|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 51
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Die nagemaakte Ark van die Verbond
51 Die spreker, wat tydens hierdie ernstige, grondige les nie vir `n oomblik sy stoïsynse rus verloor het nie, sê: "Beste vriende en broers! Dit wat julle nou uitgespreek het teenoor my, weet ek net so goed soos julle, maar dit gee nou vir my die eerste keer gedurende my lewe, en te midde van julle, genoeë dat ek by hierdie geleentheid die geluk het om te ervaar dat julle, net soos ek, nie op julle agterkoppe geval het nie! Wat julle gesê het, is waar, maar my vraag is daardeur nog nie beantwoord nie.
[2] Dit is waar wat julle gesê het; dit sien ek self baie goed in, hoewel ek julle met skynbare teenargumente `n por tussen die ribbes sou wou gee, omdat julle nou eindelik die swygsaamheid verbreek het. En sien, dit het my geluk dat julle vir die eerste keer gedurende die twintig jaar wat ons tesame is en saam gewerk het, heel openlik met my gepraat het!
[3] Maar nóg my, nóg julle duidelike begrip verminder nie die kwaad waarin ons ons so sigbaar bevind nie. Dit is en bly die grootste en belangrikste vraag waar ons nou moet begin.
[4] Ek, as seun van `n opperpriester uit Jerusalem wat in die tempel grootgeword en opgevoed is, weet maar al te goed wat met die Ark van Verbond gebeur het. Hout, silwer en goud is nog van ouds, maar die ewige groen staf van Aäron is so droog dat dit byna verpoeier het, die tafels van die Wet is gebreek, die manna bestaan maar slegs nog as `n begrip! En waar sal die vuursuil wees?! Uit die annale van die Skrif weet `n mens dat elke onbevoegde sy lewe verloor het as hy met ongewyde hande aan die ark raak. Nou kan `n mens op die ark klim en haar aanraak soveel as wat `n mens maar wil, en daar kom geen dodelike vuur uit haar uit nie.
[5] As vreemde reisigers vir baie geld en onder heilige eed van geheimhouding die ou wonder wil besigtig, word dit hulle sonder enige beswaar toegestaan. Die vuursuil word dan weer kunsmatig geproduseer, maar let op: nie bo-op die egte oue nie, maar bo-op `n kunstige ark wat uit metaal nagemaak is! Hierdie ark het aan die boonste sy in die middel `n swart beker, sodanig dat mens hierdie beker, wat heeltemal versonke in die boonste deksel is, in die heeltemal donker heilige kamer met die opwellende helder en gekonsentreerde vlam, nie so maklik kan sien nie. In hierdie beker word baie fyn eteriese naftaleen olie gegooi, vermeng met ander baie welriekende fyn olies, en wat ongeveer `n uur vantevore aangesteek is; daar brand dan `n vlam van ongeveer ses handbreedtes hoog wat dan die vuursuil uitbeeld.
[6] As die nuuskierige hierdie skitterende vuursuil met groot welgevalle aangaap en verlang om die binneste van die ark te sien, word daar onder voortdurende seremoniële en losse, onsamehangende gebede die bo-deksel met die konstante hoog oplaaiende vuursuil geheel behoedsaam op `n vergulde onderstel geplaas, en die kykers kry natuurlik die nuwe tafels van Moses as die egte voorgestelde, te siene net soos die manna, wat ook heeltemal vars is, sowel as die uitlopende staf van Aäron en nog meer van die ander dinge wat in die ark behoort te wees.
[7] Baie besoekers word baie ontroer daardeur, maar ander, veral die Grieke, verlaat die allerheiligste en sê daarna heimlik en smalend: 'Dit is werklik `n heel aardige versameling!' Die meeste vind dit egter jammerlik dat die res van die tempel so vuil is. Ek sê julle, en ek sal selfs iets duurs daarop verwed, dat die ou Ark van die Verbond mettertyd vir altyd sal verdwyn en dat die nuwe van metaal gemaakte een voortaan definitief haar plek en haar funksie sal vervul.
[8] As julle my egter nie glo nie, laat ons onsself dan as voorbeelde soos Romeine verklee, na Jerusalem toe gaan, die tempel ingaan en ons daar as vreemdelinge gedra; dan sal `n diensbare gees hom dadelik aanmeld, wat ons haarfyn sal uitvra oor: waar ons vandaan kom, wat ons in Jerusalem soek, hoe lank ons in die 'stad van God' sal bly, waarheen ons daarna sal gaan, of ons baie geld by ons het, of ons geen goud of silwer te koop aanbied nie, en of ons dalk vir `n heel geringe bedrag die allerheiligste sou wou sien. Dan vra ons slegs maar die prys, en hy sal honderd pond silwer vra. Dan sê ons dat dit te veel is en dat ons nie heeltemal daarop uit is om sulke sake te doen nie; as die prys dan tot tien pond gesak het, toon ons belangstelling. En ons kom almal vir tien goedkoop ponde in die allerheiligste as ons die betrokke opperbewaker vooraf plegtig by alles wat ons liefhet, belowe dat ons nóg in die Judese land, nóg in die verre vreemde lande ooit iets daarvan sal verklap nie, en ook niemand sal vertel dat ons in die allerheiligste was nie. Dit belowe ons moeiteloos en so kom ons as nagemaakte Romeine in die allerheiligste en dan kan julle julleself oortuig van alles wat ek julle oor die Ark van die Verbond meegedeel het!
[9] En, beste vriende en broers, as `n mens met `n redelike verstand sulke dinge in die allerheiligste met sy eie oë gesien het, en `n mens het self by sulke geleenthede as `n bruikbare helper diens gedoen, dan word dit vir `n eerlike mens baie moeilik om op te tree as `n skandelike, betaalde bedrieër en leuenaar van die volk! Hoe dikwels mymer ek dan nie en sê vir myself: 'As die allerheiligste, wat alle lewe moet bevat en waarop die algehele leer van God en al die wette op gebaseer is, `n doodgewone en geheim gehoude bedrog is, wat moet dan van die algehele leer en die wette gedink word?' - Ek het nou gepraat, nou is julle weer aan die beurt; ek is bereid om na julle te luister."
[10] `n Oudste sê: "Word dit jou dan toegestaan om hierdie geheim te verraai? Het jy geen eed van ewige geheimhouding moes aflê, voordat hulle jou as ingewyde uit die tempel laat gaan het nie?"
[11] Die spreker sê: "Sekerlik, maar ek is nou vry van hierdie dom eed, wat vir my heeltemal geen waarde het en kan hê nie, dat ek dit nie meer wil hou nie, maar aan die hele wêreld luidkeels wil verkondig hoe hulle bedrieg is! En hier in Násaret benader ons sulke sake nie so eng nie, sodat mense wel kan weet dat hulle sonder gewetensbeswaar hulle nie aan so `n valse eed hoef te hou nie."
|
|
|
|
|