot vishouers is vol met die voortreflikste en beste visse! Ook peul my voorraadkamer uit van allerlei uitgelese voedsel, en sout en hout het ek ook meer as voldoende vir die res van my lewe! Wat sou ek, ou man, nou nog meer wil soek en verlang? Maar nie slegs ek, maar ook my agt kinders is baie goed versorg, want ek het vandag ruim vierhonderd silwerstukke ontvang, wat vir my baie geld is. Bowendien sal ek seker nog enige honderde goeie silwerstukke ontvang, uit dieselfde bron waaruit ek vandag die vierhonderd heeltemal eerlik en regskape ontvang het."

[5] Cyrenius sê: "Dit klink baie goed, en dit verbly my verseker nog meer as vir jou, dat ek jou, een van my oudste krygsmakkers, so geseënd kan aantref; maar bring my nou na jou wonderbaarlike Gas! Ek het spesiaal vir Hom uit die stad na jou toe gekom, want ek het vermoed dat na aanleiding van die berig van die bode, dat jou Wondergas die goddelike Jesus uit Násaret moes wees. Hom kan ek in der ewigheid nie genoeg dank vir die reusagtige weldade wat Hy my geestelik en liggaamlik bewys het nie. Bring my daarom maar dadelik na Hom toe!"

[6] Die rede waarom Cyrenius My nie dadelik gesien het nie, was omdat Ek met die leerlinge nog aan die tafel gesit het, wat in die diepe skadu gestaan het van `n groot kastaiingboom waarvan die dig beblaarde takke hier en daar tot op die grond neergehang het. Markus bring Cyrenius en Josoë dadelik onder die kastaiingboom in na My toe.

[7] Toe Cyrenius My sien, wel daar trane van vreugde oor die weersien in sy oë op, en hy sê: "Ja, ja, dit is U, soos wat ek gedink het! O, hoe is ek nou weer ontsettend bly en geseënd omdat ek die onbeskryflike hemelse barmhartigheid ten deel val om U, wat vir my alles is, na die verstryking van talle dae weer `n keer te sien en met U te praat, en deur die asem van U mond opnuut geseënd en vir ewig lewend gemaak te word! O, Heer, my eerlik en waaragtig bo alles geliefde Jesus, ewige Heer van die hele wêreld en van alle hemele! Hoe diep staan ek tog by U in die skuld. Ten eerste vir elke minuut wat ek leef, en ten tweede vir die buitengewone weldaad wat my deur U ondeurgrondelike wysheid in Kis ten deel geval het, toe ek die geroofde belastinggeld weer terug gekry het! O Heer, hoe dikwels dink ek elke dag nog daaraan, uit watter verskriklike verleentheid U my deur U Wysheid gered het in Kis! En as ek so by myself daaraan dink, dan kom daar steeds trane van dankbaarheid in my oë, en dan moet ek U onder trane aanbid!"

[8] Ek sê: "Vriend en broer, kom en gaan regs van My sit en laat jou gevolg ook daar aan die ander tafel onder die vyeboom gaan sit! Die middagete sal dadelik opgedis word, wat Ek vir jou en jou gevolg al vantevore bestel het, want Ek het geweet dat julle vandag nog maar min geëet het. - Maar hoe gaan dit nou met My Josoë, en kan hy darem al opstaan teen sy engel wat so nou en dan by hom kom?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205