Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 167

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Vertrek uit Genésaret

167 Na die genoemde ontbyt, hou ons onsself besig met allerlei dinge, en Ek gee vir Ebahl `n aantal landbouvoorskrifte vir die verbouing van sy landerye en vir die behandeling van sy boom- en wingerd, sodat dit hom altyd `n ryke oes sou gee, waar hy sekerlik altyd geweet het om die beste bestemming daarvoor te vind. Ek laat Ebahl sien hoe hy die vrugte kan veredel en vermeerder, en bring hom kennis oor verskeie nuttige kruie, wat sedertdien in die kombuis gebruik word. Ook toon Ek hom `n aantal wortelgewasse, wat ook altyd as goeie voedingsmiddele gebruik kan word, en laat hom sowel van die kruie as van die wortels presies sien hoe hulle voorberei moet word. Kortom, in die twee volgende dae wat Ek nog in Genésaret oorgebly het, leer ek Ebahl uit landboukundige oogpunt heelwat wat voorheen nog by geen Judeër bekend was nie. Tegelykertyd leer Ek hom dat hy ook altyd die suiwere gebraaide vleis van hase, konyne, reë en herte, as dit op `n bepaalde wyse voorberei was, smaaklik kan eet, sonder om daardeur onrein te word. Daarby vertel Ek hom wanneer sulke diere gevang en gedood moet word, en Ek laat hom nog baie dinge sien waaroor die brawe Ebahl hom baie verheug.

[2] Ook lê Ek saam met My leerlinge vir Jarah `n klein fyntuin aan, beplant dit met allerlei nuttige plante, kruie en wortelgewasse en raai haar aan om hierdie tuin baie sorgvuldig te onderhou. Onder baie vreugdetrane beloof sy dit vir My en dat sodra Ek weer sou terugkom, ek die tuin in volle groei en bloei sou aantref. En sodoende was alles in die huis van Ebahl keurig vir almal.

[3] Tydens al hierdie nuttige take gaan die Sondag, die Maandag en die Dinsdag verby, en Ek maak aanstaltes om weer verder te trek. Maar die hoofman, en Ebahl met sy vroue en kinders, waaronder veral Jarah, vra my dringend om nog die nag in hul huis oor te bly; en Ek bly daarom tot die Woensdagmôre.

[4] In die môre kom daar `n paar van die skeepsknegte en vertel dat die fariseërs uit Jesaira wel die voorafgaande dag na hulle toe gekom het, maar het geen woord oor Psalm 47 gepraat nie. Hulle het egter meer oor My gevra, want hulle wou My tot verantwoording roep omdat Ek die hele Jesaira van Jerusalem afvallig sou gemaak het. Maar hulle het op ons vrae glad geen antwoord gegee nie. Ons het wel die silwerstukke van hulle gevorder, wat die fariseërs heel onwillig en onder beskimpings aan hulle betaal het. Waarna hulle hulle weer ingeskeep het en, volgens mededeling van die skipper, na Kapérnaüm vertrek het, waarskynlik om My daar verder op te spoor, wat hulle oorspronklik sowel deur die tempel as deur Herodes opgedra was.

[5] Nadat Ek die getroue verslag van die skeepsknegte gehoor het, gee Ek die skippers opdrag om die skip binne `n uur gereed te hê vir vertrek, en die skippers vertrek en bring die skip in gereedheid.

[6] Toe Jarah, wat die oggend na haar tuintjie toe gegaan het, in die kamer kom en hoor dat Ek so gou sou vertrek, begin sy bitterlik te huil, en vra My of ek tog nie nog `n uurtjie langer kon bly nie. Haar hart raak letterlik beklemd as sy haar moes indink dat sy My nou, God weet hoe lank, nie meer sou sien nie.

[7] Maar Ek troos haar en verseker haar dat sy My selfs liggaamlik baie gou sou terug sien. Geestelik kon sy met My praat wanneer sy maar wou, en dan sal Ek `n volmaak helder en duidelike antwoord in haar hart gee. Bowendien sou Ek in My plek die engel Rafael sigbaar by haar agterlaat om haar op die regte pad te lei. - Hiermee was die bedroefde gerus gestel.

[8] Daarop seën Ek die hele huis van Ebahl en gaan na die see waar die skip op ons wag. Dit spreek wel vanself dat die hele huis van Ebahl, die hoofman en nog `n groot hoeveelheid van die ander volk My geleide gedoenhet.

[9] Beide Esseners en die bekeerde groep fariseërs en skrifgeleerdes vra My of hulle My mag begelei na die plek waar Ek heengaan.

[10] Maar Ek sê: "Bly julle hier, sodat die wêreld nie vóór haar tyd aanstoot daaraan sal neem nie! Want die voëls het hul neste en die jakkalse hul gate, maar die Seun van die Mens besit selfs geen klip om onder Sy hoof te lê nie. Omdat Ek egter geen aardse besittings het nie, en tog `n groot skare mense met My saamneem, sou `n mens hom kon begin afvra: 'Hoe hou hy hulle in die lewe? Hy het tog geen akkers, geen weiding en geen kudde nie! Hy is `n dief of andersins `n bedrieër!' Bly julle hier om dit te vermy, en julle Esseners, gaan na julle broers en vertel hulle alles wat julle gesien en gehoor het. Hulle sal hulle almal verander en beter dinge begin nastreef!

[11] As julle, fariseërs en skrifgeleerdes, miskien deur die tempel teruggeroep word om inligting oor My te gee aan hulle wat My lewe wil neem, sê dan niks oor al My dade nie, maar praat meer en vrymoediger oor My leer! Wees ook nie bang vir hulle, wat in die uiterste geval wél julle liggaam kan dood, maar die ewig voortlewende siel nie verder kan skaad nie! Hulle sal julle egter nie aanval nie. As hulle julle verstoot, gaan dan na die Esseners, dié sal julle met ope arms ontvang!"

[12] Die hoofman sê: "O, julle kan ook by my bly. Ek maak Romeine van julle, gee julle Romeinse kleding en `n swaard, en dan sal die tempel en haar kwaadaardige dienaars julle sekerlik met rus laat."

[13] Ek voeg daaraan toe: "Ja, ja, dit kan julle ook doen! Wees altyd so slim soos slange en sagsinnig soos duiwe, dan sal julle die beste met die wêreld klaarkom!"

[14] Na hierdie woorde skeep Ek My met My groep van twintig leerlinge in, en ‘n goeie wind voer die skip met groot snelheid na die ander oewer van die see in die rigting van Sidon en Tirus (Matthéüs. 15:21), welke stede natuurlik wel behoorlik ver van die Galilese See aan die Middellandse See lê.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205