Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 60

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die nut van die hartstogte

60 "So sal jy merk dat verskillende hartstogte die mense beheers. Daar is mense wat die behoefte het om alles wat maar enige waarde het, te besit. Dit is duidelike gierigheid, en dit is `n sonde. En aan hierdie sonde het jy die skeepvaart te danke, want slegs hebsugtige en op winsbejagte mense kon die lewens­gevaarlike begeerte bekruip, om middele te vind om oor die baie ver uitgestrekte see te vaar, om te ondersoek of daar aan die ander kant van die see ook nog lande sou wees, met miskien `n oorvloed aan ongelooflike skatte. Na baie uitgestane moeilikhede en lewensgevare kom hulle werklik aan by die anderkant van die see waar daar nog onbewoonde lande was. Die uitgestane groot gevare het hul hartstogte van hebsug baie afgekoel en hulle die moed ontneem vir die terugtog. Hulle vestig hulle direk daar waar die wind hulle gebring het, bou hutte en huise en bevolk op die manier `n nog algeheel onbewoonde land. - Sê nou self eers of die mens ooit sonder die hartstog van die hart- en winsbejag die vreemde land sou ontdek het!?

[2] Bekyk nou die hartstog van die liggaamlike sinnelikheid. Bedink hierdie hartstog eers op sy hele weg en stel jou die mensdom eers so hemels kuis voor as wat maar moontlik is, en dan sal jy `n lofwaardig behae skep tot in die gryse ouderdom gedurende so `n rein moontlik maagdelikheid en so `n kuis moontlik vrygeselle-lewe. Stel jou nou egter alle mense in `n baie kuise toestand en vra jou dan eens af: Hoe sal dit dan gaan met die ingestelde orde van God, die vereiste voortplanting van die menslike geslagte? Hieruit kan jy dus opmerk dat ook hierdie hartstogte by die mens hoort, omdat die aarde anders maar al te gou ontvolk sou word! Dat daar te veel mense, jammerlik genoeg, besete is deur hierdie hartstogte, soos wat daagliks te sien is, is sonder meer waar, en so `n ontaarding is altyd teen die orde van God en dus `n sonde. Maar tog is die herhaaldelike ontaarding van hierdie hartstog altyd nog baie beter as die algehele uitroeiing daarvan.

[3] Alle kragte wat die mense gegee is en wat hom aanvanklik voordoen as moeilik te beteuelde hartstogte, moet in staat wees om hom sowel na bo as na benede volledig te ontwikkel, omdat die mens anders maar lou water sou bly en in `n stinkende traagheid sou versink.

[4] Ons sê vir jou: Niks kan jou `n waarheidsgetrouer getuienis gee oor die goddelike bestemming van die mens, as die ergste sonde teenoor die grootste deugde van die mens, want daaruit word gou sigbaar watter oneindige vermoëns die mense van hierdie aarde gegee is! Die weg van die mens gaan na die allerhoogste hemel van God, wat selfs vir die engele ontoeganklik is, tot in die diepste hel, en as dit nie so was nie, sou hy nooit `n kind van God kon word nie!

[5] Ons kom in aanraking met mense van tallose ander wêrelde, maar wat `n verskil is daar tussen hier en daar! Die mense daar is in geestelike en ook in liggaamlike opsig begrens, wat hy heel moeilik ook maar met één stap kan oorskry. Julle mense van hierdie aarde is geestelik net so min as die Heer Self begrens en kan doen net wat julle wil. Julle kan julle verhef tot in die binneste woning van God, maar juis daardeur ook net so diep val soos die satan, wat eenmaal óók die hoogste vrye gees uit God was. En omdat hy moes val, moes hy desnoods in die diepste diepte van alle verderf val, waaruit hy nouliks ooit `n terugweg sal vind, omdat God die sonde net so `n vervolmakingsmoontlikheid gegee het as vir die deugde."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205