Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 94

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Borus genees `n besetene

94 Terwyl die owerste glimlaggend hierdie opmerking maak, bring `n paar inwoners uit die stad `n sieke wat al baie jare besete was. Omdat hy egter arm was, durf sy familielede nie vir hulp by `n dokter aanklop nie en durf hulle hom ook nie na My toe bring nie, omdat `n bose gerug by `n aantal inwoners die rondte doen dat wie hom deur My laat genees, sy siel aan Beëlsebul verkoop het! Ook oor Borus vertel die mense iets dergliks, want van hom sê die mense dat hy sy duiwelskunste by My geleer het!

[2] Toe Borus dan ook die reeds bekende besetene sien, met sy dom vriende wat hom bring, sê hy vir hulle: "Nou toe nou, wat besiel julle om hierdie sieke na my toe te bring? Wat het hy julle dan aangedoen dat julle hom nou aan die duiwel wil oorlewer?"

[3] Beide sê: "Heer, ons weet nou beter en het hom daarom na u toe gebring!"

[4] Borus sê: "Wie het julle dan beter ingelig?"

[5] Beide sê: "Heer, juis hulle wat ons baie lank reeds ingehok het in die dom waan waarin hulle ons geleer het en waarin hulle ons vasgehou het!"

[6] Borus sê met `n glimlag: "Ek verstaan dit! Maar wat moet ek dan nou met hierdie besetene doen? Want sy kwaal het hom as gevolg van julle domheid in hom verhard, en nou as gevolg van julle swak geloof sal dit moeilik wees om hierdie mens te help!"

[7] Beide sê: "Heer, as ons geloof swak was, dan sou ons die sieke nie na u toe gebring het nie!"

[8] Borus sê: "Goed, laat ons dan sien wat God se Krag in die mens kan doen!" - Toe stap Borus met ontblote hoof na die sieke en sê hardop: "Ek wil dat jy in die Naam van Jesus, die ewige Heer, gesond word. Wees dus gesond en wees van nou af aan vry!"

[9] Op daardie oomblik word die besetene heeltemal gesond en gee God die eer dat Hy die mens so `n krag gegee het.

[10] Maar Borus loof God ook hardop, gee die geneesde man en beide sy vriende ryk geskenke en laat hulle twee en die geneesde man eet en drink aan die tafels van die gaste.

[11] Toe kom die owerste na Borus en sê: "Dit sou ek regtig nie by jou verwag het nie! Dat die Naam van Jesus `n besondere krag het, waarvoor, soos wat ek dit duidelik ondervind het, selfs die magte van die onderwêreld baie eerbied voor het, het ek vandag in die sinagoge gesien; maar dat ook liggaamlike siektes, van watter aard ookal, hulle voor hierdie Naam moet buig, dit sien my oë nou eers hier. Helaas, agter hierdie Jesus moet nog baie meer steek as slegs maar `n profeet wat na EliJaH trek, want deur Sy Naam is `n sieke, sover ek weet, nog nooit genees nie! Oor hierdie Naam, beste vriende, sal ons nog baie met mekaar praat!"

[12] Na hierdie woorde gaan die owerste na die geneesde man en vra hom of hy nou heeltemal beter voel!?

[13] Die geneesde man antwoord: "So gesond soos wat ek nou is, was ek my hele lewe lank nog nie gewees nie - en ek is al vyftig - dan is ek tog wel genees, dink u nie ook so nie!?"

[14] Die owerste prys hom en gee hom `n mooi goudstuk.

[15] Maar die geneesde man skuif dit terug met die woorde: "Heer, daar is hier in Násaret nog baie armer mense - gee dit aan hulle! Ek kan nou werk, en dit is vir my genoeg rykdom!"

[16] Die owerste sê: "Dit is nou eers onbaatsugtig. Ek het dit regtig nie van jou verwag nie! Wel, ek is owerste van die sinagoge hier in Násaret en van die hele Galiléa en het my verblyfplek hier en nie in Kapernaum nie; jy sal dus wel weet waar om my te vind as jy ooit in nood mag verkeer!"

[17] Die geneesde man sê: "Daar is maar weinig goeie mense en daarom moet elke arme weet wie hulle is en na hulle toe gaan as hy hulp nodig het! Ek dank u vir die aanbod. As ek hulp nodig het, sal ek beslis na u toe kom."

[18] Na hierdie woorde staan die drie op, die geneesde man en sy twee helpers, dank Borus en die owerste en gaan blymoedig terug na hul huis. Hulle gehuurde woning het `n paar honderd treë buite die stad gestaan, net soos My huis, soos wat dit bekend is, ook buite Násaret gestaan het, maar dan net aan die teenoorgestelde uitgang.

[19] Na die voorval in die huis van Borus praat mense nog lank daaroor en die geselskap gaan eers na middernag uitmekaar. Moeder Maria bly nog as gas by Borus, waar hulle goed versorg word en baie troos ondervind. My twee oudste broers, wat tuis gebly het, sorg vir die hele huishouding en Borus verskaf hulle alles wat hulle ook maar nodig het. En so lewe My vriende in Násaret in goeie eendrag saam tydens My persoonlike afwesigheid, en hou hulle oordag besig met My, My leer en My dade, waarvan hulle self getuie was.

[20] Die nuwe owerste ondersoek alles steeds meer intensief, maar hy vind niks wat sy argwaan bevestig nie. Hy was naamlik ook van die mense wat `n geheue gehad het soos `n sif en vergeet altyd wat hy belowe het. En daarom het Giwar en Roban elke dag nuwe moeilikhede met die origens brawe mens gehad, wat altyd baie regverdig wil wees en handel, maar daarby altyd twyfel tussen allerlei beginsels van reg en onreg, want hy vra maar altyd wat nou eintlik 'regverdig' is.

[21] En ook al toon mens hom duisendmaal duidelik aan dat die eintlike reg nêrens anders uit kan bestaan as slegs maar uit die lewe van die mens volgens die gebod van God nie, dan verstaan hy dit die een dag baie goed, maar `n dag later het hy alweer soveel verstandelike oorweginge daarteen, dat Giwar dit dikwels baie moeilik mee het om alles te weerlê. En Giwar het nou verstaan waarom Ek vir hom gesê het dat hy die owerste steeds goed in die gate moes hou omdat hy nog lank nie heeltemal te vertrou is nie.

[22] Die krag van My Naam maak nog die meeste indruk op die owerste. As hy dikwels onuitstaanbaar word, dan kan Giwar hom weer die beste op die goeie weg help deur My Naam te noem. Maar Borus het die meeste invloed op hom gehad en kry hom altyd vir minstens `n paar dae sover dat hy vas in My Naam glo.

[23] Dit is so in die algemeen wat die Násareners gedoen het nadat Ek op reis gegaan het. Maar nou gaan ons weer terug na Myself en dít wat Ek na My vertrek in die aand uit Násaret verder gedoen en geleer het, en waarheen en hoe Ek gegaan het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205