Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 177

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Markus, die eienaar van die hut

177 Die man van die hut, wat Markus heet, weet ons baie te vertel oor die fariseërs en die sogenaamde skrifgeleerdes. Daarby vertel hy ook oor die heimlike wreedhede van die tempeldienaars, en hoe jy dadelik iemand se doodsvyand word as hulle by jou ook maar enige geestelike en tewens profetiese aanleg vermoed! Baie sulke geestelike mense sou heel in die geheim vermoor gewees het! Hulle word baie vriendelik uitgenooi, kry die een blyk van eer na die ander en hulle skud hande van pure vriendskap. Maar as hulle eenmaal in die agterste vertrek van die tempel aangekom het, waar die vernaamste fariseërs gewoon het, dan was hulle vir hierdie wêreld verlore, want daaruit het daar geeneen meer na die daglig toe gekom nie! Dit is, so gaan Markus verder, onbegryplik hoe God sulke wreedhede so lank kan aansien. In Sodom en Gomorra het dit wel sleg gegaan, maar vergeleke met Jerusalem was Sodom en Gomorra nouliks `n reëndruppel ten opsigte van die see. En tog het God ondanks die baie voorbidding van Abraham die stede en alle ander daarby behorende plekke toe deur vuur van die hemel laat ondergaan! Maar nou by hierdie opeenhoping van alle moontlike wreedhede, soos wat die mense sê dag in en dag uit in Jerusalem begaan word, doen God die Heer asof Hy niks daarvan af weet nie en Hom ook nie meer oor die hele mensdom bekommer nie! Wat sou die rede tog daarvoor kon wees?!

[2] Op hierdie goeie vraag antwoord Ek hom: "Vriend, God weet alles wat daar gebeur! Hy ken ook die tallose en naamlose wreedhede van die fariseërs en skrifgeleerdes. Ek het juis daarvoor in hierdie wêreld gekom, om die slanggebroedsel en addergeslag aan Myself hul maat van wreedhede vol te laat maak, en as dit vol is, dan sal die bose gebroedsel tot niet gemaak word!"

[3] Markus sê: "Ja Majesteit, Heer en vriendelike Weldoener van die mense! As U nie ook nog die mag het om met één sug duisende mense die ander wêreld in te blaas nie, dan is U baie te bekla as U van plan sou wees om U in Jerusalem te laat sien en daar wonders te doen! Vir U is ek hier weliswaar `n baie eenvoudige man, maar Ek is tog tot dinge in staat waarvan `n fariseër nog nooit van gedroom het nie. Maar ek is tewens so uitgeslape, en doen my in die teenwoordigheid van die fariseërs, wat ek heel dikwels ontmoet, so dom voor, dat hulle elke spoortjie van `n vermoede dat ek geheime informasie sou hê, ontneem word.

[4] Omdat hulle my al geruime tyd ken as `n ontsettende dom sukkelaar, en van mening is dat ek nouliks die verskil sou sien tussen agter of voor, verklap hulle dikwels uit eie beweging hulle grootste geheime! En so kom my al die dinge ter ore waarvan ek eerlik moet toegee dat ek daarby al `n paar maal begin te twyfel het aan die bestaan van God! Want dan dink ek by myself: 'As daar `n almagtige, alwyse, regverdige en goeie God is, en Hy hom, soos wat die skrif leer, aan die mense genoeë het, dan moet dit vir Hom tog onmoontlik wees om op sulke wreedhede toe te kyk! Daar is geen God nie! Volgens Plato is die mens liggaamlik `n afstammeling van die ape, en geestelik `n afstammeling van die verskeurende diere. Daarom moet daar aan die hoof van `n groot gemeente `n sterke en wyse Simson staan, wat die saamgestelde dier, wat hulle `n mens noem, met die swaarste tugroede die tweevoudige dierlike uitdryf, en hom in die loop van die jare in sover tem dat hy ten minste `n halwe mens word!'

[5] Met sulke en dikwels nog erger gedagtes hou ek myself besig as ek met die dikwels té afskuwelike verborge dade van die deur U heel korrek slanggebroedsel genoem, oog tot oog staan! Soos reeds gesê, Majesteit en Heer, as dit daarom u doel is om vinnig op die gruwelikste en pynlikste manier uit hierdie wêreld geholpe te raak, dan moet U maar na Jerusalem gaan, en dan sal U ondervind dat ek U, sonder om nou direk `n profeet te wees, die volle waarheid vertel het!

[6] Om U net kennis te laat neem van so `n klein heimlike aksie, wat die heiligheid van die tempelmis wel minstens duisendvoudig oortref, sal ek U in kort vertel wat ek onlangs self beleef het. Wie hierdie duisterlinge op so `n meer as sataniese gedagte gebring het, weet ek nie. Die satan sekerlik nie - want so ver kan sy boosaardigheid nie reik nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205